Nord
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
Nord is die noordelikste van die Franse départements, en sy naam is dan ook van sy geografiese afgelei. Nord is met 'n oppervlak van 5 743 vierkante kilometer en 2 555 020 inwoners (1999) die digbevolkste département van Frankryk en vorm saam met Pas-de-Calais die région Nord-Pas-du-Calais. Die prefektuur (hoofstad) van Nord is Lille. Sowat 20 000 mense in die noordelike arrondissement Duinkerk praat 'n Wes-Vlaamse dialek as omgangstaal (sien Frans-Vlaandere).
[wysig] Geskiedenis
Nord bestaan hoofsaaklik uit die Franse gebiede van die graafskap Vlaandere, behalwe vir die westelike gebiede, wat in die jaar 1237 as die graafskap Artois afgesplits is en tans deel uitmaak van die départements Pas-de-Calais en Hainault. Hierdie gebied behoort oorspronklik tot die Spaanse Nederlande, word egter volgens die ooreenkomste van 1659, 1668 en 1678 by Frankryk ingelyf.
Die département word tydens die Franse Rewolusie volgens die wet van 22 Desember as een van die 83 départements op 4 Maart 1790 gestig.
[wysig] Geografie
Die département Nord grens aan die Noordsee, België en die Franse départements Pas-de-Calais, Aisne en Somme. Die belangrikste riviere is die Yser, die Lys, die Escaut, die Scarpe en die Sambre. Die Deûle-kanaal loop deur die prefektuur (hoofstad) Lille.
[wysig] Administratiewe gebiede
Arrondissement | Bevolking (1999) |
Oppervlak (vk km) |
Bevolkingsdigtheid | Kantons | Munisipaliteite |
---|---|---|---|---|---|
Avesnes-sur-Helpe | 238.466 | 1408 | 169 | 12 | 151 |
Cambrai | 158.845 | 902 | 176 | 7 | 116 |
Douai | 246.987 | 477 | 518 | 7 | 64 |
Duinkerk | 379.702 | 1443 | 263 | 16 | 115 |
Lille | 1.182.026 | 879 | 1344 | 28 | 124 |
Valenciennes | 348.994 | 635 | 550 | 9 | 82 |
Die Départements van Frankryk | ||
---|---|---|
Metropolitaanse Frankryk |
||
Die administratiewe verdeling van Frankryk: Régions - Départements - Arrondissemente - Kantons - Communes |