Lichtenburg
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
Lichtenburg is 'n dorp in die Noordwesprovinsie van Suid-Afrika. Die naam is gekies in 1873 deur die president van die Zuid-Afrikaansche Republiek, Thomas Burgers , en beteken "dorp van lig". Jacobus Voorendyk het op 13 Maart 1926 'n diamant op hulle familieplaas ontdek, en binne twaalf maande was daar 108 000 fortuinsoekers op die toneel.