Ebooks, Audobooks and Classical Music from Liber Liber
a b c d e f g h i j k l m n o p q r s t u v w x y z





Web - Amazon

We provide Linux to the World


We support WINRAR [What is this] - [Download .exe file(s) for Windows]

CLASSICISTRANIERI HOME PAGE - YOUTUBE CHANNEL
SITEMAP
Audiobooks by Valerio Di Stefano: Single Download - Complete Download [TAR] [WIM] [ZIP] [RAR] - Alphabetical Download  [TAR] [WIM] [ZIP] [RAR] - Download Instructions

Make a donation: IBAN: IT36M0708677020000000008016 - BIC/SWIFT:  ICRAITRRU60 - VALERIO DI STEFANO or
Privacy Policy Cookie Policy Terms and Conditions
Los Angeles - Wikipedia

Los Angeles

vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.

Los Angeles

Land: Verenigde State
Deelstaat: Kalifornië
Koördinate: 33°56′ N, 118°24′ W
Gestig in: 4 September 1781
Oppervlakte: 1290,6 vk km
Landoppervlakte: 1214,9 vk km
Bevolking: 4 097 340 (2006)
Bevolkingsdigtheid: 3 174,8/vk km
Metropolitaanse gebied: 17 545 623 inwoners
Hoogte: 32 m bo seevlak
Burgemeester: Antonio Villaraigosa
Die binnestad van Los Angeles
Vergroot
Die binnestad van Los Angeles

Los Angeles is 'n groot, uitgestrekte metropool aan die weskus van die Verenigde State. Die amptelike naam was by stigting in 1781 El Pueblo de Nuestra Señora Reina de los Ángeles de la Porciúncula, "Stad van Onse Dame, Koningin van die engele van die Porciúncularivier". Die naam word soms afgekort na "L.A.".

Dit is die grootste stad in Kalifornië, en op een na die grootste stad in die Verenigde State, met 'n inwonertal van 4 100 000 (2006). In die metropolitaanse gebied van Los Angeles (wat Los Angeles, San Bernardino, Riverside, Ventura en Orange County bevat) woon meer as 17 miljoen mense met uiteenlopende etniese en ekonomiese agtergronde.

Die stad geniet 'n gematigde en sonnige klimaat, ook in die winter. Die filmindustrie is sterk verteenwoordig: Beverly Hills, Hollywood met die Hollywood Walk of Fame en Grauman's Chinese Theater asook Universal Studios. Los Angeles is bekend vir sy oënskynlik eindelose snelweë. Die strande van Venice- en Huntington Beach is baie gewild. Disneyland is ook in die buurt van Los Angeles en was die eerste vermaaklikheidspark van sy soort.

Inhoud

[wysig] Geografie

[wysig] Geografiese ligging

Die stadskern en voorstede van Los Angeles lê in 'n heuwelagtige kusgebied teen 'n gemiddelde hoogte van 32 meter bo seevlak. Die stad grens in die weste en suide aan die Santa Monicabaai van die Stille Oseaan. Los Angeles word in die ooste en noorde deur bergreekse omring. Noord van Los Angeles lê ook die San Fernandovallei, wat sowat een derde van die inwoners huisves. Die vallei word deur die Griffithpark en die Santa Monicaberge afgesny van Hollywood en die stadsentrum.

Los Angeles in die skemer
Vergroot
Los Angeles in die skemer

Die stadsgebied van Los Angeles strek oor 1 290,6 vierkante kilometer (71 kilometer in noord-suidelike en 47 kilometer in oos-westelike rigting), en die stadswyke en voorstede word deur 'n moderne stelsel van snelpaaie met mekaar verbind. Los Angeles se bevolking is die mees gemotoriseerde ter wêreld, en die skadelike uitlaatgasse van motors en nywerhede is een van die kwellendste probleme van die stad.

Soms word na Los Angeles as 'n "horisontale stad" verwys, aangesien daar min wolkekrabbers is en die stadsgebied oor 'n groot oppervlakte uitgebrei het. Grondpryse begin nou egter ook in die stadsentrum die hoogte inskiet en bevorder die oprigting van 'n groter aantal wolkekrabbers.

Daar is 173 onafhanklike stede in die metropolitaanse gebied van Los Angeles, wat die counties Los Angeles, San Bernardino, Riverside, Ventura en Orange bevat. Die gebied strek tot by die grens van die deelstaat Nevada en het 'n totale oppervlak van 87 972 vierkante kilometer. Slegs 'n klein gedeelte hiervan is beboude gebiede. Die grootste deel van die oppervlak word deur onbewoonde gedeeltes van die Mojavewoestyne en die Nasionale Joshua Treepark in die counties Riverside en San Bernardino beslaan.

[wysig] Geologie

Die Raadsaal van Los Angeles
Vergroot
Die Raadsaal van Los Angeles

Teen die oostelike rand van die metropolitaanse gebied loop die San Andreas-breuklyn. Die gevaar van aardbewings, wat hieruit voortspruit, het tot strenge bouvoorskrifte in Suid-Kalifornië gelei. Los Angeles is sedert 1800 deur nege groot aardbewings met 'n intensiteit van ses of meer op die Richterskaal en duisende kleiner bewings geskud. 'n Groot aantal geboue is versterk om aardbewings te kan weerstaan, om sodoende die getal van slagoffers as gevolg van aardbewings te beperk.

Tot by die jaar 1958 is geboue beperk tot 'n maksimale hoogte van 45 meter of 14 verdiepings. Die enigste uitsondering was die raadsaal uit die jaar 1928 met 'n hoogte van 128 meter. Veiliger geboue het hierdie wet later oorbodig gemaak. Naas die bedreiging deur aardbewings was ook die konsep van 'n tuinstad en minder verdigte stadswyke die dryfveer agter hierdie wet. Uiteindelik het dit die bestendige uitbreiding van die stadsgebied bevorder.

[wysig] Klimaat

Los Angeles lê in die subtropiese klimaatsone. Die gemiddelde jaarlikse temperatuur is 16,5 °C en die gemiddelde jaarlikse reënval 295 millimeter. Augustus is die warmste maand met 'n gemiddelde temperatuur van 20,8 °C, Januarie die koudste met 'n gemiddelde van 12,5 °C. Reënval is gewoonlik beperk tot die tydperk tussen November en April. Die maande tussen Mei en Oktober word deur droë weerstoestande gekenmerk.

Die ligging digby die Stille Oseaan en winde, wat vanuit die see waai, skep 'n aangename klimaat in die somer, wanneer die kwik tot by 28 °C styg. Die wintermaande is kouer, alhoewel temperature gewoonlik nie benede 15 °C daal nie. Nagtelike temperature is sowat 10 °C laer, en die lugvogtigheid beloop tussen 50 en 75 persent.

Hittegolwe met temperature tot by 40 °C kom gereeld elke twee jaar voor en word veroorsaak deur die sogenaamde Santa-Ana-winde, wat uit die gelyknamige woestyn oos van die stad waai.

[wysig] Geskiedenis

Flowerstraat in die binnestad van Los Angeles
Vergroot
Flowerstraat in die binnestad van Los Angeles

[wysig] Stigting

Los Angeles is op 4 September 1781 deur die Spaanse goewerneur van Kalifornië, Felipe de Neve, met 44 setlaars op die gebied van die Tongvá-Indiane gestig. Destyds was veeteelt die hoofbron van inkomste vir die bewoners.

Die naam Los Angeles is van Spaanse oorsprong en beteken letterlik "die engele". Dit is 'n verkorting van die oorspronklike El Pueblo de Nuestra Señora la Reina de los Ángeles de Porciuncula (Afrikaans: „Die Dorp van Onse Liewe Vrou, die Koningin van die Engele van Porciúncula").

In 1835 het Los Angeles stadstatus gekry en is gelyktydig verhef tot hoofstad van Alta California, die mees noordelike gewes van Meksiko. Die bevolking het tot by die jaar 1836 tot 2 228 mense gegroei, maar daarna weer 'n tyd lank gekrimp. Los Angeles was tot by die middel van die 19de eeu 'n Meksikaanse munisipaliteit met 'n bevolking, wat oorwegend uit Amerikaanse setlaars, arm Sjinese werkers en 'n klein aantal welvarende Meksikaanse landbesitters bestaan het. Tydens die Meksikaans-Amerikaanse Oorlog tussen 1846 en 1848 is die stad saam met Alta California deur Amerikaanse soldate beset en by die VSA ingelyf.

[wysig] Industrialisering

Los Angeles het op 4 April 1850 Amerikaanse stadstatus in verband met die stigting van die deelstaat Kalifornië gekry; destyds was die inwonertal 1 610. Ná die aansluiting by die spoorweg van die Union Pacific Railroad in 1876 en die spoorweglyn na Santa Fé in die jaar 1885, asook die begin van die steenkoolontginning in 1890 en die ruolie-produksie in 1892 het die groei van die stad 'n aanvang geneem. Teen hierdie tyd is besproeiingstegnieke getoets en die geskikte landbouprodukte vir die gebied bepaal. Die stad was destyds sinoniem met goeie gesondheid, 'n skoon omgewing, sonskyn volop en eindelose sitrusplantasies.

Die grootste groep van migrante het uit die Middel-Weste (deelstate soos Iowa en Indiana) gekom en die ou Meksikaanse elite as nuwe politieke klas vervang. Die uitgestrekte ou landgoede is in persele verdeel, en die bevolking het vinnig begin groei. In die jaar 1900 was daar 100 000 inwoners, en hierdie getal het tot 1910 verdriedubbel. 'n Groot seehawe is in die tydperk tussen 1899 en 1914 gebou. Toe die plaaslike watervoorrade nie meer toereikend was nie, is in 1913 'n waterleiding in die noorde opgerig. In die twintigerjare het Los Angeles se olievelde sowat 'n kwart van die wêreldproduksie van ruolie opgelewer.

Ná die inlywing van aangrensende voorstede het Los Angeles se stadsgebied ook 'n aantal stede soos Wilmington (1909), San Pedro (1909), Hollywood (1910), Sawtelle (1922), Hyde Park (1923), Eagle Rock (1923), Venice (1925), Watts (1926), Barnes City (1927) en Tujunga (1932) ingesluit. Santa Monica en Beverly Hills, wat in ekonomiese en kulturele opsig as dele van Los Angeles beskou word, het nogtans tot vandag toe hulle onafhanklike status bewaar.

[wysig] Ekonomiese groeipunt

Los Angeles: Hollywood Freeway
Vergroot
Los Angeles: Hollywood Freeway

Vanaf 1910 het die rolprentbedryf 'n sterk groei beleef, en in 1932 was Los Angeles die gasheerstad van die Olimpiese Somerspele. Die grootskaalse ekonomiese groei het met die Tweede Wêreldoorlog begin, toe die lug- en ruimtevaartnywerhede hulle in die stad gevestig en 'n groot aantal migrante gelok het. Teen hierdie tydperk het ook die klein voorstadhuis met swembad en dubbelmotorhuis 'n simbool van Los Angels geword, en die stad het in die rigting van die San Fernandovallei begin uitbrei.

Die stadshorison is in 1960 met die oprigting van die eerste wolkekrabber, 'n kantoorgebou, vir die eerste keer sedert die bou van die raadsaal in 1928 duidelik verander. Maar die sestigerjare is ook gekenmerk deur etniese en sosiale spannings. In Augustus 1965 het 34 mense hulle lewens tydens onluste in onder meer die Swart woonbuurt Watts verloor.

In 1984 was Los Angeles vir die tweede keer die gasheerstad van die Olimpiese Somerspele, wat deur die boikotaksie van die Oosbloklande oorskadu is.

Nadat in April 1992 vier blanke polisiemanne vrygespreek is op aanklag dat hulle 'n Swart burger, Rodney King, mishandel het, het onluste in Los Angeles uitgebreek, wat by die die ergste in die geskiedenis van die Verenigde State gereken word.

Sedert die negentigerjare is Los Angeles deur 'n aantal natuurrampe soos bosbrande en oorstromings getref. 57 mense het as gevolg van die Northridge-aardbewing gesterf, wat die stad op 17 Januarie 1994 geskud het, en duisende geboue is beskadig of verniel.

Die einde van die Koue Oorlog het in dié dekade 'n nadelige uitwerking op die plaaslike lug- en ruimtevaartnywerhede, wat onder meer op militêre uitrusting gespesialiseer was.

[wysig] Bevolkingsgroei

Los Angeles, wat in 1900 slegs 100 000 inwoners gehad het, het tydens die 20ste eeu 'n ware bevolkingsontploffing beleef, sonder dat daar enige stadsbeplanning plaasgevind het. Die vinnige bevolkingsgroei duur nog steeds voort, en sowat 'n derde van die inwoners is in die buiteland gebore. 'n Groot rol by die bevolkingsgroei speel immigrante uit Latyns-Amerika, veral Meksiko, en Asië.

Die inwoners van Los Angeles kom uit 140 lande en praat 224 tale. Sowat die helfte van die bevolking of twee miljoen mense is immigrante uit Latyns-Amerika (Latinos), en daar word beraam dat Spaans weens die hoër geboortesyfers en groot aantal immigrante Engels as belangrikste huistaal sal oorvleuel.

'n Ander etniese groep, wat hoë groeisyfers toon, is Asiate en immigrante van eilande in die Stille Oseaan. Hulle verteenwoordig net soos Swartes sowat tien persent van die totale bevolking. Die grootste groepe is Japannese, Sjinese, Koreane, Viëtnamese, Thais, Filipinos en Iraners. Indiane speel 'n kleiner rol met sowat 100 000 mense. Sowat dertig persent van die inwoners is Blankes (sonder Latinos).

[wysig] Ekonomie

Lugbesoedeling in Los Angeles. Links op die voorgrond die Griffith-sterrewag
Vergroot
Lugbesoedeling in Los Angeles. Links op die voorgrond die Griffith-sterrewag

Los Angeles is een van die belangrikste nywerheids-, handel-, vervoer- en finansiële sentrums van die Verenigde State. Sy vernaamste nywerhede is chemie, elektroniese uitrusting, tekstiele, voedselverwerking, metaalverwerking, die boubedryf en die uitgewersbedryf. Maar die stad staan veral bekend as die wêreld se grootste sentrum van die lug- en ruimtevaartnywerhede, die rolprent-, televisie-, radio- en musiekbedryf. Daarnaas is ook die toerisme 'n belangrike bron van inkomste.

'n Groot aantal ondernemings, banke en navorsingsinstellings het hulle hoofkwartiere in Los Angeles, waaronder bekende maatskappye van die vermaaklikheidsbedryf soos 20th Century Fox, DreamWorks SKG, Paramount Pictures, The Walt Disney Company en Warner Bros., die Academy of Motion Picture Arts and Sciences (bekend deur sy jaarlikse Oscar-toekennings), die speelgoedvervaardiger Mattel, vervaardigers van rekenaarspele soos Activision en THQ, die lug- en ruimtevaartonderneming Northrop Grumman, die ruimtevaart-konsortium Sea Launch, die olie- en gasverskaffer Unocal, die RAND Corporation ('n navorsingsinstelling vir die VSA se Weermag), die ICANN (wat name en adresse op die internet beheer), die hotelgroep Hilton en die uitgewery Tokyopop.

Die hoë vlakke van lugbesoedeling in die stad is een van sy sorgwekkendste vraagstukke, aangesien die plaaslike nywerhede en motorvervoer hoë konsentrasies van osoon, stikstofoksied en koolwaterstof veroorsaak. Die lugsirkulasie in die gebied word deur die bergreekse, wat die stad omring, duidelik beperk, en die seewind bereik net die bekken van Los Angeles, sodat dit nouliks 'n skoonmaak-effek kan uitoefen nie. Die gebrek aan 'n effektiewe openbare vervoerstelsel bly een van die hoofprobleme by die bestryding van lugbesoedeling.

Our "Network":

Project Gutenberg
https://gutenberg.classicistranieri.com

Encyclopaedia Britannica 1911
https://encyclopaediabritannica.classicistranieri.com

Librivox Audiobooks
https://librivox.classicistranieri.com

Linux Distributions
https://old.classicistranieri.com

Magnatune (MP3 Music)
https://magnatune.classicistranieri.com

Static Wikipedia (June 2008)
https://wikipedia.classicistranieri.com

Static Wikipedia (March 2008)
https://wikipedia2007.classicistranieri.com/mar2008/

Static Wikipedia (2007)
https://wikipedia2007.classicistranieri.com

Static Wikipedia (2006)
https://wikipedia2006.classicistranieri.com

Liber Liber
https://liberliber.classicistranieri.com

ZIM Files for Kiwix
https://zim.classicistranieri.com


Other Websites:

Bach - Goldberg Variations
https://www.goldbergvariations.org

Lazarillo de Tormes
https://www.lazarillodetormes.org

Madame Bovary
https://www.madamebovary.org

Il Fu Mattia Pascal
https://www.mattiapascal.it

The Voice in the Desert
https://www.thevoiceinthedesert.org

Confessione d'un amore fascista
https://www.amorefascista.it

Malinverno
https://www.malinverno.org

Debito formativo
https://www.debitoformativo.it

Adina Spire
https://www.adinaspire.com