6 Desember
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
6 Desember is 340ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (341ste in skrikkeljare). Daar volg nog 25 dae in die res van die jaar.
Nov - Desember - Jan | ||||||
So | Ma | Di | Wo | Do | Vr | Sa |
1 | 2 | 3 | 4 | |||
5 | 6 | 7 | 8 | 9 | 10 | 11 |
12 | 13 | 14 | 15 | 16 | 17 | 18 |
19 | 20 | 21 | 22 | 23 | 24 | 25 |
26 | 27 | 28 | 29 | 30 | 31 | |
2004 dag rangskikking Al die dae |
Inhoud |
[wysig] Gebeure
- 1768 - Die eerste uitgawe van die Encyclopædia Britannica word uitgegee.
- 1790 - Die Kongres van die Verenigde State verhuis vanaf New York na Philadelphia, Pensilvanië.
- 1917 - Finland verklaar sy onafhanklikheid van Rusland.
- 1917 - 'n Ontploffing in Halifax, Nova Scotia, Kanada dood meer as 1900 mense, en vernietig 'n groot deel van die stad.
- 1957 - 'n Ontploffing op die lanseerdok fnuik die Verenigde State se eerste poging om 'n satelliet te lanseer.
- 1972 - Die lansering van die laaste bemande maansending, die Apollo 17, vind plaas.
- 1977 - Suid-Afrika verklaar Bophuthatswana onafhanklik, maar dit word deur geen ander land só aanvaar nie.
- 1989 - 'n Man dood 14 jong dames in Montreal, Kanada.
- 1997 - 'n Russiese voorraadvliegtuig stort op 'n woonstelkompleks neer, naby Irkutsk, Siberië, en 67 mense sterf.
[wysig] Geboortes
- 1421 - Koning Henry VI van Engeland († 1471).
- 1586 - Niccoli Zucchi, Italiaanse sterrekundige († 1670).
- 1778 - Joseph Louis Gay-Lussac, fisikus en chemis († 1850).
- 1805 - Adolf Reubke, orrelbouer († 1875).
- 1896 - Ira Gershwin, komponis († 1983).
- 1898 - Alfred Eisenstaedt, fotojoernalis († 1995).
- 1932 - Don King, 'n bokspromotor.
[wysig] Sterftes
- 1185 - Afonso I van Portugal die eerste koning van Portugal.
- 1352 - Pous Clement VI.
- 1892 - Werner von Siemens, Duitse uitvinder.
- 1976 - Joao Goulart, president van Brazilië (Geb. 1918).
- 1988 - Roy Orbison, musikus (Geb. 1936).
- 2003 - Carlos Manuel Arana Osorio, president van Guatemala.
[wysig] Vakansie-, vierings- en waarnemingsdae
- Nasionale vakansiedag van Finland.
- Konstitusiedag vir Spanje.
- Sinterklaasdag in sommige Europese lande, veral dié wat grootliks Rooms-Katoliek is.
Vertaal vanaf die Engelse Wikipedia.