Ebooks, Audobooks and Classical Music from Liber Liber
a b c d e f g h i j k l m n o p q r s t u v w x y z





Web - Amazon

We provide Linux to the World


We support WINRAR [What is this] - [Download .exe file(s) for Windows]

CLASSICISTRANIERI HOME PAGE - YOUTUBE CHANNEL
SITEMAP
Audiobooks by Valerio Di Stefano: Single Download - Complete Download [TAR] [WIM] [ZIP] [RAR] - Alphabetical Download  [TAR] [WIM] [ZIP] [RAR] - Download Instructions

Make a donation: IBAN: IT36M0708677020000000008016 - BIC/SWIFT:  ICRAITRRU60 - VALERIO DI STEFANO or
Privacy Policy Cookie Policy Terms and Conditions
São Paulo - Wikipedia

São Paulo

vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.

Sāo Paulo

Kaart Wapen
Vlag
 Land Brasilië
 Koördinate 23°30' S, 46°37' W
 Stigting 25 Januarie 1554
 Oppervlak:  
 - Totaal 1 523 vk km
 Hoogte bo seevlak 795 m
 Bevolking:  
 - Totaal (2005) 10 021 437
 - Bevolkingsdigtheid 6 580/vk km
 Tydsone UTC -2
 - Somertyd UTC -3
 Burgemeester Gilberto Kassab (PFL)
 Amptelike Webwerf prefeitura.sp.gov.br

São Paulo (Portugees vir Sint Paulus) is die hoofstad van die staat met dieselfde naam in suidoostelike Brasilië. Dit is geleë op die koördinate 23°32′36″S, 46°37′59″W sowat 400 kilometers vanaf Rio de Janeiro en 1 030 km vanaf die federale hoofstad Brasília.

Die stad het 'n oppervlakte van 1 523 vierkante kilometer met 'n bevolking van klein bietjie meer as 11 miljoen mense, wat dit die stad met die grootste bevolking in die Suidelike Halfrond maak. Negentien miljoen mense woon in die groter São Paulo metropolitaanse gebied soos deur die regering afgebaken; wat dit een van die vyf grootste metropolitaanse gebiede ter wêreld maak.

Die staat São Paulo is ook 'n hoogs bevolkte gebied. Die staat in geheel het 'n bevolking van om en by 40 miljoen mense. Die mense van Brasilië verwys na die inwoners van São Paulo as paulistanos en gebruik die term paulista vir mense wat in die staat in sy geheel woon. Die stad se leuse is Non ducor, duco, wat die Latyns is vir "Ek word nie gelei nie, ek lei".

Inhoud

[wysig] Geskiedenis

Die stad is op die 25ste Januarie 1554 gestig deur Jesuïtiese sendelinge José de Anchieta en Manoel da Nóbrega wat 'n sendelingstasie — die Colégio de São Paulo de Piratininga gestig het om die inboorlinge, die Tupi-Guarani, na die katolieke geloof te bekeer. Die stasie is net anderkant die Serra do Mar kranse geleë wat oor die hawestad , Santos uitkyk en ook naby die Tietê-Rivier. Die sendelingstasie het uiteindelik 'n natuurlike toegangsroete gevorm tot die wye, vrugbare plato wat uiteindelik die staat São Paulo sou word.

Rekonstruksie van die Jesuïtiese skool in Pátio do Colégio in die middestad (nou 'n museum) waar die grondlegging van die stad plaasgevind het in die 16de eeu.
Vergroot
Rekonstruksie van die Jesuïtiese skool in Pátio do Colégio in die middestad (nou 'n museum) waar die grondlegging van die stad plaasgevind het in die 16de eeu.

Die stad wat eers bekend gestaan as São Paulo de Piratininga het stadstatus verkry in 1711. Dit het 'n oplewing ondergaan tydens die koffiehandel 'n hoogtepunt bereik het aan die begin van die 19de eeu; veral vanweë sy ligging naby Santos se hawe, waardeur die meeste van die land se uitvoere vloei.

Na 1881 het 'n vloedgolf van immigrante vanuit Italië, Japan en vele ander lande in São Paulo ingestroom, hoofsaaklik om op die koffieplantasies wat in die staat aangelê is, te gaan werk. Tydens die 20ste eeu, met toenemende nywerheidsontwikkeling in die land, het baie mense na die stad verhuis en is baie nuwe immigrante ook na die stad gelok.

Avenida Paulista in 1902, vandag een van hoofstrate in die stad.
Vergroot
Avenida Paulista in 1902, vandag een van hoofstrate in die stad.

São Paulo was ook die tuiste van die Bandeirantes, wat grootliks verantwoordelik was vir die uitbreiding van Brasilië se grondgebied en die ontdekking van natuurlike hulpbronne in die binneland. Daar is ook verskeie monumente in die stad wat die Bandeirantes se bydrae tot die geskiedenis van die stad herdenk, insluitende die beroemde Monumento às Bandeiras, een van die simbole van São Paulo.

'n Ander belangrike geskiedkundige landmerk is die Universidade de São Paulo se skool vir die regte wat ook bekend staan as die Largo São Francisco wat ook na bewering die eerste akademiese inrigting in Brasilië was. Die skool was eers in 'n klooster op die 1ste Maart 1828 gestig, pas na die stigting van die Brasiliaanse Ryk. Die skool het in die toenemende behoefte na regsgeleerdes en politici voldoen. Omdat die ryk Brasiliane op daardie stadium nog Portugal toe gegaan het om voorgraadse kursusse te doen, het die Brasiliaanse Keiser, Dom Pedro I besluit dat dit tyd was om 'n nasionale skool vir die regte op die been te bring. Dit het studente van regoor die land gelok en het aan São Paulo sy boheemse leefstyl verleen.

[wysig] Wetgewing en Regering

Palácio dos Bandeirantes - Tuiste van die staat van São Paulo se regering
Vergroot
Palácio dos Bandeirantes - Tuiste van die staat van São Paulo se regering

São Paulo as die ekonomiese en demografiese swaargewig, het nog altyd 'n sleutelrol gespeel in Brasiliaase politiek. Met 'n kieserskorps groter as baie Brasiliaanse state, word die amp van burgermeester deur baie politici as 'n tree nader aan 'n pos op staats- en nasionale regeringsvlak beskou.

Persone wat tot onlangs toe nog die amp beklee het is as volg:

Burgermeester Begin van ampstermyn Einde van ampstermyn Party
Gilberto Kassab 2006 - PFL
José Serra 2005 2006 PSDB
Marta Suplicy 2001 2004 PT
Celso Pitta 1997 2000 PPB en PTN
Paulo Maluf 1993 1996 PDS , PPR en PPB
Luiza Erundina 1989 1992 PT
Jânio Quadros 1986 1988 PTB
Mário Covas 1983 1985 PMDB

[wysig] Geografie

[wysig] Fisiese Ligging

Ligging van die Metropolitaanse Gebied
Vergroot
Ligging van die Metropolitaanse Gebied

São Paulo is op 'n plato geleë wat deel vorm van die Serra do Mar (Portugees vir "Seereeks"), wat op sy beurt deel vorm van die uitgestrekte gebied wat as die Brasiliaanse hooglande bekend staan, met 'n gemiddelde hoogte bo seespieël van ongeveer 800 m - maar slegs sowat 70 km van die Atlantiese Oseaan af. Die stad is met twee hoofweë met die hawestad, Santos en die strandoord van Guarujá verbind. Die bewoonde gebiede van São Paulo is hoofsaaklik heuwelagtig, maar na die noorde is die Serra da Cantareira (Cantareira reeks) wat heelwat hoër is en bevat nog oorblyfsels van die Atlantiese Reënwoud. Die hele gebied is tektonies stabiel en geen betekenisvolle seismiese aktiwiteit is nog ooit aangeteken nie.

Die digbeboude Avenida Paulista en omgewing soos gesien vanuit die meestal laer geboue in die Jardins woonbuurt
Vergroot
Die digbeboude Avenida Paulista en omgewing soos gesien vanuit die meestal laer geboue in die Jardins woonbuurt

Die Tietê-rivier was eens 'n bron van vars water en ontspanning in São Paulo. Die rivier is egter net soos een van sy vertakkinge, die Pinheiros later in die 20ste eeu ernstig besoedel met riool en nywerheidsafval. 'n Grootskaalse poging om beide riviere skoon te maak het beperkte sukses tot gevolg gehad. Nie een van die twee riviere is bevaarbaar in die dele wat deur die stad vloei nie, maar die Tietê is belangrik vir vervoer verder stroomaf, aangesien die rivier deel vorm van die Río de la Plata-kom. Daar is geen natuurlike mere in die streek nie, maar die Guarapiranga en Billings reservoirs word gebruik vir kragopwekking, waterberging en ontspanning.

Die oorspronklike flora het hoofsaaklik uit 'n verskeidenheid breëblaar immergroen plante bestaan. Vandag is uitheemse spesies algemeen aangesien die gematigde klimaat en oorvloedige reënval die aanplant van 'n groot verskeidenheid tropiese, subtropiese en gematigde plantegroei moontlik maak, met bloekombome wat veral wyd verspreid voorkom.

[wysig] Klimaat

Ibirapuera Park en Ginasio
Vergroot
Ibirapuera Park en Ginasio

Die meeste Brasiliane beskou die stad se klimaat as nat en koel, maar gemeet aan wêreldstandaarde is São Paulo se klimaat eintlik heel warm en gematigd. Temperatuurskommelinge is soortgelyk aan stede soos Los Angeles en Meksiko-stad, wat bekend is vir hulle aangename klimaat. Somertemperature oorskry selde 30°C en ryp kom bitter selde voor. Die rekord hoogste en laagste temperature is onderskeidelik 38°C en -2°C. Reënval is oorvloedig veral in die warmer maande. Ligte sneeu is een keer aangeteken in 1918. São Paulo en die nabye kuslyn is nog nooit deur 'n tropiese sikloon getref nie en tornado's kom bitter selde voor.


  Jan Feb Mar Apr Mei Jun Jul Aug Sep Okt Nov Des Jaar
Gem hoogste °C (°F) 27 (81) 28 (83) 27 (81) 25 (77) 23 (74) 22 (71) 22 (71) 23 (73) 23 (73) 25 (77) 26 (78) 26 (79) 24 (76)
Gem laagste °C (°F) 19 (67) 19 (67) 18 (66) 17 (63) 15 (59) 13 (56) 12 (54) 13 (56) 14 (57) 16 (60) 17 (63) 18 (65) 16 (61)
Reënval mm (in.) 241 (9.5) 203 (8.0) 142 (5.6) 58 (2.3) 43 (1.7) 38 (1.5) 28 (1.1) 36 (1.4) 58 (2.3) 150 (5.9) 122 (4.8) 198 (7.8) 1317 (51.9)

[wysig] Metropolitaanse streek

'n Kunsmatig gekleurde satellietbeeld van die groter São Paulo metropolitaanse gebied (middel) en die kusdorpe Santos en São Vicente (onderaan).
Vergroot
'n Kunsmatig gekleurde satellietbeeld van die groter São Paulo metropolitaanse gebied (middel) en die kusdorpe Santos en São Vicente (onderaan).

São Paulo vorm amptelik deel van 'n groter metropolitaanse streek naamlik "Grande São Paulo" ("Groter São Paulo"). Die streek bevat 39 munisipaliteite en 'n bevolking van meer as 19 miljoen (met ingang 2005 volgens die IBGE).

[wysig] Prefekture

Die stad São Paulo word verdeel in 31 subprefekture (subprefeituras in Portugees, waarvan die name as volg is:

  • Aricanduva
  • Butantã
  • Campo Limpo
  • Capela do Socorro
  • Casa Verde
  • Cidade Ademar
  • Cidade Tiradentes
  • Ermelino Matarazzo
  • Freguesia do Ó
  • Guaianases
  • Ipiranga
  • Itaim Paulista
  • Itaquera
  • Jabaquara
  • Jaçanã
  • Lapa
  • M'Boi Mirim
  • Mooca
  • Parelheiros
  • Penha
  • Perus
  • Pinheiros
  • Pirituba
  • Santana
  • Santo Amaro
  • São Mateus
  • São Miguel
  • Vila Maria
  • Vila Mariana
  • Vila Prudente

Elke subprefektuur word verdeel in verskeie distrikte (meestal twee of drie). Die subprefektuur met die grootste aantal distrikte is die subprefektuur genaamd Sé, in die geskiedkundige middestad, met agt distrikte (Sé, República, Consolação, Santa Cecília, Bom Retiro, Bela Vista, Liberdade en Cambuci). In die tweede plek is daar die subprefektuur van Lapa met ses distrikte (Lapa, Perdizes, Barra Funda, Vila Leopoldina, Jaguara en Jaguaré) en Mooca wat ook ses distrikte het (Mooca, Tatuapé, Belém, Pari, Brás en Água Rasa). Die aangrensende subprefekture van Jabaquara en Cidade Tiradentes het slegs een distrik elk.

Die prefekture word in nege streke verdeel naamlik:

  • Sentraal - Sluit slegs die prefektuur van Sé in.
  • Noord-oos - Middelklas woongebied naby die stad Guarulhos en 'n paar nywerhede. Die intermunisipale bushalte is ook hier geleë.
  • Noord-wes - 'n Armer gebied waardeur die spoorlyn en snelweg na Campinas en ander stede van die deelstaat loop.
  • Wes - Is 'n belangrike universiteits- en kulturele gebied. Paulista-laan en ander luukse woonbuurte kom hier voor.
  • Sentraal-Suid - Hierdie gebied spog met die hoogste per capita inkomste in die stad. Hier kan die Brasiliaanse hoofkwartiere van vele multinasionale maatskappye asook ander kantore aangetref word.
  • Suidwes - Voormalige nywerheidsgebied, en word nou hoofsaaklik deur welvarende mense bewoon. Sommige belangrike prefekture soos Ipiranga en Mooca kom in die streek voor.
  • Oos 1 - Is 'n ontwikkelende streek, wat deur laer inkomstgroepe bewoon word, maar waar daar wel nog munisipale dienste gelewer word.
  • Suid en Oos 2 - Die armste gebiede van die stad met 'n groot aantal mense wat in favelas woon en 'n baie hoë misdaadsyfer.

[wysig] Ekonomie

Berrini-laan: die nuwe finansiële sentrum van São Paulo
Vergroot
Berrini-laan: die nuwe finansiële sentrum van São Paulo

São Paulo is die finansiële- en nywerheidsentrum van Brasilië. Daar word gereken dat die stad die hoofkwartiere van meer Duitse maatskappye buite Duitsland as enige ander stad ter wêreld huisves. Soortgelyk word daar beraam dat dit ook die hoofkwartiere van meer Amerikaanse maatskappye as enige ander stad ter wêreld buite die Verenigde State huisves. São Paulo se BBP is rondom VSA$146 miljard, wat dit een van die rykste stede ter wêreld maak. São Paulo se aandelebeurs, word die Bovespa genoem en sy termynmark die BM&F. Sy finansiële distrikte is geleë rondom Avenida Paulista en in die Centro Velho (Ou sentrum). Ander belangrike besigheidsdistrikte is geleë in die prefekture van Pinheiros en Santo Amaro. Daar is 'n aantal hoogs gespesialiseerde streke soos Bom Retiro en Brás (groothandel klerasie distrikte), Consolação (beligtingstoerusting), Rua Santa Ifigênia (elektriese en elektroniese onderdele), Rua Teodoro sampaio (meubels en musikale toerusting), die swierige Rua Oscar Freire (ontwerperskledingstukke), Avenida Europa (motors) en die oorvol Rua Vinte e Cinco de Março. São Paulo is ook die tuiste van 'n groot aantal maatskappye wat betrokke is by die advertensiebedryf en die uitsaaiwese.

[wysig] Demografie

Liberdade, São Paulo
Vergroot
Liberdade, São Paulo

São Paulo het 'n betekenisvolle etniese diversiteit in vergelyking met ander stede:

  • 3 000 000 mense is direkte of indirekte afstammelinge van Portugese.
  • 3 000 000 is direk of indirekte afstammeling van Italianers. Een van die wolkekrabbers in die stad is Edifício Itália (Italië Gebou) gedoop ter ere van die Italianers en was eens op 'n tyd die hoogste gebou in die stad (165m).
  • 1 500 000 mense het 'n direkte of indirekte Afrika-afkoms.
  • 850 000 mense is direkte of indirekte afstammelinge van Libanese immigrante—by verre die grootste Libanese bevolking buite Libanon.
  • Meer as 1 miljoen mense is direkte of indirekte afstammelinge van Japanese. São Paulo het dan ook die grootste Japanese gemeenskap buite Japan. Die Japanese gemeenskap se historiese middelpunt is in Liberdade woonbuurt geleë.
  • Daar is 'n noemenswaardige aantal mense vanuit Spaanssprekende lande uit Latyns-Amerika, veral vanuit Argentinië, Uruguay, Paraguay, Bolivië en Chili.
  • Daar moet egter kennis geneem word dat baie paulistanos van gemengde etniese afkoms is vanuit enige van die bogenoemde groepe.

Ander gemeenskappe wat in betekenisvolle getalle voorkom:

Our "Network":

Project Gutenberg
https://gutenberg.classicistranieri.com

Encyclopaedia Britannica 1911
https://encyclopaediabritannica.classicistranieri.com

Librivox Audiobooks
https://librivox.classicistranieri.com

Linux Distributions
https://old.classicistranieri.com

Magnatune (MP3 Music)
https://magnatune.classicistranieri.com

Static Wikipedia (June 2008)
https://wikipedia.classicistranieri.com

Static Wikipedia (March 2008)
https://wikipedia2007.classicistranieri.com/mar2008/

Static Wikipedia (2007)
https://wikipedia2007.classicistranieri.com

Static Wikipedia (2006)
https://wikipedia2006.classicistranieri.com

Liber Liber
https://liberliber.classicistranieri.com

ZIM Files for Kiwix
https://zim.classicistranieri.com


Other Websites:

Bach - Goldberg Variations
https://www.goldbergvariations.org

Lazarillo de Tormes
https://www.lazarillodetormes.org

Madame Bovary
https://www.madamebovary.org

Il Fu Mattia Pascal
https://www.mattiapascal.it

The Voice in the Desert
https://www.thevoiceinthedesert.org

Confessione d'un amore fascista
https://www.amorefascista.it

Malinverno
https://www.malinverno.org

Debito formativo
https://www.debitoformativo.it

Adina Spire
https://www.adinaspire.com