Ebooks, Audobooks and Classical Music from Liber Liber
a b c d e f g h i j k l m n o p q r s t u v w x y z





Web - Amazon

We provide Linux to the World


We support WINRAR [What is this] - [Download .exe file(s) for Windows]

CLASSICISTRANIERI HOME PAGE - YOUTUBE CHANNEL
SITEMAP
Audiobooks by Valerio Di Stefano: Single Download - Complete Download [TAR] [WIM] [ZIP] [RAR] - Alphabetical Download  [TAR] [WIM] [ZIP] [RAR] - Download Instructions

Make a donation: IBAN: IT36M0708677020000000008016 - BIC/SWIFT:  ICRAITRRU60 - VALERIO DI STEFANO or
Privacy Policy Cookie Policy Terms and Conditions
Rhône - Wikipedia

Rhône

vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.

Rhône
Beeld:LocatieRhone.PNG
Statut {{{14}}}
Lengte 812 km
Hoogte van oorsprong 1 753 m
Gemiddelde vloei 1 820 m³/s
Oppervlak van bekken 95 500 vk km
Loop deur Switserland, Frankryk
Bassin fluvial
collecteur
{{{10}}}
Mond uit in Middellandse See
Largeur à l'embouchure {{{9}}}
{{{11}}}
{{{12}}}
Takriviere {{{13}}}
Rivier

Die Rhône (Frans: Rhône, Oksitaans: Ròse, Provensaals: Roun) is een van die grootste Europese riviere met 'n lengte van 812 kilometer, wat deur Switserland (231 kilometer) en Frankryk (581 kilometer) vloei, en die tweede grootste rivier na die Nyl in Afrika, wat in die Middellandse See uitmond. Die Rhône dien reeds in die prehistoriese tydperk as 'n belangrike handelsroete, wat Noord-Europa met die Mediterreense gebiede verbind het.

[wysig] Etimologie

Die huidige Franse naam is afgelei van die Griekse ροδανός (Rhodanos) en die gelatiniseerde vorm Rhodanus. Die Griekse Rhodanos is moontlik deur die Griekse koloniste van Massilia (die huidige Marseille) oorgeneem uit die inheemse Keltiese tale van Gallië, waar Rodo of Roto ("die ene wat loop of rol") dikwels as die naam van riviere gebruik is.

[wysig] Die loop van die rivier

Die Rhônegletser in Wallis, Switserland
Vergroot
Die Rhônegletser in Wallis, Switserland

Die boloop van die Rhône ontspring digby die Rhônegletser op 'n hoogte van 1 753 meter by die Furka-bergpas in die Sint-Gotthard-bergmassief, in die oostelike deel van die Switserse kanton Wallis (Frans: Valais).

Tot by Martigny in Wes-Wallis vloei die Rhône as 'n ruisende bergstroom en vergroot daarna tot 'n bergrivier, wat in suid-westelike rigting deur 'n gletservallei vloei. Daarna loop die rivier in noordwestelike rigting, verlaat die Alpegebied en loop verder deur die Geneefse Meer (Frans: Lac Léman), waarna dit die Switsers-Franse grens oorskry.

Naby die Franse stad Lyon mond die Saônerivier in die Rhône uit, wat in suidwaartse rigting deur die Rhônevallei loop. Hierdie vallei staan bekend vir sy gematigde klimaat, wat van die gebied 'n eersterangse landboustreek maak. Hier word onder meer vrugte soos perskes, kersies, appelkose en aarbeie verbou.

Die Switserse en Franse wyne van die Rhônegebied het wêreldfaam - die wynbougebiede strek van die Switserse kanton Wallis oor die hange langs die Geneefse Meer tot by die Suid-Franse wingerde van Châteauneuf-du-Pape.

Naby Arles vertak die Rhône in die Camargue-rivierdelta, 'n natuurbewaringsgebied, wat vir sy wit perde, swart beeste en sy groot verskeidenheid watervoëls bekend staan. Uiteindelik mond die rivier naby Marseille as die Grand Rhône ("Groot Rhône") en Petit Rhône ("Klein Rhône") in die Middellandse See uit.

[wysig] Skeepvaart

Die rivierdelta van die Petit Rhône in Suid-Frankryk
Vergroot
Die rivierdelta van die Petit Rhône in Suid-Frankryk

Die Rhône is 'n belangrike binnelandse waterweg, wat die nywerheidsgebiede van Arles, Avignon, Valence, Vienne en Lyon met die Mediterreense hawens Fos, Marseille en Sète verbind. Vanuit die samevloeing met die Saône tot by die Middellandse See is die Rhône as 'n sogenaamde klas-IV-waterweg ontwikkel. Die Saône, wat ook gekanaliseer is, verbind die Rhônehawens met nywerheidstede soos Villefranche-sur-Saône, Mâcon en Chalons-sur-Saône.

Die Rhône in Lyon
Vergroot
Die Rhône in Lyon

Vir kleiner vaartuie is daar verbindings in noordelike, noord-westelike en noord-oostelike rigting: Die Centre-Loire-Briare- en Loingkanaal lei na die Seine, die Canal de la Marne à la Saône (wat dikwels die "Kanaal tussen Champagne en Bourgogne" genoem word) lei na die Marnerivier, die Canal des Vosges lei na die Moesel en die Canal du Rhône au Rhin na die Ryn.

Sodra die Rhône in vloed is, staan dit bekend vir sy sterk stroming, wat tot 10 kilometer per uur kan versnel. Alhoewel die rivier nie die langste in Frankryk is nie, is dit verreweg die snelste en sterkste. In sy deltagebied mond 'n gemiddelde van 1 800 kubieke meter water per sekonde in die Middellandse See uit, wat van die Rhône die 48ste op die wêreldranglys van die grootste riviere maak. Swaar reën laat die Rhône gevaarlik sterk word - in Januarie 1994 het die rivier se vloei naby Beaucaire tot 11 000 kubieke meter per sekonde versnel.

Our "Network":

Project Gutenberg
https://gutenberg.classicistranieri.com

Encyclopaedia Britannica 1911
https://encyclopaediabritannica.classicistranieri.com

Librivox Audiobooks
https://librivox.classicistranieri.com

Linux Distributions
https://old.classicistranieri.com

Magnatune (MP3 Music)
https://magnatune.classicistranieri.com

Static Wikipedia (June 2008)
https://wikipedia.classicistranieri.com

Static Wikipedia (March 2008)
https://wikipedia2007.classicistranieri.com/mar2008/

Static Wikipedia (2007)
https://wikipedia2007.classicistranieri.com

Static Wikipedia (2006)
https://wikipedia2006.classicistranieri.com

Liber Liber
https://liberliber.classicistranieri.com

ZIM Files for Kiwix
https://zim.classicistranieri.com


Other Websites:

Bach - Goldberg Variations
https://www.goldbergvariations.org

Lazarillo de Tormes
https://www.lazarillodetormes.org

Madame Bovary
https://www.madamebovary.org

Il Fu Mattia Pascal
https://www.mattiapascal.it

The Voice in the Desert
https://www.thevoiceinthedesert.org

Confessione d'un amore fascista
https://www.amorefascista.it

Malinverno
https://www.malinverno.org

Debito formativo
https://www.debitoformativo.it

Adina Spire
https://www.adinaspire.com