Ebooks, Audobooks and Classical Music from Liber Liber
a b c d e f g h i j k l m n o p q r s t u v w x y z





Web - Amazon

We provide Linux to the World


We support WINRAR [What is this] - [Download .exe file(s) for Windows]

CLASSICISTRANIERI HOME PAGE - YOUTUBE CHANNEL
SITEMAP
Audiobooks by Valerio Di Stefano: Single Download - Complete Download [TAR] [WIM] [ZIP] [RAR] - Alphabetical Download  [TAR] [WIM] [ZIP] [RAR] - Download Instructions

Make a donation: IBAN: IT36M0708677020000000008016 - BIC/SWIFT:  ICRAITRRU60 - VALERIO DI STEFANO or
Privacy Policy Cookie Policy Terms and Conditions
Marseille - Wikipedia

Marseille

vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.

Marseille
Beeld:Marseille map.png
Land: Frankryk
Gewes (région): Provence-Alpes-Côte-d'Azur
Département: Bouches-du-Rhône
Koördinate: 05° 22' O, 43° 17' N
Oppervlakte: 240,62 km²
Bevolking: 808 700 (2005)
Bevolkingsdigtheid: 3 360,9 / km²
Hoogte: 0-640 m bo seespieël
Burgemeester: Jean-Claude Gaudin (2001-2008)

Marseille is die tweede grootste stad van Frankryk en sy belangrikste hawe aan die Middellandse See. Die stad is een van die oudstes in Europa en word as Massalia (Massilia) omtrent 600 v.C. deur Ionies-Phokeaanse setlaars uit Klein-Asië gestig. Die handelspos groei tot die belangrikste sentrum van die Griekse kultuur in die westelike Mediterreense gebied en die grootste mededinger van Karthago.

Die stad, wat in 1481 by Frankryk ingelyf word, dien in die 19de en 20ste eeu as die Franse poort na Noord-Afrika, Madagaskar en Indosjina.

[wysig] Geografie en klimaat

Marseille lê tussen 0 en 646 meter bo seevlak in 'n bergagtige omgewing. Die Croix de Garlaban is die hoogste bergspits met 710 meter. Marseille grens in die noord-weste aan die Chaîne de l'Estaque, 'n bergreeks van kalksteen, wat die soutmeer Étang de Berre van die see skei. Suid-wes van die soutmeer lê die lughawe Marignane, wat danksy sy sentrale ligging tot een van die belangrikste in Suid-Frankryk ontwikkel het.

Marseille het 'n Mediterreense klimaat met 'n gemiddelde temperatuur van 6 °C in Januarie en 24 °C in Julie. Die gemiddelde jaarlikse reënval is 650 millimeter. Die watertemperatuur van die Middellandse See wissel in die somer in die gemiddelde twintigs, maar het gedurende die hittegolf van Julie 2006 30 °C bereik.

[wysig] Geskiedenis

Marseille
Vergroot
Marseille

Gaius Julius Caesar verower die stad in die jaar 49 v.C. Na die einde van die Romeinse heerskappy word Marseille in 480 eers deur die Wes-Gote en 'n kort tyd later deur die Oos-Gote van Italië beset. In 543 word Marseille Frankies. Die stad verloor tydens die Germaanse verowerings sy posisie as belangrike handelshawe. Terwyl die seehandel in die 8de en 9de eeu weer begin groei, sny Moslem-invalle teen die middel van die 9de eeu die stad weer van sy handelsvennote in die Mediterreense gebied af, en groot dele van die stad word verwoes.

Marseille herwin sy rol as belangrike handelstad in die 11de eeu. As die grootste hawe van Provence dryf die stad handel met Barcelona (Katalonië, Oos-Spanje) en die Italiaanse stadstate. Die biskop en die ab van die plaaslike klooster Saint-Victor is in hierdie tyd die stadshere, terwyl die grawe van die Provence, wat 'n groot deel van hulle inkomste van Marseille kry, die ekonomiese ontwikkeling van die stad bevorder.

Marseille se handelsmag groei sterk met die begin van die Kruistogte. Sy handelsroetes dek nou ook die oostelike gedeelte van die Middellandse See, terwyl Marseille in die Kruisvaarderstate 'n aantal kolonies stig. Tydens die 13de eeu word die hawe aansienlik vergroot en versterk.

Onder die heerskappy van Karel van Anjou, graaf van Provence, kry Marseille in die jaar 1258 die stadstatus en selfregering. In 1481-1482 word Marseille saam met Provence by Frankryk ingelyf.

Die kasteel van If
Vergroot
Die kasteel van If
Turkoois seewater
Vergroot
Turkoois seewater

Vanaf die 19de eeu huisves Marseille in die skilderagtige noordelike stadswyk Estaque met sy asuurblou hemel, wit rotse en rustige sandstrande 'n kunstenaarskolonie wat groot name soos Renoir en Cézanne insluit.

'n Groot deel van die geskiedkundige stadskern word in 1943 deur Duitse troepe gesloop.

Na 1960 verander die vestiging van duisende Wes-Afrikane, Arabiere en Pieds Noirs, Franse setlaars wat met die onafhanklikheid van Algerië uit dié land verdryf is, die demografiese karakter van die stad. Een van die bekendste burgers van Arabiese afkoms is die voetbalspeler Zinedine Zidane ("Zizou").

Our "Network":

Project Gutenberg
https://gutenberg.classicistranieri.com

Encyclopaedia Britannica 1911
https://encyclopaediabritannica.classicistranieri.com

Librivox Audiobooks
https://librivox.classicistranieri.com

Linux Distributions
https://old.classicistranieri.com

Magnatune (MP3 Music)
https://magnatune.classicistranieri.com

Static Wikipedia (June 2008)
https://wikipedia.classicistranieri.com

Static Wikipedia (March 2008)
https://wikipedia2007.classicistranieri.com/mar2008/

Static Wikipedia (2007)
https://wikipedia2007.classicistranieri.com

Static Wikipedia (2006)
https://wikipedia2006.classicistranieri.com

Liber Liber
https://liberliber.classicistranieri.com

ZIM Files for Kiwix
https://zim.classicistranieri.com


Other Websites:

Bach - Goldberg Variations
https://www.goldbergvariations.org

Lazarillo de Tormes
https://www.lazarillodetormes.org

Madame Bovary
https://www.madamebovary.org

Il Fu Mattia Pascal
https://www.mattiapascal.it

The Voice in the Desert
https://www.thevoiceinthedesert.org

Confessione d'un amore fascista
https://www.amorefascista.it

Malinverno
https://www.malinverno.org

Debito formativo
https://www.debitoformativo.it

Adina Spire
https://www.adinaspire.com