Ebooks, Audobooks and Classical Music from Liber Liber
a b c d e f g h i j k l m n o p q r s t u v w x y z





Web - Amazon

We provide Linux to the World


We support WINRAR [What is this] - [Download .exe file(s) for Windows]

CLASSICISTRANIERI HOME PAGE - YOUTUBE CHANNEL
SITEMAP
Audiobooks by Valerio Di Stefano: Single Download - Complete Download [TAR] [WIM] [ZIP] [RAR] - Alphabetical Download  [TAR] [WIM] [ZIP] [RAR] - Download Instructions

Make a donation: IBAN: IT36M0708677020000000008016 - BIC/SWIFT:  ICRAITRRU60 - VALERIO DI STEFANO or
Privacy Policy Cookie Policy Terms and Conditions
Vincent van Gogh - Wikipedia

Vincent van Gogh

vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.

Selfportret (1886)
Selfportret (1886)

Vincent Willem van Gogh (30 Maart, 1853 - 29 Julie, 1890) word aanvaar as die grootste Nederlandse skilder, na Rembrandt alhoewel hy slegs een skildery verkoop het tydens sy leeftyd. Hy het al sy werk (ongeveer 900 skilderye en 1100 sketse) gelewer gedurende 'n periode van slegs die dekade voor sy selfmoord, waarskynlik weens 'n bipolêre gemoedsversteuring. Na sy dood, veral na 'n uitstalling van 71 van sy werke in Parys, op 17 Maart, 1901, het sy roem vinnig toegeneem.

Van Gogh se invloed op ekspressionisme, fauvisme en die vroeë abstrakte beweging was enorm. Die Van Goghmuseum in Amsterdam is opgedra aan sy werk en dié van sy tydgenote. Ook die Kröller-Müllermuseum in Otterlo (ook in Nederland), het aansienlik baie van sy werk.

Verskeie van sy skilderye is onder die duurste in die wêreld. Drie van hulle is die Portret van Dokter Gachet, Irisse en Portret van die kunstenaar sonder baard.

Inhoud

[wysig] Sy lewe en sy werk

Vincent van Gogh is gebore in Zundert, Nederland, as die seun van Anna Cornelia Carbentus en Theodorus van Gogh, 'n Protestantse predikant. Later het sy suster hom as 'n ernstige en introspektiewe kind beskryf.

Sy broer Theo was vier jaar jonger as hy, maar hulle was baie naby aan mekaar. Theo het dwarsdeur Vincent se lewe hom finansieel ondersteun. Die groot volume van hul briefwisseling is in 1914 publiseer.

Nadat hy aanvanklik vir 'n kunsfirma gewerk het, wat hom eers na Londen, en toe na Parys verplaas het, het hy 'n onderwysersassistent geword, en toe na Amsterdam teruggekeer om teologie te studeer.

'n Jaar later, in 1878, het hy opgeskop, en toe 'n lekepredikant geword in België in 'n arm myngemeenskap. Hy is na ses maande laat loop. Tydens hierdie tydperk het hy begin om houtskoolsketse te maak.

In 1880, op aandrang van sy broer, het hy voltyds begin verf.

In 1881 het hy verlief geraak op sy weduwee-niggie Kee Vos, maar sy wou niks van hom weet nie. Later het hy ingetrek by 'n straatvrou, Sien Hoornik, en haar kinders. Hy wou met haar trou, maar sy pa was streng hierteen gekant, en ook Theo het hom hiervan afgeraai. Hulle is later toe wel uitmekaar uit.

Aanvanklik het hy konsentreer op die skilder van arbeiders en plattelandse landskappe. later het hy Japanese kuns ontdek, en 'n paar skilderye in hierdie styl geverf.

In die lente van 1886 het Van Gogh saam met sy broer Theo in 'n huis op Montmartre, te Parys, ingetrek. Hier het hy skilders soos Edgar Degas, Camille Pissarro, Emile Bernard, Henri de Toulouse-Lautrec enPaul Gauguin leer ken. Hy het deur hulle die Impressionisme ontdek, en veral van puntillisme leer hou.

In 1888, verlaat hy Parys en trek na Arles, in Bouches-du-Rhône, Frankryk. Hy het baie van die landskap daar gehou, sy geel huis geverf en ander kunstenaars soontoe genooi. Net Paul Gauguin het daarop gereageer, en in 'n gees van wedersydse bewondering het hulle 'n rukkie saamgewerk. Toe hulle stry kry, het Van Gogh 'n deel van sy linkeroor afgesny en dit aan 'n onthutste straatvrouvriendin gegee. Op dié tydstip het hy opgehou met kolletjies verf en begin om klein strepies te maak.

Hy het erg aan depressie begin ly, en hy is in 1889, op eie versoek, in die gestig te Saint Remy de Provence, Bouches-du-Rhône, Frankryk, opgeneem. Tydens sy verblyf het die hospitaal en die hospitaaltuin sy onderwerpe geword, en het sy strepies vir warrelinge plek gemaak.

In Mei 1890 het hy die hospitaal verlaat en die sorg van 'n dokter, Paul Gachet, in Auvers-sur-Oise naby Parys, opgesoek. Dit het hom ook afstandsgewys nader aan sy broer, wat kort tevore getroud is, gebring. Gachet is deur Pissarro aanbeveel; hy het al heelwat kunstenaars behandel. Die enigste ets wat van Gogh ooit gemaak het, is van die melankoliese Gachet gedoen. Van Gogh se depressie het vererger, en op 27 Julie, op die ouderdom van 37 jaar, na 'n sessie van intense skilderwerk, het hy homself in die borskas geskiet. Twee dae later is hy dood, met sy geliefde broer Theo aan sy sy. Theo het vertel dat sy laaste woorde was "La tristesse durera toujours" of "Treurigheid sal vir altyd duur". Hy is in die begrafplaas van Auvers-sur-Oise begrawe; Theo sterf net ses maande later, nie in staat om oor die dood van sy broer te kom nie. Op sy vrou se versoek is Theo langs Vincent begrawe.

Van Gogh het net een van sy skilderye tydens sy leeftyd verkoop. Die rooi wingerd, geverf in 1888, word tans vertoon in die Pushkinmuseum in Moskou, Rusland.

Sy roem het baie vinnig daarna gegroei: groot uitstallings is kort na sy dood begin hou: in Parys 1901, Amsterdam 1905, Keulen 1912, New York 1913, en Berlyn 1914.

[wysig] Befaamde skilderye

† verwys na skilderye wat onlangse rekordhouers is vir die duurste skilderye ooit.

[wysig] Wie en wat Van Gogh beïnvloed het

  • Den Haagskool
  • Die skilder Jean-François Millet (1814-1875). Hy het ook op die arbeiderslewe gekonsentreer.
  • Die skrywer Emile Zola (1840-1902). Van Gogh het sy romans baie bewonder.
  • Japanese houtblokafdrukke.
  • Die Impressionisme, veral die puntilliste Georges Seurat (1859-1891) en Paul Signac (1836-1935).
  • Paul Gauguin (1848-1903)

[wysig] Kyk ook na

  • Theo van Gogh, die kleinseun van Theo.

[wysig] Buiteskakels


Wikiquote het 'n versameling aanhalings deur of oor Vincent van Gogh.

[wysig] Bron

Vertaal vanaf die Engelse Wikipedia.

Our "Network":

Project Gutenberg
https://gutenberg.classicistranieri.com

Encyclopaedia Britannica 1911
https://encyclopaediabritannica.classicistranieri.com

Librivox Audiobooks
https://librivox.classicistranieri.com

Linux Distributions
https://old.classicistranieri.com

Magnatune (MP3 Music)
https://magnatune.classicistranieri.com

Static Wikipedia (June 2008)
https://wikipedia.classicistranieri.com

Static Wikipedia (March 2008)
https://wikipedia2007.classicistranieri.com/mar2008/

Static Wikipedia (2007)
https://wikipedia2007.classicistranieri.com

Static Wikipedia (2006)
https://wikipedia2006.classicistranieri.com

Liber Liber
https://liberliber.classicistranieri.com

ZIM Files for Kiwix
https://zim.classicistranieri.com


Other Websites:

Bach - Goldberg Variations
https://www.goldbergvariations.org

Lazarillo de Tormes
https://www.lazarillodetormes.org

Madame Bovary
https://www.madamebovary.org

Il Fu Mattia Pascal
https://www.mattiapascal.it

The Voice in the Desert
https://www.thevoiceinthedesert.org

Confessione d'un amore fascista
https://www.amorefascista.it

Malinverno
https://www.malinverno.org

Debito formativo
https://www.debitoformativo.it

Adina Spire
https://www.adinaspire.com