Kadima
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
Kadima (Hebreeus: קדימה, Qādīmāh, "voorwaarts") is 'n sentristiese/middelregse politieke party in Israel. Na die verkiesing van 28 Maart 2006 is dit ook die sterkste party in in Israel nadat dit 29 van die 120 setels in die Knesset gewen het. Dit is deur Eerste Minister Ariel Sharon gevorm nadat hy die regtervleuel Likud party formeel op 21 November 2005 verlaat het om 'n nuwe party te stig wat hom die vryheid sou bied vir die uitvoer van sy beleid van eensydige ontrekking – die verwydering van Israeli nedersettings uit Palestynse grondgebied en die vaslê van die grense met 'n skeidingsversperring. Na koalisie gesprekke met die Gilparty, het die twee partye besluit om te verenig wat Kadima 36 setels gee.