Deauville
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
Deauville is 'n stad aan die Normandiese Côte Fleurie, in die département Calvados (Frankryk), met sowat 4 520 inwoners. Deauville staan wêreldwyd bekend as luukse seebad waar ook die feeste van die Amerikaanse en Asiatiese film gereeld gevier word. Die stad beskik oor 'n casino, 'n perderenbaan, 'n jaghawe, talle statige villa's in die boustyl van die "fin de siècle", luukse boetieke, 'n sentrum vir aktiewe thalassoterapie en thalasso-estetiek, die "Promenade des Planches" en die beroemde diskoteek "Les Planches".