München
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
München | |
---|---|
Land: | Duitsland |
Deelstaat: | Beiere |
Stigting: | 1158 (eerste verwysing) |
Koördinate: | 48° 08' N, 11° 34' O |
Oppervlakte: | 310,43 km² |
Bevolking: | 1 281 779 (31 Julie 2005) |
Bevolkingsdigtheid: | 4 129 / km² |
Hoogte: | 519 m bo seespieël |
Burgemeester: | Christian Ude (SPD) |
München aan die Isarrivier is op twee na die grootste stad van die Bondsrepubliek Duitsland en hoofstad van die suidoostelike deelstaat Beiere met sowat 1 250 000 inwoners in die stad en 1 920 000 in die metropolitaanse gebied (2003). Die stad is 'n kulturele sentrum met universiteite, talle historiese geboue en meer dan 12 000 ondernemings in die media- en rolprentbedryf. Sedert die sewentigerjare het die stad tot een van die welvarendste in Europa ontwikkel; die stad huisves 'n bloeiende ekonomie met groot transnasionale korporasies soos Siemens, BMW, MAN en Allianz. Ander belangrike nywerhede is lug- en ruimtevaart, brouerye, elektroniese ingenieurswese en wetenskaplike gereedskap.