Ebooks, Audobooks and Classical Music from Liber Liber
a b c d e f g h i j k l m n o p q r s t u v w x y z





Web - Amazon

We provide Linux to the World


We support WINRAR [What is this] - [Download .exe file(s) for Windows]

CLASSICISTRANIERI HOME PAGE - YOUTUBE CHANNEL
SITEMAP
Audiobooks by Valerio Di Stefano: Single Download - Complete Download [TAR] [WIM] [ZIP] [RAR] - Alphabetical Download  [TAR] [WIM] [ZIP] [RAR] - Download Instructions

Make a donation: IBAN: IT36M0708677020000000008016 - BIC/SWIFT:  ICRAITRRU60 - VALERIO DI STEFANO or
Privacy Policy Cookie Policy Terms and Conditions
Stikstof - Wikipedia

Stikstof

vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.

koolstof   stikstof   suurstof
 
N
P  
 
 

General
Naam, Simbool, Nommer Stikstof, N, 7
Chemiese reeks nie-metale
Groep, Periode, Blok 15 (VA), 2 , p
Digtheid, Hardheid 1.2506 kg/m3(273K), NA
Voorkoms kleurloos
Atoomeienskappe
Atoommassa 14.0067 ame
Atoomradius (bereken.) 65 (56) pm
Kovalente radius 75 pm
van der Waalsradius 155 pm
Elektronkonfigurasie [He]2s22p3
e- per energievlak 2, 5
Oksidasie toestande (Oksied) ±3,5,4,2 (sterk suur)
Kristalstruktuur heksagonaal
Fisiese eienskappe
Toestand van materie gas
Smeltpunt 63.14 K (- 210 °C)
Kookpunt 77.35 K (-195.8 °C)
Molêre volume 13.54 ×10-6 m3/mol
Verdampingswarmte 2.7928 kJ/mol
Smeltingswarmte 0.3604 kJ/mol
Dampdruk ND Pa teen __ K
Spoed van klank 334 m/s teen 298.15 K
Algemeen
Elektronegatiwiteit 3.04 (Paulingskaal)
Spesifieke warmtekapasiteit 1040 J/(kg*K)
Elektriese geleidingsvermoë ND 106/(m·ohm)
Termiese geleidingsvermoë 0.02598 W/(m*K)
1e ionisasie potensiaal 1402.3 kJ/mol
2de ionisasie potensiaal 2856 kJ/mol
3de ionisasie potensiaal 4578.1 kJ/mol
4de ionisasie potensiaal 7475.0 kJ/mol
5de ionisasie potensiaal 9444.9 kJ/mol
6de ionisasie potensiaal 53266.6 kJ/mol
7nde ionisasie potensiaal 64360 kJ/mol
Mees stabiele isotope
iso NV halfleeftyd VM VE MeV VP
13N {sin.} 9.965 m e vangs 2.220 13C
14N 99.634% N is stable met 7 neutrone
15N 0.366% N is stabiel met 8 neutrone
SI eenhede & STD word gebruik tensy anders vermeld.

Stikstof is die chemiese element in die periodieke tabel met die simbool N en atoomgetal 7. 'n Normaalweg 'n kleurlose, reuklose, smaaklose en meestal onaktiewe diatomiese nie-metaal gas. Stikstof beslaan ongeveer 78 persent van die Aarde se atmosfeer en is 'n bousteen van alle lewende weefsels. Stikstof vorm baie belangrike verbindings soos ammoniak, salpetersuur en sianiede.

Inhoud

[wysig] Kenmerkende eienskappe

Stikstof is 'n nie-metaal met 'n elektronnegatiwiteit van 3.0. Dit het vyf elektrone in sy buitenste skil en kom dus in die trivalente vorm voor in die meeste verbindings. Suiwer stikstof is 'n onreaktiewe kleurlose diatomiese gas by kamertemperatuur en beslaan ongeveer 78.08% van die Aarde se atmosfeer. Dit kondenseer by 77 K en vries teen 63 K. Vloeibare stikstof is 'n algemene kriogeen.

[wysig] Aanwendings

Die grootste enkele kommersiële gebruik van stikstof is as 'n komponent in die vervaardiging van ammoniak deur middel van die Haber proses. Ammoniak word op sy beurt gebruik vir kunsmis vervaardiging en om salpetersuur te vervaardig. Stikstof word gebruik as inerte atmosfeer in stoortenke wat brandbare vloeistowwe bevat waar 'n plofbare lug en damp mengsel bo die vloeistofoppervlak kan voorkom en word ook gebruik in die vervaardiging van vlekvrye staal.

Vloeibare stikstof word gebruik as verkoelingsmiddel vir die vir die dompelvries en vervoer van voedselprodukte, vir die bewaring van lyke en voortplantingselle (sperm en eier), en vir die stabiele stoor van biologiese monsters. Dit word ook gebruik in die studie van kriogenie en dikwels in demonstrasies in wetenskaplike opvoeding. Vloeibare stikstof word geproduseer deur distillasie vanuit vloeibare lug.

Die soute van saltpetersuur sluit 'n paar belangrike verbindings in soos byvoorbeeld kaliumnitraat of salpeter en ammoniumnitraat. Eersgenoemde verbinding is 'n bestandeel van buskruit en laasgenoemde van kunsmis. Genitreerde organiese verbindings soos nitrogliserien en trinitrotolueen is dikwels plofstowwe.

Salpetersuur word gebruik as 'n oksideermiddel in vloeibare brandstof aangedrewe vuurpyle. Hidrasien en derivate vind ook gebruik as vuurpylbrandstof.

[wysig] Geskiedenis

Die ontdekking van Stikstof word algemeen toegeskryf aan Daniel Rutherford in 1772. Die feit dat daar 'n bestandeel van lug was wat nie verbranding onderhou het nie is welbekend gewees aan die laat 18de eeuse chemici. Stikstof is ook terselftertyd deur Carl Wilhelm Scheele, Henry Cavendish en Joseph Priestley bestudeer.

Verbindings van stikstof was bekend in die Middeleeue. Die alchemiste het salpetersuur as aqua fortis geken. Die mengsel van salpeter- en soutsuur het bekend gestaan as aqua regia, wat bekend was vir sy vermoë om goud op te los.

[wysig] Voorkoms

Stikstof is die grootste enkele bestandeel van die aarde se atmosfeer (78.1% op 'n volumebasis en 75.5% op 'n massabasis) en word vir industriële doeleindes herwin deur die fraksionele distillasie van vloeibare lug.

Stowwe wat hierdie element bevat is in die buiteruim waargeneem. Stikstof-14 word geskep tydens die kernfusie proses in sterre. Stikstof maak 'n groot deel uit van diere reste (byvoorbeeld ghwano) gewoonlik in die vorm van ureum, uriensuur en verbindings van hierdie stikstof bevattende verbindings.

Dit is al 'n geruime tyd bekend dat molekulêre stikstof in Titaan se atmosfeer voorkom en is in interstellêre ruimte deur David Knauth en mede-werkers opgespoor deur van die Far Ultraviolet Spectroscopic Explorer gebruik te maak.

[wysig] Verbindings

Die mees algemene hidried van stikstof is ammoniak (NH3) met hidrasien (N2H4) as 'n ander bekende dog skaarsser hidried. Ammoniak is meer alkalies as water en los daarin op om ammonium ione (NH4+) te vorm. Vloeibare ammoniak is effe amfiproties en vorm ammonium en amied ione (NH2-); beide amied en nitried (N3-) soute is bekend, maar hulle ontbind in water. Enkel en dubbel gesubstitueerde verbindings van ammoniak word amiene genoem. Groter kettings, ringe en strukture van stikstof hidriede is ook bekend maar is onstabiel.

Ander klasse van stikstof anione is aziede (N3-), wat lineêr is en iso-elektronies ten opsigte van koolstofdioksied. 'n Ander molekuul met dieselfde struktuur is distikstofmonoksied (N2O), meer algemeen bekend as laggas. Hierdie is een van verskeie oksied verbindings, waarvan die mees prominente een stikstofmonoksied (NO) en stikstofdioksied (NO2), wat beide 'n ongepaarde elektron bevat. Laasgenoemde toon 'n geneigdheid om te dimeriseer en is 'n belangrik bestandeel van rookmis.

Die ander oksiede, distikstoftrioksied (N2O3) en distikstofpentoksied (N2O5), is egter redelik onstabiel en plofbaar. Die ooreenstemmende sure is nitroësuur (HNO2) en salpetersuur (HNO3), terwyl die ooreenstemmende soute nitriete en nitrate genoem word. Salpetersuur is een van die weinig sure wat sterker is as hidronium.

[wysig] Biologiese rol

Stikstof is 'n noodsaaklike bousteen van amino- en nukleoonsure wat stikstof onmisbaar maak vir lewe om te bestaan. peulgewasse soos die soyaboonplant kan stikstof direk uit die atmosfeer herwin omdat hulle wortels knolletjies het waar mikrobes gehuisves word wat die omskakeling na ammoniak bewerkstellig in 'n proses wat bekend staan as stikstof vaslegging. Die peulplant skakel daarna die ammoniak na stikstofoksiede en aminosure om waaruit proteïne vervaardig word.

Reënval is geneig om meer nitrate as ammonium te bevat omdat nitrate by voorkeur geabsorbeer word, dus is die stikstof wat die aarde se oppervlak bereik hoofsaaklik in die vorm van nitrate. Nitrate in die grond word dan ook by voorkeur deur bome se wortels geabsorbeer in vergelyking met die ammonium in die grond.

[wysig] Isotope

Daar bestaan twee stabiele isotope: N-14 en N-15. Die mees algemene isotoop by verre is N-14 (99.634%), wat geproduseer word in die KSS-siklus (Koolstof-Stikstof-Suurstof-siklus) in sterre. Die oorblywende isotoop is N-15. Van die tien isotope wat sinteties voorberei word het een 'n halfleeftyd van nege minute en die oorblywende isotope se halfleeftye is almal in die ordegrootte van sekondes of minder. Biologies bevorderde reaksies (d.w.s. Assimilasie, nitrifisering en denitrifisering) het 'n sterk invloed op die dinamika van stikstof in die grond. Hierdie reaksies is byna altyd geneig om N-15 verryking in die grond en 'n daarmee gepaardgaande verarming in die biologiese produk teweeg te bring.

[wysig] Voorsorgmaatreëls

Nitraat kunsmis in die afloop van landerye af is 'n groot bron van grondwater- en rivierbesoedeling. Siano (-CN) bevattende verbindings vorm uiters giftige soute en is dodelik vir baie diere en vir alle soogdiere.

[wysig] Sien ook

  • Voedingstowwe
  • Stikstofsiklus
  • NOx

[wysig] Verwysings

[wysig] Eksterne skakels

Our "Network":

Project Gutenberg
https://gutenberg.classicistranieri.com

Encyclopaedia Britannica 1911
https://encyclopaediabritannica.classicistranieri.com

Librivox Audiobooks
https://librivox.classicistranieri.com

Linux Distributions
https://old.classicistranieri.com

Magnatune (MP3 Music)
https://magnatune.classicistranieri.com

Static Wikipedia (June 2008)
https://wikipedia.classicistranieri.com

Static Wikipedia (March 2008)
https://wikipedia2007.classicistranieri.com/mar2008/

Static Wikipedia (2007)
https://wikipedia2007.classicistranieri.com

Static Wikipedia (2006)
https://wikipedia2006.classicistranieri.com

Liber Liber
https://liberliber.classicistranieri.com

ZIM Files for Kiwix
https://zim.classicistranieri.com


Other Websites:

Bach - Goldberg Variations
https://www.goldbergvariations.org

Lazarillo de Tormes
https://www.lazarillodetormes.org

Madame Bovary
https://www.madamebovary.org

Il Fu Mattia Pascal
https://www.mattiapascal.it

The Voice in the Desert
https://www.thevoiceinthedesert.org

Confessione d'un amore fascista
https://www.amorefascista.it

Malinverno
https://www.malinverno.org

Debito formativo
https://www.debitoformativo.it

Adina Spire
https://www.adinaspire.com