Ebooks, Audobooks and Classical Music from Liber Liber
a b c d e f g h i j k l m n o p q r s t u v w x y z





Web - Amazon

We provide Linux to the World


We support WINRAR [What is this] - [Download .exe file(s) for Windows]

CLASSICISTRANIERI HOME PAGE - YOUTUBE CHANNEL
SITEMAP
Audiobooks by Valerio Di Stefano: Single Download - Complete Download [TAR] [WIM] [ZIP] [RAR] - Alphabetical Download  [TAR] [WIM] [ZIP] [RAR] - Download Instructions

Make a donation: IBAN: IT36M0708677020000000008016 - BIC/SWIFT:  ICRAITRRU60 - VALERIO DI STEFANO or
Privacy Policy Cookie Policy Terms and Conditions
Genève - Wikipedia

Genève

vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.

Ligging van Genève
Vergroot
Ligging van Genève

Genève (Duits Genf) is op een na die grootste stad van Switserland. Dit lê aan die suidwestelike rand van die Franstalige Switserland (die Romandie, Frans: Suisse Romande), teen die uitloop van die Rhône uit die Meer van Genève. Genève is die setel van 'n groot aantal internasionale organisasies soos die Verenigde Nasies, CERN, die Internasionale Rooi Kruis, die Wêreldgesondheidsorganisasie (WHO), die Internasionale Arbeidsorganisasie (ILO), die ITU, WIPO, die Wêreld Meteorologiese Organisasie (WMO) en die Wêreldraad van Kerke (WRK).

Die stad het 184 758 inwoners (einde 2003), waarvan sowat 44% buitelanders. Die agglomerasie Genève het sowat 640 000 inwoners (2000).

Genève met sy bekende waterfontein
Vergroot
Genève met sy bekende waterfontein

Die historiese stadskern van Genève lê op 'n heuwel, wat danksy die beskerming deur die Meer van Genève, die riviere Rhône en Arve en slote teen die ooste eeue lank 'n natuurlike toevlugsoord gevorm het. Ná die sloping van die versterkings in die tydperk tussen 1850 en 1880 het die stad begin uitbrei.

Die stad Genève, wat in 1842 as 'n administratiewe eenheid ontstaan het, het in 1930 met die voorstede Les Eaux-Vives, Le Petit-Saconnex en Plainpalais versmelt.

Gaius Julius Caesar het reeds in die jaar 52 v.C. na Genève as Genua verwys, terwyl die stad in later historiese dokumente Genava of Civitas Gevanensium genoem word. Dit was aanvanklik 'n oppidum van die Keltiese Allobrogers en is darna as 'n Romeinse vicus en later civitas uitgebou. Ná die volksverhuising het Genève as die hoofstad van die Boergondiërs en as 'n Frankiese nedersetting gedien.

Genève is die geboortestad van die Calvinisme en staan derhalwe ook as die "Protestantse Rome" bekend. Genève, wat in die 16de en 17de eeu as 'n belangrike toevlugsoord vir Hugenote-vlugtelinge gedien het, het sedert die 19de eeu tot die kosmopolitiese sentrum van die Franstalige Wes-Switserland ontwikkel.

Inhoud

[wysig] Geskiedenis

Genève, soos gesien vanuit die Franse berg Sanlève
Vergroot
Genève, soos gesien vanuit die Franse berg Sanlève
  • In die Keltiese tyd is Genève die hoofstad van die Allobroges
  • In die Romeinse Ryk dien dit as 'n brughoof
  • Omtrent 400 tot 1536 is die stad setel van 'n biskop
  • In die 5de en 9de eeu is die stad die setel van die Boergondiese Konings
  • 1026 behoort die stad aan die Boergondiese Ryksdeel van die Heilige Roomse Ryk van die Duitse Nasie
  • 1309 Toekenning van selfregering
  • 1526 Die stad sluit 'n verbond met Bern en Freiburg im Üchtland
  • 1536 Reformasie en afkondiging van die onafhanklike Republiek van Genève. Genève handhaaf nou bande met die Switserse Konfederasie
  • 1559 Stigting van die Akademie deur Johannes Calvyn
  • 1798-1814 Genève word deur Frankryk geannekseer
  • 1815 Genève word 'n Switserse stad en die hoofstad van die nuwe gelyknamige kanton
  • 1864 Die stad word die setel van die Internasionale Rooi Kruis
  • 1873 Stigting van die Universiteit van Genève
  • 1920- 1946 Genève is die setel van die Volkebond

Op 11 Desember vier die stad jaarliks die Escalade de Genève, die mislukte verowering deur Savoye in die jaar 1602.

[wysig] Besienswaardighede

  • Romaans-gotiese Katedraal Sint-Petrus (voltooi in 1232)
  • Geboortehuis van die filosoof Jean-Jacques Rousseau
  • Stadsaal (laat 15de eeu)
  • Setel van die Verenigde Nasies (Volkebondspaleis, Frans: Palais des Nations, tot 1939 setel van die Volkebond)
  • Reformasiemonument (1917)
  • Servetus-gedenkstein (1903)
  • Engelse Tuin
  • Botaniese Tuin
  • Waterfontein - Jet d'Eau
  • Museum van die Rooi Kruis en die Rooi Halfmaan
  • Salon Auto de Genève (Geneefse Motorskou, jaarliks)


Panoramiese uitsig oor Genève
Vergroot
Panoramiese uitsig oor Genève


[wysig] Persoonlikhede

[wysig] Bekende burgers

  • Adolphe Appia
  • Charles Bonnet
  • Isaac Casaubon
  • Giovanni Diodati
  • Henri Dunant
  • Louis Favre
  • Valérie de Gasparin
  • François Lefort
  • Jean Jacques Rousseau
  • Horace Bénédict de Saussure
  • Michel Simon
  • Alain Tanner
  • Vico Torriani
  • François Turrettini en Jean-Alphonse Turrettini

[wysig] Tydelike inwoners

  • Louis Appia
  • Théodore Agrippa d'Aubigné
  • Théodore de Bèze
  • Johannes Calvyn
  • Albert Cohen
  • Ubbo Emmius
  • Agénor Étienne de Gasparin
  • Bénédict Turrettini
  • Jean Ziegler

[wysig] Eksterne skakel

Our "Network":

Project Gutenberg
https://gutenberg.classicistranieri.com

Encyclopaedia Britannica 1911
https://encyclopaediabritannica.classicistranieri.com

Librivox Audiobooks
https://librivox.classicistranieri.com

Linux Distributions
https://old.classicistranieri.com

Magnatune (MP3 Music)
https://magnatune.classicistranieri.com

Static Wikipedia (June 2008)
https://wikipedia.classicistranieri.com

Static Wikipedia (March 2008)
https://wikipedia2007.classicistranieri.com/mar2008/

Static Wikipedia (2007)
https://wikipedia2007.classicistranieri.com

Static Wikipedia (2006)
https://wikipedia2006.classicistranieri.com

Liber Liber
https://liberliber.classicistranieri.com

ZIM Files for Kiwix
https://zim.classicistranieri.com


Other Websites:

Bach - Goldberg Variations
https://www.goldbergvariations.org

Lazarillo de Tormes
https://www.lazarillodetormes.org

Madame Bovary
https://www.madamebovary.org

Il Fu Mattia Pascal
https://www.mattiapascal.it

The Voice in the Desert
https://www.thevoiceinthedesert.org

Confessione d'un amore fascista
https://www.amorefascista.it

Malinverno
https://www.malinverno.org

Debito formativo
https://www.debitoformativo.it

Adina Spire
https://www.adinaspire.com