Privacy Policy Cookie Policy Terms and Conditions Dinamiet - Wikipedia

Dinamiet

vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.

Dinamiet is 'n plofstof wat saamgestel word deur die hoogs plofbare nitrogliserien met diatoomaarde (Kieselguhr) as absorbant. Dit is deur die Sweedse chemikus en ingenieur Alfred Nobel in 1866 uitgevind en in 1867 gepantenteer. Dit word gewoonlik in die vorm van kerse verkoop wat ongeveer 20 cm lank is en 2.5 cm in deursnee is (ander groottes is egter ook beskikbaar).

Inhoud

[wysig] Etimologie

Die woord dinamiet is afkomstig uit die Griekse woord δυναμις (dunamis), wat krag beteken en die Griekse agtervoegsel -ιτης (-itēs).

[wysig] Gebruike en samestelling

Die hoofgebruik van dinamiet is die boubedryf, mynwese en vir sloping. Nuwer plofstowwe en tegnieke het dinamiet grootliks vervang in baie toepassings. Dinamiet word steeds gebruik as 'n onderwaterplofstof. Dinamiet is reeds vir krygsdoeleindes aangewend, hoofsaaklik om brue en ander vervoernetwerke te vernietig, om die opmars van vyandelike magte te vertraag of om vervoer van voorrade te beperk.

Dinamiet bestaan uit drie dele nitrogliserien, een deel diatoomaarde en 'n klein bietjie natriumkarbonaat as bymiddel. Hierdie mengsel word dan in kort kerse gegiet en in papier toegedraai. Nitrogliserien opsigself is 'n baie kragtige plofstof en is baie sensitief vir skokke in sy suiwer vorm (d.w.s. ontplof wanneer dit aan 'n skok blootgestel word) en verval mettertyd na nog meer onstabiele vorme. Dit maak die materiaal baie gevaarlik om te vervoer in die suiwer vorm. Wanneer dit op diatoomaarde geabsorbeer is, is dit baie minder sensitief vir skok.

Dinamietkerse kan mettertyd sy nitrogliserien "sweet", wat dan in die bodem van die houer kan uitlek. Kristalle vorm ook aan die buitekant van die kers. 'n Baie gevaarlike situasie ontstaan onder hierdie omstandighede. Om hierdie rede moet ou dinamiet liefs nie hanteer word nie en moet bekwame hulp ingeroep word.

[wysig] Geskiedenis

Dinamiet was die eerste plofstof sterker as buskruit wat met veiligheid hanteer kon word. Nobel het sy uitvinding in Oktober van 1867 gepatenteer. Na die bekendstelling daarvan het dinamiet vinnig gewild geword as 'n veilige alternatief tot buskruit en nitrogliserien. Nobel het sy patent streng beheer en ongelisensieerde nabootsers is vinnig toegemaak. 'n Paar sakemanne uit die Verenigde State het egter die patent omseil deur 'n effens anderse resep te gebruik. Ten spyte hiervan het Nobel steeds 'n fortuin uit sy uitvindsel verdien, wat hy onder andere gebruik het om die Nobelprys te stig.

Vir verskeie dekades sedert die 1940s was Suid-Afrika die grootste vervaardiger van dinamiet in die wêreld. De Beers het 'n fabriek in 1902 te Somerset-wes begin bou. Hierdie plofstof-fabriek is later deur AECI (African Explosives and Chemical Industries) oorgeneem. Die goudmyne aan die Witwatersrand was die grootste bron vir die vraag na dinamiet. Die fabriek was in 1903 in bedryf en teen 1907 is daar reeds 340 000 kaste (teen 50 pond elk) jaarliks vervaardig. Verder is daar by 'n ander fabriek te Modderfontein 'n verdere 200 000 kaste 'n jaar vervaardig.[1]

Een van die nadele van dinamiet is dat dit gevaarlik is om te vervaardig. Die Somerset-wes aanleg het twee groot ontploffings in die 1960s gehad. Sommige werkers het omgekom maar die lewensverlies was grootliks beperk deur die modulêre ontwerp van die fabriek en die grondverskuiwings en boomaanplantings wat die krag van die ontploffing na bo gedeflekteer het. Die produksie van dinamiet is na 1985 by die fabriek uitgefaseer.[2]

In die V.S.A is dinamiet deur DuPont vervaardig tot laat in die 1990's. Dinamiet is uiteindelik vervang deur Waterjel-plofstowwe, wat baie veiliger is om te hanteer.[3]

[wysig] Sien ook

  • TNT
  • Titadien

[wysig] Patente

  • VSA patent no 0078317, getiteld Improved explosive compound
  • VSA patent no 3931763, getiteld Explosive priming device

Static Wikipedia (no images)

aa - ab - af - ak - als - am - an - ang - ar - arc - as - ast - av - ay - az - ba - bar - bat_smg - bcl - be - be_x_old - bg - bh - bi - bm - bn - bo - bpy - br - bs - bug - bxr - ca - cbk_zam - cdo - ce - ceb - ch - cho - chr - chy - co - cr - crh - cs - csb - cu - cv - cy - da - de - diq - dsb - dv - dz - ee - el - eml - en - eo - es - et - eu - ext - fa - ff - fi - fiu_vro - fj - fo - fr - frp - fur - fy - ga - gan - gd - gl - glk - gn - got - gu - gv - ha - hak - haw - he - hi - hif - ho - hr - hsb - ht - hu - hy - hz - ia - id - ie - ig - ii - ik - ilo - io - is - it - iu - ja - jbo - jv - ka - kaa - kab - kg - ki - kj - kk - kl - km - kn - ko - kr - ks - ksh - ku - kv - kw - ky - la - lad - lb - lbe - lg - li - lij - lmo - ln - lo - lt - lv - map_bms - mdf - mg - mh - mi - mk - ml - mn - mo - mr - mt - mus - my - myv - mzn - na - nah - nap - nds - nds_nl - ne - new - ng - nl - nn - no - nov - nrm - nv - ny - oc - om - or - os - pa - pag - pam - pap - pdc - pi - pih - pl - pms - ps - pt - qu - quality - rm - rmy - rn - ro - roa_rup - roa_tara - ru - rw - sa - sah - sc - scn - sco - sd - se - sg - sh - si - simple - sk - sl - sm - sn - so - sr - srn - ss - st - stq - su - sv - sw - szl - ta - te - tet - tg - th - ti - tk - tl - tlh - tn - to - tpi - tr - ts - tt - tum - tw - ty - udm - ug - uk - ur - uz - ve - vec - vi - vls - vo - wa - war - wo - wuu - xal - xh - yi - yo - za - zea - zh - zh_classical - zh_min_nan - zh_yue - zu -

Static Wikipedia 2007 (no images)

aa - ab - af - ak - als - am - an - ang - ar - arc - as - ast - av - ay - az - ba - bar - bat_smg - bcl - be - be_x_old - bg - bh - bi - bm - bn - bo - bpy - br - bs - bug - bxr - ca - cbk_zam - cdo - ce - ceb - ch - cho - chr - chy - co - cr - crh - cs - csb - cu - cv - cy - da - de - diq - dsb - dv - dz - ee - el - eml - en - eo - es - et - eu - ext - fa - ff - fi - fiu_vro - fj - fo - fr - frp - fur - fy - ga - gan - gd - gl - glk - gn - got - gu - gv - ha - hak - haw - he - hi - hif - ho - hr - hsb - ht - hu - hy - hz - ia - id - ie - ig - ii - ik - ilo - io - is - it - iu - ja - jbo - jv - ka - kaa - kab - kg - ki - kj - kk - kl - km - kn - ko - kr - ks - ksh - ku - kv - kw - ky - la - lad - lb - lbe - lg - li - lij - lmo - ln - lo - lt - lv - map_bms - mdf - mg - mh - mi - mk - ml - mn - mo - mr - mt - mus - my - myv - mzn - na - nah - nap - nds - nds_nl - ne - new - ng - nl - nn - no - nov - nrm - nv - ny - oc - om - or - os - pa - pag - pam - pap - pdc - pi - pih - pl - pms - ps - pt - qu - quality - rm - rmy - rn - ro - roa_rup - roa_tara - ru - rw - sa - sah - sc - scn - sco - sd - se - sg - sh - si - simple - sk - sl - sm - sn - so - sr - srn - ss - st - stq - su - sv - sw - szl - ta - te - tet - tg - th - ti - tk - tl - tlh - tn - to - tpi - tr - ts - tt - tum - tw - ty - udm - ug - uk - ur - uz - ve - vec - vi - vls - vo - wa - war - wo - wuu - xal - xh - yi - yo - za - zea - zh - zh_classical - zh_min_nan - zh_yue - zu -

Static Wikipedia 2006 (no images)

aa - ab - af - ak - als - am - an - ang - ar - arc - as - ast - av - ay - az - ba - bar - bat_smg - bcl - be - be_x_old - bg - bh - bi - bm - bn - bo - bpy - br - bs - bug - bxr - ca - cbk_zam - cdo - ce - ceb - ch - cho - chr - chy - co - cr - crh - cs - csb - cu - cv - cy - da - de - diq - dsb - dv - dz - ee - el - eml - eo - es - et - eu - ext - fa - ff - fi - fiu_vro - fj - fo - fr - frp - fur - fy - ga - gan - gd - gl - glk - gn - got - gu - gv - ha - hak - haw - he - hi - hif - ho - hr - hsb - ht - hu - hy - hz - ia - id - ie - ig - ii - ik - ilo - io - is - it - iu - ja - jbo - jv - ka - kaa - kab - kg - ki - kj - kk - kl - km - kn - ko - kr - ks - ksh - ku - kv - kw - ky - la - lad - lb - lbe - lg - li - lij - lmo - ln - lo - lt - lv - map_bms - mdf - mg - mh - mi - mk - ml - mn - mo - mr - mt - mus - my - myv - mzn - na - nah - nap - nds - nds_nl - ne - new - ng - nl - nn - no - nov - nrm - nv - ny - oc - om - or - os - pa - pag - pam - pap - pdc - pi - pih - pl - pms - ps - pt - qu - quality - rm - rmy - rn - ro - roa_rup - roa_tara - ru - rw - sa - sah - sc - scn - sco - sd - se - sg - sh - si - simple - sk - sl - sm - sn - so - sr - srn - ss - st - stq - su - sv - sw - szl - ta - te - tet - tg - th - ti - tk - tl - tlh - tn - to - tpi - tr - ts - tt - tum - tw - ty - udm - ug - uk - ur - uz - ve - vec - vi - vls - vo - wa - war - wo - wuu - xal - xh - yi - yo - za - zea - zh - zh_classical - zh_min_nan - zh_yue - zu

Static Wikipedia February 2008 (no images)

aa - ab - af - ak - als - am - an - ang - ar - arc - as - ast - av - ay - az - ba - bar - bat_smg - bcl - be - be_x_old - bg - bh - bi - bm - bn - bo - bpy - br - bs - bug - bxr - ca - cbk_zam - cdo - ce - ceb - ch - cho - chr - chy - co - cr - crh - cs - csb - cu - cv - cy - da - de - diq - dsb - dv - dz - ee - el - eml - en - eo - es - et - eu - ext - fa - ff - fi - fiu_vro - fj - fo - fr - frp - fur - fy - ga - gan - gd - gl - glk - gn - got - gu - gv - ha - hak - haw - he - hi - hif - ho - hr - hsb - ht - hu - hy - hz - ia - id - ie - ig - ii - ik - ilo - io - is - it - iu - ja - jbo - jv - ka - kaa - kab - kg - ki - kj - kk - kl - km - kn - ko - kr - ks - ksh - ku - kv - kw - ky - la - lad - lb - lbe - lg - li - lij - lmo - ln - lo - lt - lv - map_bms - mdf - mg - mh - mi - mk - ml - mn - mo - mr - mt - mus - my - myv - mzn - na - nah - nap - nds - nds_nl - ne - new - ng - nl - nn - no - nov - nrm - nv - ny - oc - om - or - os - pa - pag - pam - pap - pdc - pi - pih - pl - pms - ps - pt - qu - quality - rm - rmy - rn - ro - roa_rup - roa_tara - ru - rw - sa - sah - sc - scn - sco - sd - se - sg - sh - si - simple - sk - sl - sm - sn - so - sr - srn - ss - st - stq - su - sv - sw - szl - ta - te - tet - tg - th - ti - tk - tl - tlh - tn - to - tpi - tr - ts - tt - tum - tw - ty - udm - ug - uk - ur - uz - ve - vec - vi - vls - vo - wa - war - wo - wuu - xal - xh - yi - yo - za - zea - zh - zh_classical - zh_min_nan - zh_yue - zu