Ebooks, Audobooks and Classical Music from Liber Liber
a b c d e f g h i j k l m n o p q r s t u v w x y z





Web - Amazon

We provide Linux to the World


We support WINRAR [What is this] - [Download .exe file(s) for Windows]

CLASSICISTRANIERI HOME PAGE - YOUTUBE CHANNEL
SITEMAP
Audiobooks by Valerio Di Stefano: Single Download - Complete Download [TAR] [WIM] [ZIP] [RAR] - Alphabetical Download  [TAR] [WIM] [ZIP] [RAR] - Download Instructions

Make a donation: IBAN: IT36M0708677020000000008016 - BIC/SWIFT:  ICRAITRRU60 - VALERIO DI STEFANO or
Privacy Policy Cookie Policy Terms and Conditions
Finistère - Wikipedia

Finistère

vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.

Finistère (29)
Beeld:Ligging_van_Finistère.png
Gewes Bretagne
Prefektuur Quimper
Onderprefekture Brest
Châteaulin
Morlaix
Bevolking 852 418 inw.
(1999)
Bevolkingsdigtheid 127 inw./vk km
Oppervlak 6 733 vk km
Arrondissemente 4
Cantons 54
Munisipaliteite 283
President van die
Conseil général
Pierre Maille
Kaart van Finistère
Vergroot
Kaart van Finistère

Die département Finistère (Bretons: Penn-ar-Bed) is die mees westelike punt van Frankryk met 'n oppervlakte van 6 733 km² en sowat 855 000 inwoners (2003, waarvan meer as 100 000 mense Bretons - naas Frans - as huistaal praat); die naam is afgelei van die Latynse finis terrae en beteken letterlik "die einde van die wêreld". Die vasteland van Europa eindig hier in 'n asemberowende skouspel van natuurskoon, lig en kleure wat al sedert die 19de eeu skare kunstenaars trek. Alhoewel dit die geografiese einde van Europa vorm, staan Finistère aan die begin van die Bretonse geskiedenis. Dit is die landingsplek van die Keltiese setlaars, wat in die 5de en 6de eeu vanuit Cornwall na die Europese vasteland gekom het. Die naam van hulle oorspronklike tuisland leef voort in Cornouaille, 'n streek in Finistère.

Die landskap van Finistère is 'n geskakeerde vlakte van velde, heideland en bosgebiede wat geleidelik oorgaan in die Monts d'Arrée, berge wat sowat 400 meter bo seevlak lê. Koue winde in die winter en hitte in die somer maak dit 'n leefruimte vir geharde plantspesies wat veral in die kusstrook in kleiner variante as elders groei om die winde te kan weerstaan. Die natuurreservaat van Armorika bewaar hierdie natuurerfenis.

Die ou stadskern van Quimper
Vergroot
Die ou stadskern van Quimper

Megalitiese ruïnes, menhirs en dolmens (Keltiese grafmonumente) wat orals in Finistère te vinde is, maak van die gebied 'n lewende geskiedenisboek. Die argeologiese vondse van plaaslike opgrawings lewer bewys dat hier reeds 6 000 jaar lank menslike nedersettings bestaan. Die mense van Finistère - wat hul brood oorwegend as vissers, boere en ambagsmanne verdien - maak danksy die seehandel vroeg kennis met kunsstyle van dwarsoor die vasteland en begin hulle in die argitektuur van die streek te verwerk. Die enclos paroissial, die parogiale insluiting, is 'n plaaslike kerk wat saam met die knekelhuis en calvaire (kalvarieberg), en soms ook 'n oorvloed van beeldhouwerke, 'n mistieke oorgang na die wêreld van die oorledenes vorm. Hierdie simboliek gaan terug tot keltiese tradisies waarvolgens die dood slegs 'n soort oorgang na 'n ander bestaan is.

Naas die argitektuur en beeldhoukuns is pottebakkery 'n belangrike inheemse kuns, en besoekers moenie versuim om een van die fayenceries in die hoofstad Quimper te besoek nie.

Die skouspel van natuurskoon, lig en kleure lok vroeg in die 19de eeu talle skilders na Finistère. Die beroemde Paul Gauguin het besoek afgelê aan een van die klein hawens, Pont-Aven, en hy begin die tradisie van die Bretonse sujets in die Franse skilderkuns. Volkskundige tonele soos die Bretonse pardons (vergewensfeeste), drag, oes- en landskapsmotiewe oefen 'n sterk invloed op die kuns van die tyd uit. Auguste Renoir is 'n ander beroemde skilder wat na Finistère kom om die poësie van die natuurskoon en die argitektuur in sy skilderye vas te vang.

Kunsgalerye en museums in die streek bied die geleentheid om hierdie kunswerke te bewonder, en daar is 'n skilderroete ingerig wat die belangstellende op die voetspore van die skilders van Cornouaille laat wandel. Soos Douarnenez en Pont-Aven is dit een van die plekke waar kunstenaars gereeld byeengekom het om inspirasie te vind.

[wysig] Kuns en kultuur

Finistère maak deel uit van die Bretonse taalgebied. Die Festival de Cornouaille, wat in Quimper plaasvind, is 'n fees van die Bretonse musiek en tradisie wat sedert die jaar 1923 plaasvind. Die fees duur nege dae en lok jaarliks byna 300 000 besoekers.

Die Fête de l'oignon rosé (Fees van die rooskleurige ui) word jaarliks in Augustus in Roscoff gevier. Uie word hier sedert die 17de eeu verbou, en omtrent 1830 verkoop die sogenaamde Onion Johnnies uit Roscoff hulle kranse van uie oorkant die Kanaal in Engeland, Wallis en Skotland. Die museum Maison des Johnnies et de l'Oignon Rosé is aan hierdie manne en die beroemde uie van die streek gewy.

Finistère - Baie des Trépassés (Baai van die Oorledenes)
Vergroot
Finistère - Baie des Trépassés (Baai van die Oorledenes)

[wysig] Kookkuns

Die bekendste plaaslike spesialiteit is kig ha farz, 'n gereg gemaak van groente, varkvleis en boekweitmeel.

[wysig] Volksverhale

Weens die gevaarlike stroming van die Atlantiese Oseaan ly baie seevaarders in die 18de en 19de eeu langs die kus van Finistère skipbreuk. Die skrywer Anatole Braz haal 'n ou spreekwoord aan om die lot van talle seevaarders en vissers in die gewes te beskryf: Qui se fie de la mer, se fie de la mort ('n Mens wat hom aan die see toevertrou, vertrou hom aan die dood toe). Volksverhale in die streek sê dat die siele van die oseaan se slagoffers in die Baie des Trépassés (Baai van die Oorledenes) gaan voortleef.

Die Départements van Frankryk

Metropolitaanse Frankryk 
01 Ain | 02 Aisne | 03 Allier | 04 Alpes-de-Haute-Provence | 05 Hautes-Alpes | 06 Alpes-Maritimes | 07 Ardèche | 08 Ardennes | 09 Ariège | 10 Aube | 11 Aude | 12 Aveyron | 13 Bouches-du-Rhône | 14 Calvados | 15 Cantal | 16 Charente | 17 Charente-Maritime | 18 Cher | 19 Corrèze | 2A Corse-du-Sud | 2B Haute-Corse | 21 Côte-d'Or | 22 Côtes-d'Armor | 23 Creuse | 24 Dordogne | 25 Doubs | 26 Drôme | 27 Eure | 28 Eure-et-Loir | 29 Finistère | 30 Gard | 31 Haute-Garonne | 32 Gers | 33 Gironde | 34 Hérault | 35 Ille-et-Vilaine | 36 Indre | 37 Indre-et-Loire | 38 Isère | 39 Jura | 40 Landes | 41 Loir-et-Cher | 42 Loire | 43 Haute-Loire | 44 Loire-Atlantique | 45 Loiret | 46 Lot | 47 Lot-et-Garonne | 48 Lozère | 49 Maine-et-Loire | 50 Manche | 51 Marne | 52 Haute-Marne | 53 Mayenne | 54 Meurthe-et-Moselle | 55 Meuse | 56 Morbihan | 57 Moselle | 58 Nièvre | 59 Nord | 60 Oise | 61 Orne | 62 Pas-de-Calais | 63 Puy-de-Dôme | 64 Pyrénées-Atlantiques | 65 Hautes-Pyrénées | 66 Pyrénées-Orientales | 67 Bas-Rhin | 68 Haut-Rhin | 69 Rhône | 70 Haute-Saône | 71 Saône-et-Loire | 72 Sarthe | 73 Savoie | 74 Haute-Savoie | 75 Parys | 76 Seine-Maritime | 77 Seine-et-Marne | 78 Yvelines | 79 Deux-Sèvres | 80 Somme | 81 Tarn | 82 Tarn-et-Garonne | 83 Var | 84 Vaucluse | 85 Vendée | 86 Vienne | 87 Haute-Vienne | 88 Vosges | 89 Yonne | 90 Territoire de Belfort | 91 Essonne | 92 Hauts-de-Seine | 93 Seine-Saint-Denis | 94 Val-de-Marne | 95 Val-d'Oise |  
Oorsese départements 
971 Guadeloupe | 972 Martinique | 973 Frans-Guyana | 974 Réunion  
Collectivités d'outre mer 
975  Saint-Pierre et Miquelon | 985  Mayotte (collectivité départementale) | 986  Wallis-et-Futuna | 987  Frans-Polinesië (oorsese gebied)

Die administratiewe verdeling van Frankryk: Régions - Départements - Arrondissemente - Kantons - Communes
Our "Network":

Project Gutenberg
https://gutenberg.classicistranieri.com

Encyclopaedia Britannica 1911
https://encyclopaediabritannica.classicistranieri.com

Librivox Audiobooks
https://librivox.classicistranieri.com

Linux Distributions
https://old.classicistranieri.com

Magnatune (MP3 Music)
https://magnatune.classicistranieri.com

Static Wikipedia (June 2008)
https://wikipedia.classicistranieri.com

Static Wikipedia (March 2008)
https://wikipedia2007.classicistranieri.com/mar2008/

Static Wikipedia (2007)
https://wikipedia2007.classicistranieri.com

Static Wikipedia (2006)
https://wikipedia2006.classicistranieri.com

Liber Liber
https://liberliber.classicistranieri.com

ZIM Files for Kiwix
https://zim.classicistranieri.com


Other Websites:

Bach - Goldberg Variations
https://www.goldbergvariations.org

Lazarillo de Tormes
https://www.lazarillodetormes.org

Madame Bovary
https://www.madamebovary.org

Il Fu Mattia Pascal
https://www.mattiapascal.it

The Voice in the Desert
https://www.thevoiceinthedesert.org

Confessione d'un amore fascista
https://www.amorefascista.it

Malinverno
https://www.malinverno.org

Debito formativo
https://www.debitoformativo.it

Adina Spire
https://www.adinaspire.com