Arrondissement
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
Die term arrondissement is afgelei van die Franse woord arrondir ("afrond") en verwys na die administratiewe onderverdeling van 'n Franse département, 'n Belgiese provinsie en 'n aantal stede in die Kanadese provinsie Québec. In Frankryk word die term ook as 'n vertaling vir soortgelyke administratiewe verdelings van byvoorbeeld buitelandse stede soos Moskou en Wene gebruik.
Inhoud |
[wysig] Frankryk
Daar bestaan 342 arrondissemente in Frankryk. Die hoofstad (Frans: chef-lieu) van 'n arrondissement is die onderprefektuur (Frans: sous-préfecture), met 'n onderprefek as hoof van die plaaslike administrasie. Die arrondissemente is verder verdeel in kantons (Frans: cantons), terwyl die kantons uit die verskillende munisipaliteite (Frans: commune, wat stede en dorpe insluit) bestaan.
Die groot Franse stede Parys, Marseille, Bordeaux en Lyon is ook in sogenaamde kommunale arrondissemente verdeel, wat in administratiewe opsig gelykstaan aan kantons.
[wysig] België
België is in administratiewe opsig verdeel in geweste, provinsies en arrondissemente.
[wysig] Québec
'n Aantal stede in die Franstalige Kanadese provinsie Québec is verdeel in arrondissemente. Hierdie administratiewe verdeling bestaan in Montréal, Gatineau, Québec (stad), Saguenay, Longueil, Sherbrooke, Cookshire-Eaton, Grenville-sur-la-Rouge, Lévis en Métis-sur-Mer. Ook die eilandgroep van die Magdalene-eilande is verdeel in arrondissemente.
[wysig] Bron
- Vertaling van die artikels http://www.de.wikipedia.org/wiki/Arrondissement en http://www.fr.wikipedia.org/wiki/Arrondissement in die Duitse en Franse Wikipedia. Die artikels is aangepas vir gebruik in die Afrikaanse Wikipedia.
Kategorieë: Frankryk | België | Québec