Ebooks, Audobooks and Classical Music from Liber Liber
a b c d e f g h i j k l m n o p q r s t u v w x y z





Web - Amazon

We provide Linux to the World


We support WINRAR [What is this] - [Download .exe file(s) for Windows]

CLASSICISTRANIERI HOME PAGE - YOUTUBE CHANNEL
SITEMAP
Audiobooks by Valerio Di Stefano: Single Download - Complete Download [TAR] [WIM] [ZIP] [RAR] - Alphabetical Download  [TAR] [WIM] [ZIP] [RAR] - Download Instructions

Make a donation: IBAN: IT36M0708677020000000008016 - BIC/SWIFT:  ICRAITRRU60 - VALERIO DI STEFANO or
Privacy Policy Cookie Policy Terms and Conditions
Regstellende aksie - Wikipedia

Regstellende aksie

vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.

Die term regstellende aksie verwys na positiewe stappe wat onderneem word om die verteenwoordiging van vroue en minderheidsgroepe in die beroepswêreld, onderwys en sakewêreld, waar hulle histories uitgesluit of benadeel is, te verhoog. Daar word veronderstel dat daar in die maatskappy, op die vrye mark, in die media of elders 'n wanbalans ontstaan het, wat net deur 'n aktiewe beleid reggestel kan word.

Indien daardie stappe 'n voorkeurbehandeling op die grondslag van ras, etnisiteit, geslag, godsdiens of seksuele oriëntasie behels, bly regstellende aksie in lande waar dit in enige vorm toegepas is of nog steeds word - soos byvoorbeeld die Verenigde State, Frankryk, Duitsland en Suid-Afrika - 'n hoogs omstrede kwessie.

Inhoud

[wysig] Regstellende aksie in verskillende lande

  • In die Verenigde State is regstellende aksie toegepas om die verteenwoordiging van etniese minderhede te verhoog. Deelstate soos Kalifornië het ook stappe onderneem om die diskriminasie ten opsigte van seksuele oriëntasie deur regstellende aksie teen te werk.
  • In Duitsland het politieke partye soos die Groen Party en die Sosiaal-Demokratiese Party besluit om kwotas vir vroue in te voer sodat 'n bepaalde persentasie van funksies binne die partye deur vroue waargenem kan word. Daar is ook pogings in 'n aantal skole onderneem om meisies in die onderwys van wiskunde en natuurwetenskaplike vakke deur middel van "segregasie" te bevorder, aangesien hulle in klasse, waar hulle saam met seuns onderwys word, slegter resultate behaal.
  • In Suid-Afrika word regstellende aksie sedert 1994 deur die ANC-regering toegepas, met die doel om die ekonomiese agterstand van nie-blanke groepe, wat ontstaan het as gevolg van die apartheidsbeleid van die Nasionale Party regering, uit te wis.
  • In Frankryk bepaal die Wet van 10 Julie 1987 oor die indiensneming van gestremdes dat ondernemings met twintig of meer werknemers ses persent van hulle werkgeleenthede aan gestremde werknemers moet aanbied. Frankryk het ook 'n verpligte kwota vir Franstalige musiek, wat deur radiostasies gespeel moet word om sodoende die verengelsing van die plaaslike musiekbedryf teen te werk.

[wysig] Die politieke en sosio-ekonomiese agtergrond in Suid-Afrika

In die ou bestel van Suid-Afrika is slegs ongeveer 20 persent van die totale begroting vir onderwys aan die sogenoemde Bantoe-onderwys gespandeer, terwyl hierdie groep ongeveer 80 persent van die bevolking uitgemaak het. Dit was seker die grondoorsaak van die opstand van Soweto in 1976. Die feit dat die toenmalige regering, in plaas daarvan om die toestand te verbeter, slegs belangstelling getoon het vir sy taalpolitiek, en steeds geëis dat die helfte van die lesse in Afrikaans aangebied moet word (sodat klasse in beide amptelike tale, Engels en Afrikaans, beskikbaar sou wees), was dit die druppel wat die emmer laat oorloop het.

Hoewel die eis van die studente in eerste instansie miskien beter onderwys was, het die ANC besluit die slagspreuk Liberation before education te propageer en die studente op te roep van daardie stadium af alle onderwys so goed as moontlik te dwarsboom. Die skole het daarmee die vernaamste strydperk van die verset teen apartheid geword.

Hoewel die ideologie van hierdie politieke beslissing nouliks betwyfel kan word, het dit tot gevolg gehad dat opleidingsvlakke in 1994 treuriger as ooit gestel was. Daar het dus 'n 'verlore generasie' opgegroei wat vrywel niks geleer het nie, en waaronder die kriminaliteit nie van die lug was (en is) nie. Verder het die mag van die skole in hande geval van enkele studenteleiers wat niks vir die skole gevoel het nie, en nie hierdie mag so maklik wil opgee nie. Hulle bly steeds stakingstegnieke gebruik en toyi-toy's, byvoorbeeld aan die Universiteit van Fort Hare tot 1999. Studente wat nie wou meedoen nie is geïntimideer.

[wysig] Die beleid

Die regstellendeaksiepolitiek van die ANC-regering poog om mense vanuit voorheen benadeelde gemeenskappe op te hef. Die doel word bereik deur wat genoem word "regverdige diskriminasie", deur die instelling van indiensnemingskwota's, voorkeurhandel met "swart" besighede en die heffing van boetes.

Dit hou onder andere in dat wanneer daar 'n vakature is, waarvoor twee kandidate aansoek doen, die ene blank en goed opgelei en die ander swart en sonder die benodigde vaardighede, die swarte die aanstelling moet kry, indien hy na verwagting kan leer om die pos te behartig. Veral jong blankes, wat vir die eerste keer tot die arbeidsmark toetree, ondervind groot probleme. Die negatiewe uitwerkings van regstellende aksie op hulle beroepskanse van goed opgeleide (blanke) Suid-Afrikaners dra onder meer by tot die trek na die buiteland.

Verder is daar 'n wet wat stel dat alle beleidsfunksies van organisasies groter as 50 werknemers 'n spieëlbeeld moet wees van die etniese saamstelling van die land. Dit wil sê dat so 'n driekwart van die bestuurslede swartes moet wees. In Suid-Afrika is dit vanweë die historiese ontwikkeling besonder moeilik om kundige, etnies aanvaarbare bedryfsleiers te vind. Die weinige wat daar is kom ooral reg, selfs in hoë politieke bane. Groter ondernemings omseil soms die probleem deur domweg iemand aan te stel met 'n pragtig salaris en 'n goedklinkende titel onder uitdruklike voorbehoud dat daardie persoon hom met niks mee mag bemoei nie. Vir kleiner ondernemings is so 'n "oplossing" meestal eenvoudig te duur. Die gevolg is seker vir kleiner familieondernemings dat hulle hul deure sluit en in byvoorbeeld Australië opnuut begin. Die personeel van hierdie soort ondernemings trek geen voordeel uit hierdie soort regstellende beleid nie en daar is gevalle waar die personeel en hulle vakbond (lees: ANC) die blanke eienaar maar oogluikend toestaan om die wet gewoon te ignoreer.

Daar moet by dit alles wel duidelik gestel word dat regstellende aksie veral nie verward moet word nie met rassediskriminasie. Die Suid-Afrikaanse grondwet is hier baie helder in. Iedere vorm van rassediskriminasie is in Suid-Afrika streng verbode, stel die ene artikel. Die ander artikel stel ewe duidelik dat regstellende aksie nie onder diskriminasie val nie. Tog het by die instelling van die politiek selfs Nelson Mandela sy besware gehad. Hy is daar op tydelike basis mee akkoord gegaan, maar hy het duidelik gesê dat volgens hom geen enkel beskaafde land oor die lang termyn hierdie soort wette kan handhaaf nie. Hy het hier wel grotedeels alleen in sy party gestaan.

Die wrange van die huidige regstellendeaksiebeleid in Suid-Afrika is dat dit weliswaar bedoel is om die swart bevolking aan 'n hoognodige beter toekoms te help, maar dat deur die ekonomiese en demografiese gevolge van die beleid die omgekeerde eerder waarskynlik is. In die jare sedert die eerste demokratiese verkiesing het die ekonomie nouliks gegroei, seker nie voldoende om die bevolkingsgroei by te hou nie. Verder leer die geskiedenis van die buurland Zimbabwe waar hierdie beleid toe kan lei. Daar het sowat 90 persent van die blankes, wat daar ooit gewoon het, 'n heenkome in die buiteland gevind. Onder die swart bevolking is daar nou honger. Die landbou het juis tradisioneel borg gestaan dat Suider-Afrika voorsiening kon maak vir die droogtes, wat hier gereeld voorkom.

[wysig] Kritiek op regstellende aksie

In weerwil van die regering se stellings dat regstellende aksie as beleid nie rassediskriminasie is nie, is daar baie Suid-Afrikaners wat die mening huldig dat die uiteindelike gevolg van die beleid neerkom op diskriminasie wat gebaseer is op velkleur. Daar word uitgewys dat baie mense, wat voordeel trek uit die beleid, immigrante uit ander dele van Afrika na 1994 is, wat nie deur die apartheidsbeleid geraak was nie en dus die vermoede versterk dat die beleid bloot omgekeerde rassediskriminasie is, deurdat dit bloot op velkleur gebaseer is. Die gebrek aan duidelike doelwitte en 'n tydskaal vir die ingryping versterk ook die vermoede onder blanke Suid-Afrikaners dat regstellende aksie 'n permanente instelling in Suid-Afrika gaan word en dus nie bloot as 'n tydelike ingryping gesien kan word nie om die ongeregtighede van die verlede reg te stel nie.

Verder wys baie opposisiepartye, insluitende die DA, in Suid-Afrika daarop dat die uiteindelike gevolge van regstellende aksies in Suid-Afrika tans slegs lei tot die verryking van 'n nuwe klein elite groepie en dat die meerderheid groepe bitter min voordeel daaruit trek, terwyl die gehalte van dienslewering aan almal verlaag weens 'n tekort aan vaardighede.

Our "Network":

Project Gutenberg
https://gutenberg.classicistranieri.com

Encyclopaedia Britannica 1911
https://encyclopaediabritannica.classicistranieri.com

Librivox Audiobooks
https://librivox.classicistranieri.com

Linux Distributions
https://old.classicistranieri.com

Magnatune (MP3 Music)
https://magnatune.classicistranieri.com

Static Wikipedia (June 2008)
https://wikipedia.classicistranieri.com

Static Wikipedia (March 2008)
https://wikipedia2007.classicistranieri.com/mar2008/

Static Wikipedia (2007)
https://wikipedia2007.classicistranieri.com

Static Wikipedia (2006)
https://wikipedia2006.classicistranieri.com

Liber Liber
https://liberliber.classicistranieri.com

ZIM Files for Kiwix
https://zim.classicistranieri.com


Other Websites:

Bach - Goldberg Variations
https://www.goldbergvariations.org

Lazarillo de Tormes
https://www.lazarillodetormes.org

Madame Bovary
https://www.madamebovary.org

Il Fu Mattia Pascal
https://www.mattiapascal.it

The Voice in the Desert
https://www.thevoiceinthedesert.org

Confessione d'un amore fascista
https://www.amorefascista.it

Malinverno
https://www.malinverno.org

Debito formativo
https://www.debitoformativo.it

Adina Spire
https://www.adinaspire.com