Handwoordeboek van die Afrikaanse taal
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
Die Verklarende Handwoordeboek van die Afrikaanse taal (HAT) is 'n gesaghebbende verklarende woordeboek vir Afrikaans. In teenstelling met die WAT, is hierdie 'n korter en hanteerbaarder Afrikaanse verklarende woordeboek en word in 'n enkele band uitgegee. Dit voldoen aan talle se behoeftes veral waar daar darem meer as 'n sakwoordeboek verlang word. Dit is gereeld uitgegee sedert 1965. Die jongste en vyfde uitgawe van die HAT het in 2005 verskyn.