Nylstroom
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
Nylstroom, wat tans ook Modimolle ("Plek van die Geeste") genoem word, is 'n dorp in die Waterberg-streek van die Suid-Afrikaanse provinsie Limpopo, sowat 135 kilometer noord van Pretoria. Die ekonomiese basis van Nylstroom is landbou (met sitrusvrugte en druiwe as die vernaamste produkte), veeteelt en toerisme.
In die sestigerjare van die 19de eeu vertrek 'n groep Voortrekkers op soek na die Heilige Land. Toe hulle die gebied van die huidige Nylstroom bereik het, glo hulle dat hulle die oorsprong van die Nylrivier ontdek het en vestig hulle in die streek. Die naam van die dorp en die nabygeleë Nylrivier verwys nog steeds na hulle tog en oortuigings.
Die Nederduits Gereformeerde Kerk, wat in 1889 opgerig is, staan bekend as die oudste in Afrika suid van die Sahara en noord van Pretoria. 'n Spoorwegverbinding met Pretoria is in 1898 geopen. Nylstroom was die woonplek van die voormalige Eerste Minister van die Republiek van Suid-Afrika, JG Strydom.
Tydens die Tweede Vryheidsoorlog rig die Britte 'n konsentrasiekamp vir vroue en kinders naby die dorp op. 544 van hulle is in die kamp oorlede.