Witbank
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
Witbank is geleë op die hoëveld van Mpumalanga, Suid-Afrika. Witbank is vernoem na 'n wit sandsteen uitspanplek waar transportdrywers voorheen gerus het. Witbank is in 'n steenkoolmyngebied met 22 mynmaatskappye in 'n gebied met 'n radius van kleiner as 40 km. Daar is verskeie steenkoolaangedrewe kragstasies naby, as ook 'n staalfabriek wat steenkool gebruik, Highveld Steel and Vanadium Corporation.
Witbank is gestig in 1890. Vroeëre pogings om steenkool te myn was onsuksesvol totdat die spoorlyn van Pretoria in 1894 die gebied bereik het. Witbank het 'n dorp geword in 1903, 'n munisipaliteit in 1914, en stadstatus in 19?? verkry.
[wysig] Trivia
- Winston Churchill, toe 'n jong soldaat-joernalis, het in 'n mynskag naby Witbank weggekruip na sy onstnapping uit Pretoria tydens die Tweede Vryheidsoorlog.