Tuberkulose
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
Tuberkulose, ook genoem TB, phthisis, en die wit plaag, is die mees algemene aanstekende siekte in die wêreld vandag. Dit word veroorsaak deur 'n bakterië, gewoonlik die Mycobacterium tuberculosis maar kon ook enige ander lid van die sogenaamde Tuberkulose kompleks wees. As dit nie behandel word nie, sal meer as 50% sterf binne 'n paar jaar. Dit is verantwoordelik vir ongeveer 2-3 miljoen sterftes per jaar uit ongeveer 9-10 miljoen gevalle en kom veral voor in onderontwikkelde, tropiese lande.