Saguenayrivier
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
Die Saguenayrivier in Québec (Kanada) is die uitvloei van die Lac Saint-Jean en 'n takrivier van die Saint-Laurentrivier, met 'n lengte van sowat 176 km. Die rivier is 'n belangrike bron van hidroelektriese krag en 'n gewilde toeristebestemming. Sy uitmonding vorm die Saguenayfjord.