Aliwal-Noord
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
Aliwal-Noord is 'n dorp in die Oos-Kaapprovinsie, Suid-Afrika, wat deel uitmaak van die munisipaliteit Maletswai met 37 300 inwoners (2001). Die dorp staan bekend vir sy twee warmwaterbronne, wat daagliks meer as twee miljoen liter water teen 'n temperatuur van sowat 35° C oplewer. 'n Dorpsmuseum behandel die plaaslike geskiedenis. In 1869 is die grensooreenkoms tussen die destydse Republiek van die Oranje-Vrystaat en Basoetoland (die huidige Lesotho) hier onderteken.