Privacy Policy Cookie Policy Terms and Conditions Triberg - Wikipedia

Triberg

vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.

Triberg im Schwarzwald
Land: Duitsland
Deelstaat: Baden-Württemberg
Distrik: Swartwoud-Baardistrik
Koördinate: 48° 08' N, 08° 14' O
Oppervlakte: 33,32 vk km
Bevolking: 5 302 (31 Desember 2004)
Bevolkingsdigtheid: 159 / vk km
Poskode: 78098
Skakelkode: +49 7722
Hoogte: 684 m bo seespieël
Burgemeester: Dr. Gallus Strobel
Amptelike webwerf: www.triberg.de
Die Triberg-watervalle
Vergroot
Die Triberg-watervalle

Triberg (amptelik: Triberg im Schwarzwald) is 'n klein stad in die Swartwoud (Swartwoud-Baardistrik, deelstaat Baden-Württemberg) in die suid-weste van Duitsland met 'n oppervlak van 33,32 vierkante kilometer en 5 300 inwoners. Die naam Triberg is afgelei van die drie bergspitse wat die stad omsluit.

Die stad is een van die gewildste internasionale toeristebestemmings en herstellingsoorde in die Middel-Swartwoud en spog onder meer met die indrukwekkende Triberg-watervalle en die bekende Swartwoud-museum. Danksy die ligging naby die Suidelike Swartwoud het Triberg saam met ander dorpe die amptelike titel "Poort na die Natuurpark Suid-Swartwoud" gekry.

Inhoud

[wysig] Geografie

Triberg lê in die Middel-Swartwoud tussen 500 en 1 038 meter bo seevlak aan die federale roetes (Duits: Bundesstraßen) B 33 en B 500 en die toeristeroete "Duitse Klokkeroete" (Deutsche Uhrenstraße). Ook die bekende Swartwoudspoorweglyn (Schwarzwaldbahn) gaan deur Triberg.

Triberg se stadswyke is Triberg, Nussbach en Gremmelsbach.

[wysig] Geskiedenis

Die huidige stad gaan terug op 'n burg, wat sedert die 11de eeu in die besit van adellike gesinne uit die nabygeleë stad Hornberg was. Hierdie adellikes het die gebied van Hornberg en Triberg oorheers.

Die oudste dokument, wat na Triberg verwys, dateer uit die jaar 1239. Omtrent 1325 het Triberg weer 'n onmiddellike besitting van die Heilige Romeinse Ryk geword, wat in 1355 deur die Huis Habsburg gekoop is. Die gebied is eeue lank as 'n feodale besitting aan ander adellike gesinne oorhandig.

Sedert 1806 maak Triberg deel uit van die Groothertogdom Baden. Tydens die 19de eeu ontwikkel die stad vinnig tot een van die sentrums van die Swartwoudklokkebedryf en die toerisme.

Met die opening van die Swartwoudspoorweglyn tussen Offenburg en Villingen in die jaar 1873 groei Triberg tot 'n internasionale vakansieoord. Een van die bekendste toeriste was die Amerikaanse skrywer Ernest Hemingway (1899-1961), wat in 1922 'n besoek aan die Swartwoud afgelê het. In 1969 is Triberg amptelik as 'n herstellingsoord erken.

[wysig] Toerisme

'n Reuse-koekoekklok naby Triberg
Vergroot
'n Reuse-koekoekklok naby Triberg

Danksy die natuurskoon en die aangename bergklimaat het Triberg sedert die 19de eeu tot 'n belangrike toeristebestemming in die Swartwoud ontwikkkel. Daar is sowat 1 500 hotelbeddens beskikbaar. Daarnaas bied 'n aantal historiese Swartwoudplase vakansiewoonstelle aan.

Saam met vier ander dorpe het Triberg die amptelike titel "Poort na die Natuurpark Suid-Swartwoud" gekry. Hierdie grootste natuurpark in Duitsland met meer as 3 300 vierkante kilometer beslaan die gebied suid van Triberg.

[wysig] Ekonomie

Die klokvervaardiging is lankal nie meer die belangrikste nywerheid nie, maar daar is nog steeds 'n aantal ondernemings wat handvervaardigde Swartwoudklokke, waaronder die gewilde koekoekklokke, produseer.

[wysig] Besienswaardighede

Die belangrikste besienswaardighede is die Triberg-watervalle met 'n hoogte van 163 meter; die Swartwoud-museum; die bedevaartskerk "Maria in der Tanne", wat ná 'n verskyning van die Moeder Gods en twee wonderlike genesings in die tydperk tussen 1699 en 1705 in die barok-styl opgerig is en met 'n historiese kosterhuis uit die 17de eeu spog; die Raadsaal se historiese houtsnykuns en die twee grootste koekokklokke in die nabygeleë dorpe Schonach en Schonachbach. Triberg beskik oor 'n moderne, uitgestrekte netwerk van voetslaanpaaie. Die verruklike Swartwoudspoorweglyn spog in die omgewing van Triberg met veertig tonnels in 'n pragtige landskap.

[wysig] Eksterne skakels

Static Wikipedia (no images)

aa - ab - af - ak - als - am - an - ang - ar - arc - as - ast - av - ay - az - ba - bar - bat_smg - bcl - be - be_x_old - bg - bh - bi - bm - bn - bo - bpy - br - bs - bug - bxr - ca - cbk_zam - cdo - ce - ceb - ch - cho - chr - chy - co - cr - crh - cs - csb - cu - cv - cy - da - de - diq - dsb - dv - dz - ee - el - eml - en - eo - es - et - eu - ext - fa - ff - fi - fiu_vro - fj - fo - fr - frp - fur - fy - ga - gan - gd - gl - glk - gn - got - gu - gv - ha - hak - haw - he - hi - hif - ho - hr - hsb - ht - hu - hy - hz - ia - id - ie - ig - ii - ik - ilo - io - is - it - iu - ja - jbo - jv - ka - kaa - kab - kg - ki - kj - kk - kl - km - kn - ko - kr - ks - ksh - ku - kv - kw - ky - la - lad - lb - lbe - lg - li - lij - lmo - ln - lo - lt - lv - map_bms - mdf - mg - mh - mi - mk - ml - mn - mo - mr - mt - mus - my - myv - mzn - na - nah - nap - nds - nds_nl - ne - new - ng - nl - nn - no - nov - nrm - nv - ny - oc - om - or - os - pa - pag - pam - pap - pdc - pi - pih - pl - pms - ps - pt - qu - quality - rm - rmy - rn - ro - roa_rup - roa_tara - ru - rw - sa - sah - sc - scn - sco - sd - se - sg - sh - si - simple - sk - sl - sm - sn - so - sr - srn - ss - st - stq - su - sv - sw - szl - ta - te - tet - tg - th - ti - tk - tl - tlh - tn - to - tpi - tr - ts - tt - tum - tw - ty - udm - ug - uk - ur - uz - ve - vec - vi - vls - vo - wa - war - wo - wuu - xal - xh - yi - yo - za - zea - zh - zh_classical - zh_min_nan - zh_yue - zu -

Static Wikipedia 2007 (no images)

aa - ab - af - ak - als - am - an - ang - ar - arc - as - ast - av - ay - az - ba - bar - bat_smg - bcl - be - be_x_old - bg - bh - bi - bm - bn - bo - bpy - br - bs - bug - bxr - ca - cbk_zam - cdo - ce - ceb - ch - cho - chr - chy - co - cr - crh - cs - csb - cu - cv - cy - da - de - diq - dsb - dv - dz - ee - el - eml - en - eo - es - et - eu - ext - fa - ff - fi - fiu_vro - fj - fo - fr - frp - fur - fy - ga - gan - gd - gl - glk - gn - got - gu - gv - ha - hak - haw - he - hi - hif - ho - hr - hsb - ht - hu - hy - hz - ia - id - ie - ig - ii - ik - ilo - io - is - it - iu - ja - jbo - jv - ka - kaa - kab - kg - ki - kj - kk - kl - km - kn - ko - kr - ks - ksh - ku - kv - kw - ky - la - lad - lb - lbe - lg - li - lij - lmo - ln - lo - lt - lv - map_bms - mdf - mg - mh - mi - mk - ml - mn - mo - mr - mt - mus - my - myv - mzn - na - nah - nap - nds - nds_nl - ne - new - ng - nl - nn - no - nov - nrm - nv - ny - oc - om - or - os - pa - pag - pam - pap - pdc - pi - pih - pl - pms - ps - pt - qu - quality - rm - rmy - rn - ro - roa_rup - roa_tara - ru - rw - sa - sah - sc - scn - sco - sd - se - sg - sh - si - simple - sk - sl - sm - sn - so - sr - srn - ss - st - stq - su - sv - sw - szl - ta - te - tet - tg - th - ti - tk - tl - tlh - tn - to - tpi - tr - ts - tt - tum - tw - ty - udm - ug - uk - ur - uz - ve - vec - vi - vls - vo - wa - war - wo - wuu - xal - xh - yi - yo - za - zea - zh - zh_classical - zh_min_nan - zh_yue - zu -

Static Wikipedia 2006 (no images)

aa - ab - af - ak - als - am - an - ang - ar - arc - as - ast - av - ay - az - ba - bar - bat_smg - bcl - be - be_x_old - bg - bh - bi - bm - bn - bo - bpy - br - bs - bug - bxr - ca - cbk_zam - cdo - ce - ceb - ch - cho - chr - chy - co - cr - crh - cs - csb - cu - cv - cy - da - de - diq - dsb - dv - dz - ee - el - eml - eo - es - et - eu - ext - fa - ff - fi - fiu_vro - fj - fo - fr - frp - fur - fy - ga - gan - gd - gl - glk - gn - got - gu - gv - ha - hak - haw - he - hi - hif - ho - hr - hsb - ht - hu - hy - hz - ia - id - ie - ig - ii - ik - ilo - io - is - it - iu - ja - jbo - jv - ka - kaa - kab - kg - ki - kj - kk - kl - km - kn - ko - kr - ks - ksh - ku - kv - kw - ky - la - lad - lb - lbe - lg - li - lij - lmo - ln - lo - lt - lv - map_bms - mdf - mg - mh - mi - mk - ml - mn - mo - mr - mt - mus - my - myv - mzn - na - nah - nap - nds - nds_nl - ne - new - ng - nl - nn - no - nov - nrm - nv - ny - oc - om - or - os - pa - pag - pam - pap - pdc - pi - pih - pl - pms - ps - pt - qu - quality - rm - rmy - rn - ro - roa_rup - roa_tara - ru - rw - sa - sah - sc - scn - sco - sd - se - sg - sh - si - simple - sk - sl - sm - sn - so - sr - srn - ss - st - stq - su - sv - sw - szl - ta - te - tet - tg - th - ti - tk - tl - tlh - tn - to - tpi - tr - ts - tt - tum - tw - ty - udm - ug - uk - ur - uz - ve - vec - vi - vls - vo - wa - war - wo - wuu - xal - xh - yi - yo - za - zea - zh - zh_classical - zh_min_nan - zh_yue - zu

Static Wikipedia February 2008 (no images)

aa - ab - af - ak - als - am - an - ang - ar - arc - as - ast - av - ay - az - ba - bar - bat_smg - bcl - be - be_x_old - bg - bh - bi - bm - bn - bo - bpy - br - bs - bug - bxr - ca - cbk_zam - cdo - ce - ceb - ch - cho - chr - chy - co - cr - crh - cs - csb - cu - cv - cy - da - de - diq - dsb - dv - dz - ee - el - eml - en - eo - es - et - eu - ext - fa - ff - fi - fiu_vro - fj - fo - fr - frp - fur - fy - ga - gan - gd - gl - glk - gn - got - gu - gv - ha - hak - haw - he - hi - hif - ho - hr - hsb - ht - hu - hy - hz - ia - id - ie - ig - ii - ik - ilo - io - is - it - iu - ja - jbo - jv - ka - kaa - kab - kg - ki - kj - kk - kl - km - kn - ko - kr - ks - ksh - ku - kv - kw - ky - la - lad - lb - lbe - lg - li - lij - lmo - ln - lo - lt - lv - map_bms - mdf - mg - mh - mi - mk - ml - mn - mo - mr - mt - mus - my - myv - mzn - na - nah - nap - nds - nds_nl - ne - new - ng - nl - nn - no - nov - nrm - nv - ny - oc - om - or - os - pa - pag - pam - pap - pdc - pi - pih - pl - pms - ps - pt - qu - quality - rm - rmy - rn - ro - roa_rup - roa_tara - ru - rw - sa - sah - sc - scn - sco - sd - se - sg - sh - si - simple - sk - sl - sm - sn - so - sr - srn - ss - st - stq - su - sv - sw - szl - ta - te - tet - tg - th - ti - tk - tl - tlh - tn - to - tpi - tr - ts - tt - tum - tw - ty - udm - ug - uk - ur - uz - ve - vec - vi - vls - vo - wa - war - wo - wuu - xal - xh - yi - yo - za - zea - zh - zh_classical - zh_min_nan - zh_yue - zu