Altenburg
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
Altenburg | |
---|---|
Land: | Duitsland |
Deelstaat: | Thuringen |
Stigting: | 975 |
Koördinate: | 50° 59' N, 12° 26' O |
Oppervlakte: | 45,6 km² |
Bevolking: | 38 203 (30 Junie 2005) |
Bevolkingsdigtheid: | 838 / km² |
Hoogte: | 227 m bo seespieël |
Burgemeester: | Michael Wolf (SPD) |
Altenburg is 'n Duitse stad geleë in die deelstaat Thuringen, 50 kilometer suidwes van Leipzig. Die stad het 38 203 inwoners (2005). Altenburg het bekendheid verwerf deur die kaartspel Skat, wat hier in 1820 uitgevind is.