5 November
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
5 November is die 309de dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (310de in skrikkeljare). Daar volg nog 56 dae.
Okt - November - Des | ||||||
So | Ma | Di | Wo | Do | Vr | Sa |
1 | 2 | 3 | 4 | 5 | 6 | |
7 | 8 | 9 | 10 | 11 | 12 | 13 |
14 | 15 | 16 | 17 | 18 | 19 | 20 |
21 | 22 | 23 | 24 | 25 | 26 | 27 |
28 | 29 | 30 | ||||
2004 dag rangskikking Al die dae |
Inhoud |
[wysig] Gebeurtenisse
- 1556 - 'n Mongoolse mag verslaan die Hindu magte onder leiding van Generaal Hemu op 'n slagveld ongeveer 80 kilometer noord van Delhi en verseker daardeur die Indiese troon vir Akbar.
- 1605 - Buskruitverraad: 'n Sameswering gelei deur Guy Fawkes om die Engelse Parlement op te blaas word gefnuik toe Thomas Knyvet, 'n vrederegter, Fawkes in 'n kelder onder die Parlementsgebou betrap.
- 1688 - Protestantse Prins Willem van Oranje land by Brixham in Devon, onderweg om sy skoonvader Koning James II, die laaste katolieke monarg van Engeland, af te set.
- 1837 - Piet Retief lê sy eerste besoek aan Dingaan af by Mgungundhlovo.
- 1838 - Honduras ontrek vanuit die Sentraal Amerikaanse Federasie. Dit lei tot die ineenstorting van die Verenigde Provinsies van Sentraal-Amerika.
- 1862 - Roohuid oorloë: In Minnesota word meer as 300 Santee Sioux skuldig bevind aan verkragting van en moord op blanke setlaars en word gevonnis om gehang te word.
- 1872 - Vroueregte: In weerwil van die wet, gaan stem die vroueregte aktivis Susan B. Anthony (sy is later met $100 beboet vir haar deelname).
- 1895 - George B. Selden verkry die eerste V.S.A patent vir 'n motorvoertuig.
- 1911 - Na Italië oorlog verklaar het teen die Ottomaanse Ryk op 29 September,1911 annekseer hy Tripoli en Cyrenaika.
- 1912 - Woodrow wilson behaal 'n wegholoorwinning in die Amerikaanse presidentsverkiesing oor die ampsdraer William Howard Taft.
- 1913 - Die mal koning Otto van Beiere word deur sy neef, kroonprins Ludwig, onttroon wat dan die titel Ludwig III aanneem.
- 1914 - Die Verenigde Koninkryk van Brittanje annekseer Siprus en verklaar saam met Frankryk oorlog teen die Ottomaanse Ryk.
- 1916 - Die Koningkryk van Pole word gesamentlik deur die keisers van Duitsland en Oostenryk geproklameer.
- 1917 - St. Tikhon van Moskou word verkies tot Patriarch van Moskou en van die Russies Ortodokse Kerk.
- 1935 - Parker Brothers stel die bordspel Monopoly vry.
- 1937 - Tweede Wêreldoorlog: Adolf Hitler hou 'n geheime vergadering waarin hy sy planne uitlê om lewensruimte vir die Duitse mense te verkry.
- 1940 - Franklin Roosevelt wen die Amerikaanse presidentsverkiesing en word die eerste president van Amerika vir 'n derde ampstermyn.
- 1968 - Richard Nixon wen die Amerikaanse presidentsverkiesing.
- 1987 - Apartheid: Govan Mbeki word vrygelaat nadat hy 24 jaar op Robbeneiland gevangenis deurgebring het. Hy is voorheen lewenslange tronkstraf opgelê vir hoogverraad.
- 1990 - Rabbi Meir Kahane, stigter van die verregse Kach-beweging word doodgeskiet na 'n toespraak in 'n hotel in New York stad.
- 1996 - Bill Clinton verslaan sy teenstander, Bob Dole, in die Amerikaanse presidentsverkiesing vir sy tweede ampstermyn.
- 2006 - Die voormalige Irakese diktator, Saddam Hussein, word ter dood veroordeel om gehang te word, ná hy skuldig bevind is aan misdade teen die mensdom.
[wysig] Geboortes
- 1742 - Richard Cosway, Engelse kunstenaar († 1821)
- 1855 - Léon Teisserenc de Bort, meteoroloog († 1913)
- 1857 - Ida Tarbell, joernalis
- 1863 - James Packard, motorvoertuig pionier († 1928)
- 1885 - Will Durant, skrywer († 1981)
- 1892 - J. B. S. Haldane, genetikus
- 1895 - Charles MacArthur, skrywer († 1956)
- 1905 - Joel McCrea, akteur
- 1912 - Roy Rogers, akteur († 1998)
- 1913 - Vivien Leigh, aktrise († 1967)
- 1921 - Fawzia van Egipte, keiserin van Iran
- 1931 - Ike Turner, musikant
- 1941 - Art Garfunkel, musikant
- 1941 - Elke Sommer, aktrise
- 1943 - Sam Shepard, dramaturg, akteur
- 1946 - Herman Brood, musikant, kunstenaar
- 1946 - Gram Parsons, musikant († 1973)
- 1947 - Peter Noone, musikant, akteur
- 1949 - Armin Shimerman, akteur (Star Trek: Deep Space Nine)
- 1954 - André le Roux du Toit beter bekend as Koos Kombuis, Afrikaanse skrywer, digter en musikant
- 1959 - Bryan Adams, musikant
- 1963 - Tatum O'Neal, aktrise
- 1974 - Ryan Adams, ruk en rol musikant
[wysig] Sterftes
- 1803 - Choderlos de Laclos, skrywer
- 1836 - Karel Hynek Mácha, digter
- 1933 - Texas Guinan, aktrise, musikant
- 1937 - Ramsay MacDonald, Eerste minister van die Verenigde Koningkryk
- 1951 - Reggie Walker, Suid-Afrikaanse atleet
- 1977 - Guy Lombardo, begeleier
- 1979 - Al Capp, spotprenttekenaar
- 1989 - Vladimir Horowitz, pianis
- 1990 - Meir Kahane, Joodse aktivis
- 1997 - Isaiah Berlin, historikus van idees
[wysig] Vakansies, vierings, en waarnemingsdae
- Antieke Latvië - Die Katrina fees
- Verenigde Koningkryk, Suid-Afrika en Nieu-Seeland - Guy Fawkes nag
4 November - 6 November - 5 Oktober - 5 Desember - Lys van historiese herdenkings