Hopefield
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
Hopefield is 'n dorp in die munisipale gebied Saldanhabaai 37 km oos van Vredenburg op die hoofpad na Malmesbury met 'n bevolking van sowat 6 000 inwoners. Dit is weerskante van die Soutrivier in 'n gebied met gemengde boerdery geleƫ en in 1852 gestig. Die NG gemeente is meer 150 jaar oud. Die plaaslike hoƫrskool trek leerders van talle omliggende dorpe en ook van verder weg danksy sy koshuise. Hopefield is die geboortedorp van die bekende geneesheer en minister van gesondheid dr. Karl Bremer en die tuisdorp van Saldanhabaai se eerste burgemeester, me. Johanna Stoffels. Die dorp is vernoem na die destydse ouditeur-generaal, majoor Hope, en 'n plaaslike inwoner, mnr. Field.