Ebooks, Audobooks and Classical Music from Liber Liber
a b c d e f g h i j k l m n o p q r s t u v w x y z





Web - Amazon

We provide Linux to the World


We support WINRAR [What is this] - [Download .exe file(s) for Windows]

CLASSICISTRANIERI HOME PAGE - YOUTUBE CHANNEL
SITEMAP
Audiobooks by Valerio Di Stefano: Single Download - Complete Download [TAR] [WIM] [ZIP] [RAR] - Alphabetical Download  [TAR] [WIM] [ZIP] [RAR] - Download Instructions

Make a donation: IBAN: IT36M0708677020000000008016 - BIC/SWIFT:  ICRAITRRU60 - VALERIO DI STEFANO or
Privacy Policy Cookie Policy Terms and Conditions
Argeologie - Wikipedia

Argeologie

vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.

Argeologie of Oudheidkunde is die studie van menslike kulture deur die herwinning, dokumentering en analise van materiële oorblyfsels, insluitende argitektuur, kunsprodukte, oorblyfsels van lewende organismes inluitend menslike oorblyfselse en die studie van die landskap waarin die mense gewoon het. Die doel van argeologie is om lig te werp op die langtermyn voorgeskiedenis, geskiedenis, gedragspatrone en kulturele ewolusie van die mens. Dit is die enigste vakgebied wat die metodiek beskryf vir die versameling en interpretasie van inligting oor die voorgeskiedenis van die mens en kan ook 'n belangrike bydrae lewer tot ons verstaan van opgetekende gemeenskappe. Ander vertakkinge van antropologie vul die bevindings van argeologie aan, veral kulturele antropologie (wat die gedragspatrone, simboliek en materiële aspekte van 'n kultuur bestudeer) en fisiese antropologie (wat die studie van die menslike ewolusie en beenkunde behels). Ander vakrigtings vul argeologie ook aan, soos onder andere paleontologie (die studie van oerlewe) wat die studie van oerdiere (oerdierkunde) en oerplante (oerplantkunde) insluit, verder ook aardrykskunde, geologie, geskiedenis en kunsgeskiedenis.

Argeologie is 'n benadering tot die verstaan van verlore kulture en die onopvallende aspekte van die mens se geskiedenis, sonder 'n afsnydatum: in Engeland het argeoloë die uitleg van lank verlore middel-eeuse nedersettings blootgelê wat ontruim is na die krisisse van die 14de eeu. In New York Stad het argeoloë die 18de eeuse oorblyfsels gevind van die Swart begraafplaas daar.

Inhoud

[wysig] Belangrikheid en toepaslikheid

Die grootste deel van die mens se geskiedenis is nie vervat in geskrifte nie. Die skryfkuns het tot ongeveer 5000 jaar gelede nêrens bestaan nie en het slegs na 'n betreklik klein aantal tegnologies gevorderde beskawing versprei. Hierdie beskawings is dan, nie toevallig, die mees bekendes; hulle was toeganklik tot studie deur geskiedkundiges vir baie eeue, terwyl argeologie slegs onlangs ontstaan het. Selfs in beskawings wat geletterd was op sekere vlakke, is baie belangrike gebruike van dié mense nooit amptelik opgeteken nie. Enige kennis van die vroeë vormingsjare van die menslike beskawing – die ontwikkeling van landbou, kultusgebruike van volksgelowe, die ontstaan van die eerstne stede – moet vanaf argeologie kom.

Selfs waar geskrewe rekords bestaan, is hulle meestal onvolledig of tot 'n mate bevooroordeeld. In baie gemeenskappe was geletterdheid beperk tot die elite klasse, soos die geestelikes of die burokrate van die hof of tempel. Die geletterdheid van selfs 'n aristokrasie is dikwels beperk tot aktes en kontrakte. Die belangstelling en wêreldbeskouing van die elite is dikwels baie anders as die lewens en belangstellings van die gewone mense. Enige geskrifte wat geskep is deur mense wat die algemene bevolking nader verteenwoordig het, sou waarskynlik ook nie hul weg na die biblioteke gevind het waar hulle beskerm was nie. Geskrewe rekords neig dus om die vooroordele van die geletterde klasse te weerspieël en kan nie vertrou word as die enigste brond van kennis nie. Die materiële rekord is 'n beter benadering van 'n gemeenskap al is dit onderhewig aan sy eie onakkuraathede, soos onewe monsterneming en onewe bewaring.

[wysig] Veldmetodes

[wysig] Opname

'n Moderne argeologiese projek begin dikwels eers met 'n argeologiese opname. 'n Streeksopname is die poging om enige voorheen onbekende liggings van argeologiese belang in 'n streek te identifiseer. 'n Liggingsopname is 'n poging om sistematies die uitstaande kenmerke van belang, soos huise en hutte, te vind. Die metodes hier in gebruik stem baie ooreen.

[wysig] Uitgrawing

Argeologiese uitgrawings het bestaan toe die studieveld nog steeds in die bestek van amateurs geval het en bly tog steeds die bron van die oorgrote meerderheid van inligting wat ingewin is in die meeste projekte. Moderne uitgrawingstegnieke vereis dat die presiese ligging van voorwerpe en kenmerke opgeteken word. Dit behels altyd die bepaling van hul horisotnale liggings maar soms ook die vertikale posisies. Soortgelyk moet hulle assosiasie of verwantskap tot ander voorwerpe in die nabyheid vir latere analise opgeteken word. Dit laat argeoloë toe om afleidings te maak aangaande watter voorwerpe en kenmerke met mekaar verband hou en in watter verskillende stadiums van die aktiwiteite dit gebruik kon wees. As 'n terrein bewoon was deur opeenvolgende onderskeibare kulture dan sal die meer onlangse kulture se voorwerpe bo die van die meer antieke kulture lê.

Uitgrawing is die duurste fase van argeologiese navorsing. Dit is ook 'n vernietigende proses en daarom bestaan daar etiese oorwegings ook. Daarom word min terreine geheel en al uitgegrawe. Monsterneming is selfs belangriker tydens uitgrawings as in die opname fase. Dit is algemeen dat groot meganiese grondverskuiwingstoerusting gebruik word tydens uitgrawings, veral om bogrond te verwyder al word die metode met meer omsigtigheid gebruik. Hierna word die blootgestelde area gewoonlik met skoffelpikke en troffels skoongemaak.

Die volgende taak is om 'n terreinplan te teken wat dan as hulpmiddel gebruik word om oor die verdere uitgrawingsmetodes te besluit. Gekleurde as ook wit-en-swart fotos word geneem saam met gedetaïlleerde planne van seksies en indiwiduele eienskappe van die terrein. Die inligting kan dan bewaar word vir latere beskrywing en interpretasie van die terrein.

[wysig] Na-uitgrawingsanalise

Wanneer voorwerpe en strukture opgegrawe of bymekaargemaak word deur oppervlak opnames, is dit nodig om hulle deeglik te bestudeer om so veel moontlik inligting daaroor in te samel. Hierdie is gewoonlik die mees tydrowende deel van 'n argeologiese ondersoek. Dit is nie vreemd dat finale uitgrawingsverslae jare neem om gepubliseer te word nie.

Die mees basiese aktiwiteit behels die skoonmaak van voorwerpe, katologieer daarvan en vergelyking met ander gepubliseerde versamelings met die oog daarop om dit tipologies te klassifiseer en terreine met soortgelyke samestellings van voorwerpe te identifiseer. 'n Meer omvattende reeks analitiese tegnieke is egter beskikbaar in die vorm van argeologiese wetenskap, wat beteken dat voorwerpe gedateer en hul samestellings bepaal kan word. Die bene, plante en stuifmeel wat op 'n terrein gevind word kan geanaliseer word (deur gebruik te maak van die tegnieke van (dierkundige argeologie, paleontologie en palinologie (stuifmeelkunde)), terwyl die geskrifte gewoonlik ook ontsyfer kan word.

Hierdie tegnieke verskaf dikwels inligting wat andersins nie bekend sou wees nie en daarom grootliks bydra tot die verstaan van 'n argeologiese terrein.

[wysig] Geskiedenis van argeologie

Die geskiedenis van argeologie is een waar daar toenemende proffesionalisering en die toenemende groei in die omvang van tegnieke in gebruik om soveel moontlik inligting oor 'n terrein te versamel.

Uitgrawings van antieke monumente en die versameling van oudhede het vir duisende jare plaasgevind maar was hoofsaaklik gerig op die herwinning van voorwerpe met 'n esteties of monetêre waarde.

Dit is eers in die 19de eeu wat die sistematiese studie van die verlede deur die fisiese oorblyfsels plaasgevind het. Argeologiese metodes is ontwikkel deur beide amateurs en beroepslui onder andere Augustus Pitt Rivers en William Flinders Petrie.

Hierdie proses is voortgesit in die 20ste eeu deur mense soos Mortimer Wheeler, wie se hoogs gedissiplineerde benadering tot uitgrawings 'n groot verbetering in die kwaliteit van die bewyse wat verkry kon word, teweeg gebring het.

[wysig] Plundery

Die plundery van argeologiese terreine deur mense op soek na skatte is 'n oer-oue probleem. Baie van die grafkelders van die Egiptiese faraos is al in die antieke tye geplunder. Die aanvang van argeologie het belangstellenig deur wetenskaplikes en die algemene publiek in die antieke terreine baie laat groei, maar ook onwelkome aandag gelok. 'n Lewendige kommersiële vraag na oudhede bevorder plundery en die onwettige handel in oudhede, waar voorwerpe uit 'n land gesmokkel word vir private versamelaars. Plunderaars beskadig nie net die integriteit van 'n geskiedkundige terrein nie maar beroof ook die plaaslike bevolking van hul erfenis en hulle ontneem ook argeoloë van die geleentheid om waardevolle inligting te bekom oor die uitgrawing.

[wysig] Verwante onderwerpe

  • Lys van beroemde argeologiese ontdekkings
  • Lys van beroemde argeologiese terreine
  • Lys van argeologiese terreine
  • Lys van argeoloë
  • Verlore geskiedenis

[wysig] Eksterne skakels

[wysig] Verdere leeswerk

  • Ashmore, W. and Sharer, R. J., Discovering Our Past: A Brief Introduction to Archaeology Mountain View: Mayfield Publishing Company. ISBN 076741196X. Het ook as bron vir hierdie artikel gedien.
  • Neumann, Thomas W. and Robert M. Sanford, Practicing Archaeology: A Training Manual for Cultural Resources Archaeology Rowman and Littlefield Pub Inc, Augustus, 2001, hardeband, 450 bladsye, ISBN 0759100942
  • Sanford, Robert M. and Thomas W. Neumann, Cultural Resources Archaeology: An Introduction, Rowman and Littlefield Pub Inc, Desember, 2001, sagteband, 256 bladsye, ISBN 0759100950
  • Trigger, Bruce. 1990. "A History of Archaeological Thought". Cambridge: Cambridge University Press. ISBN 0521338182
Our "Network":

Project Gutenberg
https://gutenberg.classicistranieri.com

Encyclopaedia Britannica 1911
https://encyclopaediabritannica.classicistranieri.com

Librivox Audiobooks
https://librivox.classicistranieri.com

Linux Distributions
https://old.classicistranieri.com

Magnatune (MP3 Music)
https://magnatune.classicistranieri.com

Static Wikipedia (June 2008)
https://wikipedia.classicistranieri.com

Static Wikipedia (March 2008)
https://wikipedia2007.classicistranieri.com/mar2008/

Static Wikipedia (2007)
https://wikipedia2007.classicistranieri.com

Static Wikipedia (2006)
https://wikipedia2006.classicistranieri.com

Liber Liber
https://liberliber.classicistranieri.com

ZIM Files for Kiwix
https://zim.classicistranieri.com


Other Websites:

Bach - Goldberg Variations
https://www.goldbergvariations.org

Lazarillo de Tormes
https://www.lazarillodetormes.org

Madame Bovary
https://www.madamebovary.org

Il Fu Mattia Pascal
https://www.mattiapascal.it

The Voice in the Desert
https://www.thevoiceinthedesert.org

Confessione d'un amore fascista
https://www.amorefascista.it

Malinverno
https://www.malinverno.org

Debito formativo
https://www.debitoformativo.it

Adina Spire
https://www.adinaspire.com