Indiese Oseaan
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
Die Aarde se vyf Oseane |
|
Die Indiese Oseaan is die derde grootste water-massa in die wêreld en bevat ongeveer 20% van die aarde se totale water. Dit word begrens in die Noorde deur Suid-Asië (die Indiese subkontinent); aan die weste deur die Arabiese Skiereiland en Afrika; aan die Ooste deur die Maleisië Skiereiland, die Sunda-Eilande, en Australië; en aan die Suide deur die Suidelike Oseaan. Dit word geskei van die Atlantiese Oseaan deur die 20° oostelike lengtelyn wat strek vanaf Kaap Agulhas,[1] en deur die Stille Oseaan deur die 147° oostelike lengtelyn.
Die Noordelikste grens van die Indiese Oseaan is ongeveer 30° Noord in die Persiese Golf. Die Oseaan is amper 10 000 km (6,200 myl) breed by die Suidelike punte van Afrika en Australië; die oppervlakte is 73 556 000 km² (28 400 000 myl²), insluitende die Rooi See en die Persiese Golf.
Die Oseaan se volume word geskat op 292 131 000 km³ (70 086 000 myl³). Klein eilande is verspreid geleë op die kontinentale rande. Eiland-nasies in hierdie Oseaan is Madagaskar, die wêreld se vierde grootste eiland; die Comore; Seychelle; Maledive; Mauritius; en Sri Lanka. Indonesië grens aan die Oseaan.
[wysig] Bronne
- ↑ Limits of Oceans and Seas. International Hydrographic Organization Special Publication No. 23, 1953.