Ebooks, Audobooks and Classical Music from Liber Liber
a b c d e f g h i j k l m n o p q r s t u v w x y z





Web - Amazon

We provide Linux to the World


We support WINRAR [What is this] - [Download .exe file(s) for Windows]

CLASSICISTRANIERI HOME PAGE - YOUTUBE CHANNEL
SITEMAP
Audiobooks by Valerio Di Stefano: Single Download - Complete Download [TAR] [WIM] [ZIP] [RAR] - Alphabetical Download  [TAR] [WIM] [ZIP] [RAR] - Download Instructions

Make a donation: IBAN: IT36M0708677020000000008016 - BIC/SWIFT:  ICRAITRRU60 - VALERIO DI STEFANO or
Privacy Policy Cookie Policy Terms and Conditions
Picardie - Wikipedia

Picardie

vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.

Beeld:PicFlag.gif Picardie

Beeld:Ligging van Picardie.png
Départements Aisne (02)
Oise (60)
Somme (80)
Prefektuur Amiens
Bevolking 1 869 000 inw.
(2003)
Bevolkingsdigtheid 96 inw./vk km
Oppervlakte 19 399 vk km
Arrondissemente 13
Kantons 129
Munisipaliteite 2 292
President van
Gewestelike Raad
Claude Gewerc

Die Picardie is een van die 25 régions (streke) wat ingevolge die nuwe desentraliseringsbeleid sedert 1986 in Frankryk afgebaken is. Die Noord-Franse région Picardie bestaan uit die drie départements Aisne, Oise en Somme met 'n oppervlakte van 19 399 km² en 1 869 000 inwoners (2003).

Inhoud

[wysig] Etimologie

Die etimologie van die naam Picardie kan nie na 'n geografiese of geskiedkundige oorsprong teruggevoer word nie. Dit word vir die eerste keer in 1248 gebruik en is afgelei van piocheur (letterlik "hakker"). Die Parysenaars verwys na alle boere, wat noord van die bosgebiede van Senlisis en Valois boer en gewoonlik houtwerkers is, as "hakkers", terwyl dit in Nord die benaming vir inwoners is wat nie Vlaams praat nie; Arras, Boulogne, Calais en Tournai staan gevolglik destyds as die "Picardiese stede" bekend, en studente uit hierdie streek word in Parys en Orléans die "Picardiese nasie" genoem.

[wysig] Geskiedenis

Die gebied word in die 5de eeu van die Saliese Franke verower en is tydens die heerskappy van koning Clovis 'n sentraal gedeelte van die Frankiese Ryk. Naby die dorp Crécy-en-Ponthieu (département Somme) vind op 26 Augustus 1346 een van die groot slagte van die Honderdjarige Oorlog tussen Engeland en Frankryk plaas wat met 'n groot Engelse oorwinning eindig.

In 1493 word die Picardie saam met Boergondië by Frankryk ingelyf.

Langs die bergweg Chemin des Dames sneuwel 1914 63 000 Franse en Duitse soldate in een van die bloedigste slagte van die Eerste Wêreldoorlog.

[wysig] Die Pikardiese taal

Die vermenging van die inheemse Gallo-Romaanse bevolking en Frankiese setlaars bring 'n vroeë streekvariant van die Franse taal voort, die Pikardiese dialek, wat vandag in die Picardie en die westelike deel van die Belgiese Wallonië gepraat word. Terwyl die Franstalige Gemeenskap van België Pikardies as 'n streektaal erken, geniet die taal in Frankryk nog geen besonder status nie, hoewel dit deur 'n aantal geleerdes as 'n selfstandige taal beskou word.

[wysig] Besienswaardighede

Die kasteel van Pierrefonds
Vergroot
Die kasteel van Pierrefonds
  • Die stad Naours lê sowat 33 m bogronds - dit is sedert die 3de eeu in die poreuse krytgesteente gehou en voortdurend vergroot. In sy labirint vind hele dorpsbevolkings skuiling, soos byvoorbeeld tydens die Normandiese aanvalle in die 9de eeu. Daar is sowat 300 kamers wat plek vir 3 000 mense en hul vee bied, asook 'n kapel en 'n bakkery. Tydens die Tweede Wêreldoorlog gebruik die Duitse Weermag die grotte as hoofkwartier vir hulle kommando's.
  • Die woud van Compiègne (département Oise) is op 11 November 1918 die plek waar die Duitsers die wapenstilstandsooreenkoms in 'n treinwa onderteken. Op 22 Julie 1940, na Hitler se aanval, moet die Franses hier dieselfde doen.
  • Die Parc Astérix, sowat 30 km noord van Parys, is gewy aan een van die bekendste karakters van die Franse bande dessinée (strokiesverhaal), Astérix die Galliër. Op 'n oppervlakte van 155 ha is Astérix se dorpie, 'n Romeinse arena en die grootste Europese dolfinarium opgerig.
  • Die Musée des Papillons en Musée d'Entomologie in Saint-Quentin (département Aisne) is met sy 500 000 skoenlappers en 100 000 ander insekte die grootste museum van sy soort in Europa. Die versamelaar Jules Passet het dit in 1912 aan die stad geskenk.
  • Die kasteel van Pierrefonds (département Oise) is een van die grootste vestings uit die Middeleeue; sy swaar weertorings van 38 meter verrys in die woud van Compiègne. Twee eeue nadat dit deur die Franse kroon ontmantel is, begin Napoléon III in 1858 die herstelwerk van Pierrefonds as 'n keiserlike kasteel. 'n Namaaksel van Pierrefonds word 1904 in die Kanadese stad Montréal opgerig.

[wysig] Sakrale boukuns

Die fasade van die Notre-Dame d'Amiens
Vergroot
Die fasade van die Notre-Dame d'Amiens

Vir dié Picardiese stede, wat in die Middeleeue oor relikwieë van heiliges beskik, is pelgrimstogte 'n winsgewende bedryf. Die biskoppe van Amiens, Beauvais, Noyon, Laon en Soissons kan met hul inkomstes die bou van pragtige katedrale bekostig. Notre-Dame d'Amiens, 'n uitstekende voorbeeld van die gotiese boustyl, word in 1288 voltooi. Die katedraal is met 'n lengte van 145 m en 'n gewelfhoogte van 42 m dubbel so groot soos Notre-Dame in Parys. Die UNESCO het Notre-Dame d'Amiens tot wêreldkultuurerfenis verklaar. Teen die einde van die 14de eeu ontstaan die katedraal van Noyon. Hier, in sy geboortestad, begin Jean Cauvin (Johannes Calvyn) sy loopbaan as reformator. Saint-Gervais-et-Saint-Protais word gekenmerk deur die sakelikheid van sy argitektuur. Die middeskip van die katedraal is 110 m lank.

[wysig] Kookkuns

Moules farcies (gevulde mossels), Tourte Picarde ('n pastei van sjalotte, aartappels en varkensvleis, gekrui met sout en peper) en Ficelle Picarde (gevulde crêpes) is die bekendste spesialiteite van die région. Ail du Nord is knoffel wat in die geur van beuke- en eikehout goudbruin gerook en op plaaslike groentemarkte verkoop word.


Die administratiewe gebiede van Frankryk Flag of France
Elsas | Aquitaine | Auvergne | Bourgogne | Bretagne | Centre | Champagne-Ardenne | Korsika | Franche-Comté | Île-de-France | Languedoc-Roussillon | Limousin | Lorraine | Midi-Pyrénées | Nord-Pas-de-Calais | Basse-Normandie | Haute-Normandie | Pays-de-la-Loire | Picardie | Poitou-Charentes | Provence-Alpes-Côte d'Azur | Rhône-Alpes
Oorsese gebiede:
Frans-Guayana | Guadeloupe | Martinique | Réunion
Our "Network":

Project Gutenberg
https://gutenberg.classicistranieri.com

Encyclopaedia Britannica 1911
https://encyclopaediabritannica.classicistranieri.com

Librivox Audiobooks
https://librivox.classicistranieri.com

Linux Distributions
https://old.classicistranieri.com

Magnatune (MP3 Music)
https://magnatune.classicistranieri.com

Static Wikipedia (June 2008)
https://wikipedia.classicistranieri.com

Static Wikipedia (March 2008)
https://wikipedia2007.classicistranieri.com/mar2008/

Static Wikipedia (2007)
https://wikipedia2007.classicistranieri.com

Static Wikipedia (2006)
https://wikipedia2006.classicistranieri.com

Liber Liber
https://liberliber.classicistranieri.com

ZIM Files for Kiwix
https://zim.classicistranieri.com


Other Websites:

Bach - Goldberg Variations
https://www.goldbergvariations.org

Lazarillo de Tormes
https://www.lazarillodetormes.org

Madame Bovary
https://www.madamebovary.org

Il Fu Mattia Pascal
https://www.mattiapascal.it

The Voice in the Desert
https://www.thevoiceinthedesert.org

Confessione d'un amore fascista
https://www.amorefascista.it

Malinverno
https://www.malinverno.org

Debito formativo
https://www.debitoformativo.it

Adina Spire
https://www.adinaspire.com