Genadendal
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
Genadendal is 'n dorp in die Wes-Kaap, Suid-Afrika. Dit is amper een en 'n half uur van die Kaap af op die platteland in die Overbergdistrik.
Genadendal was die eerste sendingsstasie in die suidelike Afrika. Die Duitse sendeling Georg Schmidt is in 1737 deur die Morawiese Sendinggenootskap gestuur om die evangelie aan die Khoi-koin mense te verkondig. Genadendal is in 1738 gestig nadat Schmidt homself op 23 April 1738 in die Baviaanskloof gevestig het.
Die inwyding van die eerste Kerkgebou het plaasgevind op Witte Donderdag 1796. Hierdie Kerkgebou was van die begin af te klein. Die inwyding van die nuwe kerk het plaasgevind op 18 Januarie 1800. Aangesien die kerkgebou later bouvallig begin raak het, is besluit om 'n nuwe en groter kerk, wat 1400 mense sou kan huisves, op te rig. Op 12 Oktober 1891 kon die hoeksteen van die nuwe kerk op die gebruiklike wyse gelê word. Na 'n anderhalf jaar is die bou-werk voltooi en op 14 Maart 1893 is 'n aandseën gehou.
In 1831 was 'n skool gebou. In 1837 was op Genadendal die eersde opleidingsskool vir onderwys in die hele Suidafrika begin. In dieselfde gebou kan jy vandag die Morawiese Sendingsmuseum vind.
1859 was 'n drukkery gestig. 1860 het hulle die eersde uitgawe van "De Bode van Gnadenthal" gedruk en uit gegee. 1861 was ook nog die "Kindervriend" uit gegee.
Die Morawiese Sendingsmuseum en die historise kerkplein is op die werf. Nelson Mandela het die woning van die Suid-Afrikaanse President in Kaapstad in 1995 van Westbrooke na Genadendal herdoop. Op die 10 Oktober 1995 het President Mandela Genadendal besoek.