Welkom
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
Welkom is 'n dorp in die noordelike deel van die Vrystaat, 250 km van Johannesburg. Die dorp is gestig en ontwikkel deur die goudmyne as 'n modeldorp hoofsaaklik vir die werkers van die goudmyne in die streek. Die woongebied Thabong Welkom word opgerig om swart werknemers te huisves. Daar is 'n teorie dat die goudmyne eers Odendaalsrus genader het vir verdere ontwikkeling, maar nadat onderhandelinge afgebreek het, is Welkom ontwikkel. Die St. Helena-goudmyn is in Oktober 1951 in bedryf gestel. Die munisipaliteit van Matjhabeng/Welkom het 408 000 inwoners (2001).