Ebooks, Audobooks and Classical Music from Liber Liber
a b c d e f g h i j k l m n o p q r s t u v w x y z





Web - Amazon

We provide Linux to the World


We support WINRAR [What is this] - [Download .exe file(s) for Windows]

CLASSICISTRANIERI HOME PAGE - YOUTUBE CHANNEL
SITEMAP
Audiobooks by Valerio Di Stefano: Single Download - Complete Download [TAR] [WIM] [ZIP] [RAR] - Alphabetical Download  [TAR] [WIM] [ZIP] [RAR] - Download Instructions

Make a donation: IBAN: IT36M0708677020000000008016 - BIC/SWIFT:  ICRAITRRU60 - VALERIO DI STEFANO or
Privacy Policy Cookie Policy Terms and Conditions
Michael Schumacher - Wikipedia

Michael Schumacher

vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.

Schumacher binne die renbaanperk by die Verenigde State Grand Prix in 2002
Schumacher binne die renbaanperk by die Verenigde State Grand Prix in 2002

Michael Schumacher (gebore op 3 Januarie, 1969 is 'n Duitse Formule Een (F1) renjaer. Hy is statisties die mees suksesvolle Formule een jaer ooit, met die meeste loopbaan oorwinnings en 'n rekord aantal van sewe Wêreldrenjaerkampioenskappe. Sy byname is die rooi baron, Schumi en hy het ook na sy verstommende oorwinnings, tydens sy eerste seisoen vir Ferrari in nat weer, as die regenmeister bekend gestaan. Met ingang 2004 verdien hy na raming jaarliks ongeveer VS$80 miljoen; insluitende al sy onderskrywingsooreenkomste. Een bekende Duitse bellegingsfirma betaal hom onder andere VS$8 miljoen oor 'n drie jaar tydperk vir die voorreg om 'n vier duim lange advertensie op sy keps te plaas wat hy met afloop van die resies betaal.

Inhoud

[wysig] Vroeë loopbaan

Schumacher is gebore in die dorp Hürth (naby aan Cologne). Hy het begin om met knortjorre op die jonge ouderdom van vier te jaag in 'n tuisgemaakte knortjor wat deur sy pa, Rolf, wat ook die plaaslike knortjor renbaan bestuur het, gebou is. Hy het sy eerste lisensie op die ouderdom van 12 gekry en kompeterend begin resies jaag. Tussen 1984 en 1987 het Michael verskeie Duitse en Europese knortjor kampioenskappe gewen, insluitende die Formule Konig reeks. In 1988 het Schumacher aan die Formule Ford reeks deelgeneem, waarna hy toe aan die Duitse Formule 3 reeks deelgeneem het en uiteindelik die titel in 1990 gewen het. In 1991 het hy verdere sporte bereik deur aan die Formule 3000 kampioenskap in Japan deel te neem. Hy het ook in de vroeë 1990s deelgeneem in die Duitse Toermotor kampioenskap waar hy resiese in Meksiko Stad en by Autopolis gewen het.

[wysig] F1-debuut

Schumacher het sy F1-debuut in 1991 gemaak as 'n plaasvervanger vir Bertrand Gachot wat tronkstraf opgelê is nadat hy traangas in 'n Londense huurmotorbestuurder se gesig gespuit het. Eddie Jordan het 'n kontrak met Michael gesluit om vir sy Jordanspan by die Belgiese Grand Prix te jaag, waar Michael almal verstom het deur sewende te kwalifiseer met sy eerste kompetisie in 'n F1-motor. Hy het toe vinnig 'n kontrak by die Benetton-Ford gekry vir die daaropvolgende wedren en het onmiddelik sy potensiaal getoon. In die daaropvolgende jaar, 1992, het hy sy eerste F1-resies gewen (weer by die Belgiese Grand Prix) en het hy die derde plek in die renjaerkampioenskap verower.

Schumacher het sy eerste kampioenskap in 1994 gewen vir Benetton in 'n uiters gelykop stryd tot aan die einde van die seisoen. Hy het die eerste vier resies gewen en ses van die eerste sewe nommers. In die ander deel van die seisoen het sy teëstander Damon Hill al hoe nader aan sy puntestand gekruip in groot maat te danke aan tegniese diskwalifikasies van Schumacher se Benetton (in Brittanje en België). Schumacher het die laaste resies begin met 'n enkele punt voorsprong en die kampioenskap gewen na hy en Hill in 'n botsing betrokke was wat beide van die jaers se resies beëindig het. In 1995 het Schumacher weer sy titel suksesvol verdedig maar hierdie keer met 'n gemaklike 30 punte voorsprong weereens oor Damon Hill. Saam met sy spanmaat Johnny Herbert, het hy ook gehelp om vir Benetton hulle eerste en enigste vervaardigerskampioenskap te besorg. In sy eerste twee kampioenskap seisoene het Schumacher 17 wedrenne gewen, 21 podiumplekke behaal en tien voorste wegspringplekke behaal. Oor die 31 grand prixs in die tydperk het hy nooit swakker as die vierde plek gekwalifiseer nie.

[wysig] Die Ferrari jare

In 1996, het Michael 'n kontrak met Ferrari onderteken wat op daardie tydstip as 'n waaghalsige skuif gesien is, gegewe Ferrari se droogte aan kampioenskappe (die Italiaanse span het op die tydstip meer as 'n dekade laas 'n titel gewen). Na verskeie ontwikkelingsjare het Schumacher Ferrari gehelp om die vervaardigerskampioenskap in 1999 te wen; sy hoop om nog 'n renjaerkampioenskap te wen is egter daardie jaar verydel toe hy by daardie jaar se Britse Grand Prix verongeluk het en sy been gebreek het, wat veroorsaak het dat hy nie aan ses wedrenne kon deelneem nie. Michael het egter sy verlore glorie herwin toe hy sy derde renjaerkampioenskap in 2000 verower het (Ferrari se eerste sedert Jody Scheckter dit in 1979 vir Ferrari gewen het). Tydens die daaropvolgende jaar (2001), het hy Alain Prost se rekord vir die meeste oorwinnings geslaan en ook sy vierdie wêreldkampioenskap ingepalm het. In die 2002 seisoen waarin die Ferrari span gedomineer het, het hy sy vyfde renjaertitel gewen deur 15 van die 17 wedrenne te wen. In 2003 het hy Fangio se rekord vir die meeste kampioenskappe gebreek in 'n naelbyt seisoen (waarna hy voorbladnuus in die poniekoerant The Sun gehaal het deur sy manewales in 'n hotelkamer en na hy roekeloos met 'n vurkhyser in die renperk rondgejaag het). Schumacher het sy 2004 belowend afgeskop en die seisoen geheel en al oorheers deur twaalf van die eerste dertien wedrenne te wen en toe voortgegaan om sy sewende wêreldkampioenskap in 'n loopbaan sonder gelyke by die Belgiese Grand Prix (waar hy aan sy eerste wedren deelgeneem het asook sy eerste wedren gewen het) te beklink. Hy het die seisoen dan ook afgesluit met 'n rekord puntestand van 148 punte.

[wysig] Omstredenheid

Schumacher by Indianapolis in 2004
Vergroot
Schumacher by Indianapolis in 2004

Sedert die dood van Ayrton Senna in 1994 is Schumacher ooraloor beskou as die vinnigste F1 jaer en die mees dominante jaer van sy era. Schumacher se taktiek op die baan (veral in sy vroeë loopbaan) het egter ook baie kritiek uitgelok en is hy daarvan beskuldig dat hy doelbewus in teenstanders vasgejaag het wanneer die kampioenskap van 'n wedren afgehang het.

[wysig] Persoonlik

Schumacher is met Corinna (nee Betsch) in Augustus van 1995 getroud; hulle het saam twee kinders 'n dogter Gina-Maria (gebore 1997) en 'n seun Mick (gebore 1999), en woon tans in Vufflens-le-Château in Switserland naby die Geneefse meer. Michael se jongste broer Ralf wat ses jaar jonger as hy is, is ook 'n F1 renjaer. Michael se belangstellings van die baan af sluit in sokker, tennis, swem en ski.

Schumacher vier sy oorwinning na die 2004 Verenigde State Grand Prix
Vergroot
Schumacher vier sy oorwinning na die 2004 Verenigde State Grand Prix

==F1 loopbaan statistiek== na die Brasiliaanse Grand Prix van (24 Oktober, 2004)

  • Wêreldkampioen: 1994, 1995, 2000, 2001, 2002, 2003, 2004
  • Grand prix wegspringe: 213
  • Voorste wegspringposisies: 63
  • Vinnigste rondtes: 66
  • Oorwinnings: 83
  • Podiums: 137
  • Punte: 1,186
  • Eerste GP: België 1991
  • Eerst podium: Meksikaanse Grand Prix 1992
  • Eerste oorwinning: Belgium 1992
  • Eerste voorste wegspringposisie: Monaco 1994

==F1 rekords== na die Brasiliaanse Grand Prix van (24 Oktober, 2004)

  • Meeste kampioenskaptitels: 7
  • Meeste vinnigste rondtes: 66
  • Meeste oorwinnings: 83
  • Meeste oorwinnings in 'n seisoen: 13
  • Meetse oorwinnings vir dieselfde span: 64 (Ferrari)
  • Meeste podiumplekke: 137
  • Meeste podiumplekke in 'n seisoen: 17
  • Meeste podiumplekke vir dieselfde span: 99 (Ferrari)
  • Meeste voorste wegspringposisies vir dieselfde span: 53 (Ferrari)
  • Meeste tweede plekke: 36
  • Meeste kampioenskapspunte: 1,186
  • Meeste punte in 'n seisoen: 148
  • Langste tydsduur tussen eerste en laaste oorwinning (12 jaar, 1 maand, 10 dae)

Rekord om te slaan: Ayrton Senna se 65 voorste wegspringplekke (Schumacher staan tans op 63 voorste plekke).

==Seisoen na seisoen uitslae== na die Brasiliaanse Grand Prix van (24October, 2004)

  • 1991 - 0 oorwinnings, 4 punte, eindig 13de
  • 1992 - 1 oorwinning, 53 punte, eindig 3de
  • 1993 - 1 oorwinning, 42 punte, eindig 4de
  • 1994 - 8 oorwinnings, 92 punte, Wêreldkampioen
  • 1995 - 9 oorwinnings, 102 punte, Wêreldkampioen
  • 1996 - 3 oorwinnings, 59 punte, eindig 3de
  • 1997 - 5 oorwinnings, 78 punte, eindig 2de (gediskwalifiseer)
  • 1998 - 6 oorwinnings, 86 punte, eindig 2de
  • 1999 - 2 oorwinnings, 44 punte, eindig 5de
  • 2000 - 9 oorwinnings, 108 punte, Wêreldkampioen
  • 2001 - 9 oorwinnings, 123 punte, Wêreldkampioen
  • 2002 - 11 oorwinnings, 144 punte, Wêreldkampioen
  • 2003 - 6 oorwinnings, 93 punte, Wêreldkampioen
  • 2004 - 13 oorwinnings, 148 punte, Wêreldkampioen

[wysig] Eksterne skakels

Our "Network":

Project Gutenberg
https://gutenberg.classicistranieri.com

Encyclopaedia Britannica 1911
https://encyclopaediabritannica.classicistranieri.com

Librivox Audiobooks
https://librivox.classicistranieri.com

Linux Distributions
https://old.classicistranieri.com

Magnatune (MP3 Music)
https://magnatune.classicistranieri.com

Static Wikipedia (June 2008)
https://wikipedia.classicistranieri.com

Static Wikipedia (March 2008)
https://wikipedia2007.classicistranieri.com/mar2008/

Static Wikipedia (2007)
https://wikipedia2007.classicistranieri.com

Static Wikipedia (2006)
https://wikipedia2006.classicistranieri.com

Liber Liber
https://liberliber.classicistranieri.com

ZIM Files for Kiwix
https://zim.classicistranieri.com


Other Websites:

Bach - Goldberg Variations
https://www.goldbergvariations.org

Lazarillo de Tormes
https://www.lazarillodetormes.org

Madame Bovary
https://www.madamebovary.org

Il Fu Mattia Pascal
https://www.mattiapascal.it

The Voice in the Desert
https://www.thevoiceinthedesert.org

Confessione d'un amore fascista
https://www.amorefascista.it

Malinverno
https://www.malinverno.org

Debito formativo
https://www.debitoformativo.it

Adina Spire
https://www.adinaspire.com