Ebooks, Audobooks and Classical Music from Liber Liber
a b c d e f g h i j k l m n o p q r s t u v w x y z





Web - Amazon

We provide Linux to the World


We support WINRAR [What is this] - [Download .exe file(s) for Windows]

CLASSICISTRANIERI HOME PAGE - YOUTUBE CHANNEL
SITEMAP
Audiobooks by Valerio Di Stefano: Single Download - Complete Download [TAR] [WIM] [ZIP] [RAR] - Alphabetical Download  [TAR] [WIM] [ZIP] [RAR] - Download Instructions

Make a donation: IBAN: IT36M0708677020000000008016 - BIC/SWIFT:  ICRAITRRU60 - VALERIO DI STEFANO or
Privacy Policy Cookie Policy Terms and Conditions
Suider-Afrika - Wikipedia

Suider-Afrika

vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.

Suider-Afrika (ook Suidelike Afrika) is die suidelike gedeelte van die kontinent van Afrika.

Die presiese gebied word nie altyd presies dieselfde afgebaken nie.

'n Algemene afbakening, veral vir geografiese en ekologiese doelwitte, is die gebied suid van die Zambezi- en Kuneneriviere, die eilande aan die area se kus, asook Prins Edwardeiland en Marioneiland in sub-Antarktika. Dit sluit soms ook die suidelike dele in van Angola, Zambië en Mosambiek; en Zimbabwe.

Geopolities sien die Verenigde Nasies die streek as die lande Namibië, Botswana, Suid-Afrika, Lesotho en Swaziland.

Die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SAOG) word ook geasssosieer met hierdie streek, met lande tot so ver noord as die Demokratiese Republiek van die Kongo, en so ver oos as Tanzanië en Madagaskar.

Inhoud

[wysig] Klimaatstreke

Klimaatsgewys kan die geografiese gebied in ses verskillende streke verdeel word:

[wysig] Die suidelike gras- en boslandstreek

 Landskap in Zimbabwe
Vergroot
Landskap in Zimbabwe

Dié gebied beslaan die grootste gedeelte van noordelike Namibië, noordoostelike Botswana, Zimbabwe, Mosambiek, die Noordelike provinsie in Suid-Afrika, asook die oostelike gedeelte van Mpumalanga en 'n strook aan die weskus so ver suid as Port Elizabeth. Dit is 'n somerreënvalstreek, en reën gemiddeld 500mm per jaar.

[wysig] Die suidelike graslandstreek

 'n Graslandskap
Vergroot
'n Graslandskap

Hierdie streek kom slegs in Suid-Afrika voor; oos van 26°O en suid van 25°S. Dit is ook 'n somerreënvalgebied, en dit reën gemiddeld 500mm per jaar.

[wysig] Die suidwestelike halfwoestyn

 Die Karoo, ná reën
Vergroot
Die Karoo, ná reën

Behalwe vir smal stroke aan die noord-, suid- en wesgrens van die Suider-Afrikaanse subgebied, beslaan die klimaatstreek feitlik die hele gebied wes van 26°O. Dit reën ook meestal net in die somer, maar slegs 200mm per jaar.

[wysig] Die woestynstreek

 Die Namibwoestyn
Vergroot
Die Namibwoestyn

Dit beslaan 'n nou strook met die kus van Namibië op, en binnelands saam met die Oranjerivier tot so ver as 21°O. Die Kalahari-woestyn en die Namibwoestyn is deel van hierdie streek. Dit reën gemiddeld minder as 125mm per jaar. In die Namibiese kusstrook is die vog wat vanaf misbanke van die see af ingestoot word, dikwels die enigste bron van vogtigheid.

[wysig] Die Kaapse fynbosstreek

 Kaapse fynbos
Vergroot
Kaapse fynbos

Dit strek as 'n nou strokie van die suidkus van Suid-Afrika oos so ver as Port Elizabeth, en met die Weskus op so ver as St. Helena-baai. In die valleie reën dit ongeveer 200mm per jaar, maar in die kusgebergtes kan dit tot 3000mm per jaar reën, hoofsaaklik in die winter. Die gebied het van die grootste verskeidenheid van plantspesies in die wêreld.

[wysig] Die woudstreek

 Woudlandskapdetail
Vergroot
Woudlandskapdetail

Klein kolletjies woud- en boswêreld strek vanaf die Tsitsikammawoud, aan die kusgebied van die Oostelike provinsie van Suid-Afrika, oos en noordoos deur KwaZulu-Natal, noord met die Drakensberge, en dan weer weswaarts na die Soutpansberge en in oostelike Zimbabwe in.

[wysig] Bronne

  • Verkorte vertaling van die artikel Southern Africa op die Engelse Wikipedia.
  • Smither's Mammals of Southern Africa. A field guide, pp. xiii tot xvi. Redakteur Peter Apps. Derde uitgawe, 2000.
Our "Network":

Project Gutenberg
https://gutenberg.classicistranieri.com

Encyclopaedia Britannica 1911
https://encyclopaediabritannica.classicistranieri.com

Librivox Audiobooks
https://librivox.classicistranieri.com

Linux Distributions
https://old.classicistranieri.com

Magnatune (MP3 Music)
https://magnatune.classicistranieri.com

Static Wikipedia (June 2008)
https://wikipedia.classicistranieri.com

Static Wikipedia (March 2008)
https://wikipedia2007.classicistranieri.com/mar2008/

Static Wikipedia (2007)
https://wikipedia2007.classicistranieri.com

Static Wikipedia (2006)
https://wikipedia2006.classicistranieri.com

Liber Liber
https://liberliber.classicistranieri.com

ZIM Files for Kiwix
https://zim.classicistranieri.com


Other Websites:

Bach - Goldberg Variations
https://www.goldbergvariations.org

Lazarillo de Tormes
https://www.lazarillodetormes.org

Madame Bovary
https://www.madamebovary.org

Il Fu Mattia Pascal
https://www.mattiapascal.it

The Voice in the Desert
https://www.thevoiceinthedesert.org

Confessione d'un amore fascista
https://www.amorefascista.it

Malinverno
https://www.malinverno.org

Debito formativo
https://www.debitoformativo.it

Adina Spire
https://www.adinaspire.com