Biologie
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
Biologie is die wetenskap van lewe. Dit is gemoeid met die eienskappe en gedrag van organismes, hoe spesies en indiwidue ontstaan en die interaksies wat hulle met mekaar en hulle omgewing het.
Inhoud |
[wysig] Oorsig van biologie
Biologie beslaan 'n wye spektrum van akademiese vakgebiede wat dikwels as onafhanklike dissiplines gesien word; saam bestudeer hulle lewe op verskillende skale:
- op die atoom- en molekulêre skaal, deur molekulêre biologie, biochemie en tot 'n sekere mate genetika
- op die sellulêre skaal, deur selbiologie
- op multi-sellulêre skaal, deur fisiologie, anatomie en histologie
- op die ontwikkelingsvlak of ontogenie van 'n indiwiduele organisme, deur ontwikkelingsbiologie.
- op die vlak van oorerflikheid tussen ouer en nasate deur genetika.
- op die vlak van groepsgedrag, deur etologie
- op die vlak van 'n hele bevolking, deur bevolkingsgenetika
- op multi-spesie skaal van herkoms, deur sistematika
- op die vlak van interafhanklike bevolkings en hulle habitat deur ekologie en evolusionêre biologie
- en dan spekulatief deur xenobiologie op die vlak van lewe buite die Aarde.
[wysig] Velde van studie in biologie
Aerobiologie -- Anatomie -- Arachnologie -- Astrobiologie -- Biochemie -- Bionika -- Biogeografie -- Bioinformatika -- Biomeganika -- Biofisika-- Biotegnologie -- Plantkunde -- Selbiologie -- Verspreidingskunde -- Kladistiek -- Skaaldierkunde -- Oerdierkundige -- Siklusse -- Sitologie – Ontwikkelingsbiologie -- Siekte (Genetiese siektes, Aansteeklike siektes) -- Ekologie (Teoretiese ekologie, simbiose, Outokologie, Sinekologie) -- Etologie -- Entomologie -- Ewolusionêre biologie (Ewolusie) – Ewolusionêre ontwikkelingsbiologie – Varswater biologie -- Genetika (Bevolkingsgenetika, Kwantitatiewe genetika, Genomika, Proteomika) -- Herpetologie -- Histologie -- Mensbiologie (Antropologie) -- Ichtologie -- Immunologie -- Aansteeklike siektes -- Patologie -- Epidemologie -- Limnologie -- Malakologie -- Soogdierkunde -- Mariene biologie -- Mikrobiologie (Bakteriologie) – Molekulêre biologie -- Morfologie -- Mikologie / Ligenologie --- Mirmekologie --- Neurowetenskap (Neuroanatomie, Neurofisiologie, Senustelselwetenskap, Biologiese fisiologie, Psigiatrie, Psigofarmakologie, Gedragswetenskap, Neuroetologie, Psigofisika, Berekenbare neurowetenskap, Kognitiewe neurowetenskap, Kognitiewe wetenskap)-- Onkologie (die studie van kanker) -- Ontogenie – Oorsprong van Lewe -- Voëlkunde -- Paleontologie (Paleobotanie, Paleosoölogie)-- Parasietologie -- Fikologie (Algologie) -- Herkomskunde (Filogenetika, Filogeografie) -- Fisiologie -- Fitopatologie -- Voortplantingsbiologie --Strukturele biologie -- Stelselbiologie -- Taksonomie -- Toksikologie (die studie van gifstowwe en besoedeling) -- Virologie -- Xenobiologie – Soölogie
[wysig] Verwante dissiplines
Mediese wetenskap – Fisiese antropologie
[wysig] Mense en geskiedenis
Beroemde bioloë – Geskiedenis van biologie – Nobelprys vir fisiologie of mediese wetenskap – Tydlyn vir biologie en organiese chemie
[wysig] Lys van onderwerpe
Sien: Lys van biologiese onderwerpe
[wysig] Ewolusie en biologie
Een van die sentrale, organisatoriese begrippe in biologie is dat alle lewe van 'n gemene oorsprong het deur die proses van ewolusie. Charles Darwin ewolusie as 'n lewensvatbare teorie daargestel deur die dryfveer daaragter, natuurlike teelkeuse, duidelik uit te spel. (Alfred Russell Wallace word algemeen erken as mede-ontdekker van die begrip). Genetiese verskuiwing is aanvaar as 'n addisionele meganisme van die sogenaamde moderne sintese. Die ewolusionêre geskiedenis van 'n spesie — waaruit die eienskappe van die verskillende spesies waarvan dit afstam vasgestel kan word, tesame met die genetiese verwantskappe wat dit het ten opsigte van al die ander spesies word herkomskunde genoem. Verskillende benaderings tot die insameling van inligting oor die herkoms van spesies word in biologie gevolg. Dit sluit die vergelyking van DNA volgordes in wat in molekulêre biologie of genomika uitgevoer word en vergelykings van fosielrekords en ander inligting oor antieke organismes wat deur paleontologie ondersoek word. Bioloë rangskik en analiseer die ewolusionêre verwantskappe deur verskeie metodes wat herkomskunde, numeriese taksonomie en kladistiek insluit. Die hoofgebeurtenisse in die loop van ewolusie, soos bioloë dit tans verstaan, word opgesom op hierdie ewolusionêre tydlyn.
[wysig] Klassifikasie van lewe
Die klassifikasie van lewende dinge word sistematika of taksonomie genoem en behoort die ewolusionêre stambome (filogenetiese stambome) van die verskillende organismes te weerspieël. Taksonomie groepeer organismes in groepe wat taxa genoem word, terwyl sistematika hul verwantskappe probeer vasstel. Die dominante stelsel word die Linnese taksonomie genoem, wat ordes en binomiale nomenklatuur insluit. Die benaming van organismes word beheer deur internasionale ooreenkomste soos die Internasionale Kode van Plantkundige Nomenklatuur (ICBN), die Internasionale Kode van Dierkundige Nomenklatuur (ICZN), en die Internasionale Kode van Nomenklatuur van Batkterieë (ICNB). 'n Vierde konsepvoorstel vir 'n Biokode is in 1997 gepubliseer in 'n poging om die benaming van die drie terreine te standardiseer, maar dit is nog nie formeel aanvaar nie. Die Internasionale Kode vir Virusklassifikasie en Nomenklatuur (ICVCN) bly tans buite die Biokode.
Lewende wesens word tradisioneel verdeel in vyf koningkryke:
- Monere -- Protiste -- Skimmels -- Plante -- Diere
Die verdeling word egter deesdae as verouderd beskou. Meer moderne alternatiewe begin met die drieledige domeinstelsel:
- Arhaea (oorspronklik Archaeabakterieë) – Bakterieë (oorspronklik Eubakterieë) – Eukariote
Hierdie domeine weerspieël die teenwoordigheid aldan nie van selkerne asook verskille in selwande.
Daar is ook 'n reeks intrasellulêre "parasiete" wat toenemend minder lewendig ten opsigte van hulle metaboliese aktiwiteit is.
- Viruse -- Viroïde -- Prione
[wysig] Geskiedenis van die woord "biologie"
Word gevorm deur die Grieks βίος (bios), wat 'lewe' beteken en λόγος (logos), wat 'woord' beteken, dit wil voorkom asof die woord "biologie" in sy moderne sin onafhanklik deur Gottfried Reinhold Treviranus ("Biologie oder Philosophie der lebenden Natur", 1802 en deur Jean-Baptiste Lamarck ("Hydrogéologie", 1802) bekendgestel is. Daar word beweer dat Karl Friedrich Burdach in 1800 die woord self verwoord het in die titel van Volume 3 van Michael Christoph Hanov se "Philosophiae naturalis sive physicae dogmaticae": Geologia, biologia, phytologia generalis et dendrologia, wat in 1766 gepubliseer is.
[wysig] Sien ook
- Eukariote
- Oorsprong van lewe
- Omne vivum ex ovo
- Morfologie
- Omgewing
- Ekostelsel
- Biologie
- Dokter
- NASA Ames Navorsingsentrum
- Baccalaureus Scientiae
- Lys van tegnologieë
- Onopgeloste probleme in biologie
- Lys van bewaringsonderwerpe
- Lys van biologiese publikasies
[wysig] Eksterne skakels en hulpbronne
[wysig] Skakels
- EverythingBio : 'n Aanlyn bron vir enigiets verwant aan biologie.
- Kimball's Biology Pages, http://users.rcn.com/jkimball.ma.ultranet/BiologyPages : 'n Aanlyn handboek met soekfunksie.
- Biology Online: 'n Werf met tutoriale wat deur 'n enkele persoon onderhou word.
- The Tree of Life, http://tolweb.org/tree/phylogeny.html : A multi-authored, distributed Internet project containing information about phylogeny and biodiversity.
- The Journal of Biology, http://www.jbiol.com : A small, but free, research journal
- The Public Library of Science: Biology, http://www.plosbiology.org : A newer, but more ambitious free research journal.
- BioCode, http://www.rom.on.ca/biodiversity/biocode/biocode1997.html : A proposal for organism naming.
- PhyloCode
[wysig] Verdere leeswerk
- Lynn Margulis, Five Kingdoms: An Illustrated Guide to the Phyla of Life on Earth, 3rd ed., St. Martin's Press, 1997, sagteband, ISBN 0805072527 (many other editions)
- Neil Campbell, Biology: Concepts & Connections (4th edition), Benjamin-Cummings Publishing Company, 2002, hardeband, ISBN 080536627X (college-level text)