Kitaar
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
Die kitaar is 'n snaarinstrument wat in 'n verskeidenheid musiekstyle gebruik word. Dit is een van die hoofinstrumente in blues-, country-, flamenco-, popmusiek en rockmusiek. Die kitaar het gewoonlik ses snare, maar kitare bestaan ook met vier, sewe, agt, tien en twaalf snare.
[wysig] Geskiedenis
Snaarinstrumente soortgelyk aan die kitaar is al vir ten minste 5000 jaar lank bekend. Dit wil voorkom asof die kitaar afgelei is van instrumente wat bekend was in antieke Sentraal-Asiƫ en daar as die cithara bekend gestaan het. Instrumente met baie ooreenkomste met die kitaar kan gesien word in beeldjies wat opgegrawe is in die ou persiese hoofstad Susa. Die persiese woord taar beteken ook snaar.