Leonardo da Vinci
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
Leonardo da Vinci (* Vinci, 15 April 1452 - † 2 Mei 1519) was 'n beroemde Italiaanse argitek, uitvinder, ingenieur, beeldhouer, skrywer en skilder gedurende die Renaissance. Hy word algemeen beskou as die beste voorbeeld van die renaissance-ideaal van die 'uomo universale' en as 'n genie.