Ebooks, Audobooks and Classical Music from Liber Liber
a b c d e f g h i j k l m n o p q r s t u v w x y z





Web - Amazon

We provide Linux to the World


We support WINRAR [What is this] - [Download .exe file(s) for Windows]

CLASSICISTRANIERI HOME PAGE - YOUTUBE CHANNEL
SITEMAP
Audiobooks by Valerio Di Stefano: Single Download - Complete Download [TAR] [WIM] [ZIP] [RAR] - Alphabetical Download  [TAR] [WIM] [ZIP] [RAR] - Download Instructions

Make a donation: IBAN: IT36M0708677020000000008016 - BIC/SWIFT:  ICRAITRRU60 - VALERIO DI STEFANO or
Privacy Policy Cookie Policy Terms and Conditions
Ekonomie van Frankryk - Wikipedia

Ekonomie van Frankryk

vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.

Ekonomie van Frankryk
Geldeenheid 1 Euro = 100 eurocent
Fiskale jaar Kalenderjaar
Handelsorganisasies EU, WTO en OECD
Statistiese gegewens [1]
BBP rangorde 6de (2005) [2]
BBP $1 737 biljoen (2004)
Groei van BBP 2,3% (2004)
BBP per capita $27 600 (2004)
BBP volgens sektore landbou (2,7%), nywerheid (24,4%), dienste (72,9%) (2004)
Inflasiekoers 1,2% (November 2004)
Bevolking onder die broodlyn 7,0% (2005)
Mannekrag 27,72 miljoen (2005)
Mannekrag volgens sektore dienste (71,5%), nywerheid (24,4%), landbou (4,1%) (1999)
Werkloosheid 9,7% (November 2005)
Hoofnywerhede masjienbou, chemie, motors, metaalverwerking, vliegtuie, elektroniese toerusting; tekstiele, voedselverwerking; toerisme
Handelsvennote

[3]

Uitvoere $346,5 biljoen (2004)
Handelsvennote Duitsland 14,9%, Spanje 9,6%, Verenigde Koninkryk 9,4%, Italië 9.3%, België 7,2%, Verenigde State 6,8% (2003)
Invoere $339,9 biljoen (2003)
Handelsvennote Duitsland 19,1%, België 9,4%, Italië 9%, Spanje 7,4%, Nederland 7%, Verenigde Koninkryk 7%, Verenigde State 5,4% (2003)
Publieke finansies [4]
Publieke skuldlas $1 138,4 biljoen (2005, 66,8% van BBP) [5]
Staatsinkomste $882,8 biljoen (2004)
Staatsuitgawes $955,4 biljoen (2004)
Ontwikkelingshulp $5,4 biljoen (2002)

Met 'n bruto binnelandse produk (BBP) van 1,737 triljoen Euro in 2005 is Frankryk die vyfde grootste ekonomie ter wêreld (in VSA-dollar) en die sewende grootste volgens koopkragpariteit. Dit is ook die derde grootste ekonomie na Duitsland en die Verenigde Koninkryk in Europa.

La Défense, Parys
Vergroot
La Défense, Parys

Frankryk se inkomsteverdeling (gemeet deur die Gini-koëffisiënt) is minder ongelyk as dié van ander ekonomieë. Ook die persentasie van mense onder die broodlyn bly met ses persent een van die laagste in die groot nywerheidslande en vergelyk baie gunstig met dié van die Verenigde Koninkryk (18 persent) en die Verenigde State (15 persent).

Frankryk bly vir 'n lang tydperk die vierde grootste ekonomie ter wêreld, en sy rangorde na die Verenigde Koninkryk reflekteer natuurlik eerder die ontwikkeling van die wisselkoerse tussen die dollar, die euro en die pond sterling as 'n werklike ekonomiese ontwikkeling, waarby die andersins agterlike Britse ekonomie by Frankryk sou verbygesteek het.

Frankryk beskik oor 'n aansienlike landbousektor, 'n magtige nywerheidsbasis en 'n hoogs opgeleide mannekrag. Die dienstesektor beloop 72 persent van alle aktiwiteit en skep danksy die bestendige groei die meeste nuwe werksgeleenthede. Frankryk se BBP groei met 'n gemiddelde 2 persent in die tydperk tussen 1994 en 1998, met 'n rekord van 3 persent in die jaar 2000. Met die afswaai in die wêreldekonomie skep 'n lae groeikoers van die BBP, toenemende werkloosheid en 'n negatiewe handelsbalans 'n probleem vir die Franse ekonomie.

[wysig] Ekonomiese ontwikkeling sedert die Tweede Wêreldoorlog

Kenmerkend vir die Franse ekonomie is die vinnige groei van die nywerheidsektor vanaf die laat veertigerjare en die snelle verstedeliking van die bevolking. Die Franse staat oefen tradisioneel 'n groot invloed op die ekonomiese ontwikkeling uit en beheer die industriële met behulp van ekonomiese en strategiese planne. Hierdie beleid, wat in Frans dirigisme genoem word, is kenmerkend van die konserwatiewe regerings van die na-oorlogse Frankryk en behels ook die staatsbeheer oor 'n aantal sleutelnywerhede soos vervoer, energie en die infrastruktuur van die telekommunikasiebedryf. Daarnaas word ook privaatondernemings aangemoedig om in staatlike projekte en sleutelnywerhede te belê of met hulle saam te smelt.

Die hawe van Le Havre
Vergroot
Die hawe van Le Havre

Tydens die eerste na-oorlogse beplanningsperiode van die jare 1947 tot 1953 word die nywerheidsproduksie met sowat 70 persent uitgebrei, terwyl die landbou met 21 persent en die lewenstandaard van die bevolking met 30 persent groei.

Die tweede beplanningsperiode van die jare 1954-1957 maak voorsiening vir die snelle groei van veral die chemiese en elektriese nywerhede.

Die derde beplanningsperiode (1958-1961) lê die klemtoon op die uitvoergerigte nywerhede, waarby veral die motor-, vliegtuig- en elektriese nywerhede 'n stewige groei ervaar. Tydens hierdie periode word groot gasbronne naby Lacq ontdek.

Die tradisionele historiese nywerhede van Frankryk baseer veral op die vervaardiging van luukse verbruikersware soos reukwater, kosmetika, skoonheidspreparate, glas, porselein en tekstiele; hulle speel nog steeds 'n belangrike rol in die Franse ekonomiese en lewer 'n groot bydrae tot die uitvoere van die land.

Die meeste Franse ondernemings het hulle hoofkwartiere in Parys, wat met sy voorstede sowat 'n vyfde van die Franse bevolking huisves. Die toekomstige ekonomiese beplanning bevorder die ontwikkeling van die ander ekonomiese sentrums van die land soos Lyon, Marseille, Nantes, Toulouse, Straatsburg en Nancy.

Die grootste vraagstukke bly die ongelykmatige verspreiding van die ekonomiese welvaart, wat veral in die metropolitaanse gebied van Parys en in die grensgebiede met die Beneluxlande en Duitsland gekonsentreer is, en die verskaffing van behuising vir die groot aantal minderbevoorregtes (veral immigrante uit Afrika en Arabiese lande) in die stedelike gebiede.

[wysig] Groeikoers van die bruto geografiese produk 1998-2005 in persent

1998 1999 2000 2001 2002 2003 2004 2005
+3,6 +3,2 +4,3 +2,0 +1,3 +0,2 +2,1 +1,5

Ekonomie van Frankryk


Air France
CAC 40
Euro
Landbou
SNCF

Our "Network":

Project Gutenberg
https://gutenberg.classicistranieri.com

Encyclopaedia Britannica 1911
https://encyclopaediabritannica.classicistranieri.com

Librivox Audiobooks
https://librivox.classicistranieri.com

Linux Distributions
https://old.classicistranieri.com

Magnatune (MP3 Music)
https://magnatune.classicistranieri.com

Static Wikipedia (June 2008)
https://wikipedia.classicistranieri.com

Static Wikipedia (March 2008)
https://wikipedia2007.classicistranieri.com/mar2008/

Static Wikipedia (2007)
https://wikipedia2007.classicistranieri.com

Static Wikipedia (2006)
https://wikipedia2006.classicistranieri.com

Liber Liber
https://liberliber.classicistranieri.com

ZIM Files for Kiwix
https://zim.classicistranieri.com


Other Websites:

Bach - Goldberg Variations
https://www.goldbergvariations.org

Lazarillo de Tormes
https://www.lazarillodetormes.org

Madame Bovary
https://www.madamebovary.org

Il Fu Mattia Pascal
https://www.mattiapascal.it

The Voice in the Desert
https://www.thevoiceinthedesert.org

Confessione d'un amore fascista
https://www.amorefascista.it

Malinverno
https://www.malinverno.org

Debito formativo
https://www.debitoformativo.it

Adina Spire
https://www.adinaspire.com