Ebooks, Audobooks and Classical Music from Liber Liber
a b c d e f g h i j k l m n o p q r s t u v w x y z





Web - Amazon

We provide Linux to the World


We support WINRAR [What is this] - [Download .exe file(s) for Windows]

CLASSICISTRANIERI HOME PAGE - YOUTUBE CHANNEL
SITEMAP
Audiobooks by Valerio Di Stefano: Single Download - Complete Download [TAR] [WIM] [ZIP] [RAR] - Alphabetical Download  [TAR] [WIM] [ZIP] [RAR] - Download Instructions

Make a donation: IBAN: IT36M0708677020000000008016 - BIC/SWIFT:  ICRAITRRU60 - VALERIO DI STEFANO or
Privacy Policy Cookie Policy Terms and Conditions
Lozère - Wikipedia

Lozère

vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.

Lozère: Die Causse Méjean
Vergroot
Lozère: Die Causse Méjean
Die ligging van Lozère
Vergroot
Die ligging van Lozère

Lozère is 'n département in die suide van Frankryk en vorm saam met vier ander départements die région Languedoc-Roussillon aan die westelike Mediterreense kus van die land. Die naam is afgelei van die bergreeks Mont Lozère, die hoogste in die Sentraalmassief (Frans: Massif Central) met 1 699 meter.

Met slegs 14 inwoners per vierkante kilometer is Lozère die mees yl bevolkte département van Frankryk. Die inwonertal het van meer as 150 000 in die 19de eeu tot minder as 75 000 in 1999 gedaal.

Inhoud

[wysig] Geografie

Lozère se landskap word deur talle heuwels oorheers. Die département lê op 'n plato met 'n gemiddelde hoogte van 1 000 meter bo seevlak, met uitgestrekte kaal 3- en pragtige weivelde, wat in die somer met 'n oordaad bergplante soos arnika, gentiaan en peperment kan spog.

[wysig] Geskiedenis

Mende: Die brug Notre-Dame
Vergroot
Mende: Die brug Notre-Dame

Die département word tydens die Franse Rewolusie van 1789 geskep en beslaan 'n groot gedeelte van die voormalige bisdom Gévaudan in die provinsie Languedoc.

Die "monster van Gévaudan"
Vergroot
Die "monster van Gévaudan"

Die gebied verwerf in die 18de eeu bekendheid danksy "La Bête du Gévaudan", 'n wolf wat in die tydperk tussen 1764 en 1767 naastenby eenhonderd vroue en kinders aangeval en doodgebyt het. Vermoedelik is die wolf deur 'n waansinnige afgerig. Die historiese gebeurtenisse het onder meer as aanleiding vir die Franse rolprent Le Pacte des Loups gedien, wat in 2001 vrygestel is.

Die inheemse wolwe van die Sentraalmassief is lankal uitgeroei. Die soöloog Gérard Ménatory stig in 1962 die natuurpark Les Loups du Gévaudan, wat langs die Nasionale Roete 9 tussen die dorpe Marjevols en Aumont lê. Hier word Kanadese en Poolse wolwe "ingeburger". Die park met sy oppervlakte van vier hektaar, wat sowat 1 000 meter bo seevlak lê, bied 'n natuurlike omgewing vir die diere met koue winters en warm, droë somers. 'n Klein museum, La Maison du Loup (Die Huis van die Wolf), verskaf meer inligting oor die wolwe. Die reservaat word vandag deur Anne Ménatory bestuur.

[wysig] Kookkuns

Die Romeinse natuurwetenskaplike en skrywer Plinius prys in sy werk "Die Natuurgeskiedenis" reeds die kaassoorte van die Galliese provinsie Nemausus, en in die besonder dié van die dorpe Lesura en Gabalis, wat met die beste van die wêreld kan meeding.

Die huidige plaaslike kaassoorte soos die Bleu d'Auvergne, Cantal of Saint-Nectaire en die bergheuning van die gebied, die Miel des Monts de Lozère, kan dikwels nog as tuisgemaakte spesialiteite op die plaaslike boeremarkte gekoop word.

Die bekendste gereg van die streek, die Aligot, is 'n aartappelpuree, wat met Cantalkaas en knoffel afgerond word.

[wysig] Eksterne skakels

Die Départements van Frankryk

Metropolitaanse Frankryk 
01 Ain | 02 Aisne | 03 Allier | 04 Alpes-de-Haute-Provence | 05 Hautes-Alpes | 06 Alpes-Maritimes | 07 Ardèche | 08 Ardennes | 09 Ariège | 10 Aube | 11 Aude | 12 Aveyron | 13 Bouches-du-Rhône | 14 Calvados | 15 Cantal | 16 Charente | 17 Charente-Maritime | 18 Cher | 19 Corrèze | 2A Corse-du-Sud | 2B Haute-Corse | 21 Côte-d'Or | 22 Côtes-d'Armor | 23 Creuse | 24 Dordogne | 25 Doubs | 26 Drôme | 27 Eure | 28 Eure-et-Loir | 29 Finistère | 30 Gard | 31 Haute-Garonne | 32 Gers | 33 Gironde | 34 Hérault | 35 Ille-et-Vilaine | 36 Indre | 37 Indre-et-Loire | 38 Isère | 39 Jura | 40 Landes | 41 Loir-et-Cher | 42 Loire | 43 Haute-Loire | 44 Loire-Atlantique | 45 Loiret | 46 Lot | 47 Lot-et-Garonne | 48 Lozère | 49 Maine-et-Loire | 50 Manche | 51 Marne | 52 Haute-Marne | 53 Mayenne | 54 Meurthe-et-Moselle | 55 Meuse | 56 Morbihan | 57 Moselle | 58 Nièvre | 59 Nord | 60 Oise | 61 Orne | 62 Pas-de-Calais | 63 Puy-de-Dôme | 64 Pyrénées-Atlantiques | 65 Hautes-Pyrénées | 66 Pyrénées-Orientales | 67 Bas-Rhin | 68 Haut-Rhin | 69 Rhône | 70 Haute-Saône | 71 Saône-et-Loire | 72 Sarthe | 73 Savoie | 74 Haute-Savoie | 75 Parys | 76 Seine-Maritime | 77 Seine-et-Marne | 78 Yvelines | 79 Deux-Sèvres | 80 Somme | 81 Tarn | 82 Tarn-et-Garonne | 83 Var | 84 Vaucluse | 85 Vendée | 86 Vienne | 87 Haute-Vienne | 88 Vosges | 89 Yonne | 90 Territoire de Belfort | 91 Essonne | 92 Hauts-de-Seine | 93 Seine-Saint-Denis | 94 Val-de-Marne | 95 Val-d'Oise |  
Oorsese départements 
971 Guadeloupe | 972 Martinique | 973 Frans-Guyana | 974 Réunion  
Collectivités d'outre mer 
975  Saint-Pierre et Miquelon | 985  Mayotte (collectivité départementale) | 986  Wallis-et-Futuna | 987  Frans-Polinesië (oorsese gebied)

Die administratiewe verdeling van Frankryk: Régions - Départements - Arrondissemente - Kantons - Communes
Our "Network":

Project Gutenberg
https://gutenberg.classicistranieri.com

Encyclopaedia Britannica 1911
https://encyclopaediabritannica.classicistranieri.com

Librivox Audiobooks
https://librivox.classicistranieri.com

Linux Distributions
https://old.classicistranieri.com

Magnatune (MP3 Music)
https://magnatune.classicistranieri.com

Static Wikipedia (June 2008)
https://wikipedia.classicistranieri.com

Static Wikipedia (March 2008)
https://wikipedia2007.classicistranieri.com/mar2008/

Static Wikipedia (2007)
https://wikipedia2007.classicistranieri.com

Static Wikipedia (2006)
https://wikipedia2006.classicistranieri.com

Liber Liber
https://liberliber.classicistranieri.com

ZIM Files for Kiwix
https://zim.classicistranieri.com


Other Websites:

Bach - Goldberg Variations
https://www.goldbergvariations.org

Lazarillo de Tormes
https://www.lazarillodetormes.org

Madame Bovary
https://www.madamebovary.org

Il Fu Mattia Pascal
https://www.mattiapascal.it

The Voice in the Desert
https://www.thevoiceinthedesert.org

Confessione d'un amore fascista
https://www.amorefascista.it

Malinverno
https://www.malinverno.org

Debito formativo
https://www.debitoformativo.it

Adina Spire
https://www.adinaspire.com