Ebooks, Audobooks and Classical Music from Liber Liber
a b c d e f g h i j k l m n o p q r s t u v w x y z





Web - Amazon

We provide Linux to the World


We support WINRAR [What is this] - [Download .exe file(s) for Windows]

CLASSICISTRANIERI HOME PAGE - YOUTUBE CHANNEL
SITEMAP
Audiobooks by Valerio Di Stefano: Single Download - Complete Download [TAR] [WIM] [ZIP] [RAR] - Alphabetical Download  [TAR] [WIM] [ZIP] [RAR] - Download Instructions

Make a donation: IBAN: IT36M0708677020000000008016 - BIC/SWIFT:  ICRAITRRU60 - VALERIO DI STEFANO or
Privacy Policy Cookie Policy Terms and Conditions
Phobos (maan) - Wikipedia

Phobos (maan)

vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.

Phobos
Phobos, gefotografeer deur die Mars Global Surveyor, 2003
Ontdekking
Ontdek deur Asaph Hall
Ontdek op 18 Augustus 1877
Wenteleienskappe (Epoch J2000
Mediaanradius 9377,2 km
Totale omtrek 59,918 km
Perihelion 9235,6 km
Aphelion 9518,8 km
Eksentrisiteit 0,0151
Rewolusieperiode 7 uur 39,2 min
Inklinasie 1,093° (tov Marsewenaar)

0.046° (tov lokale Laplacevlak)

26,04° (tov die sonneweg

Is 'n satelliet van Mars
Fisiese eienskappe
Mediaandeursnit 22,2 km (26,8 × 21 × 18,4)

(0,0021 × aarde)

Oppervlakte 6,084 km2 (11.9 × 10-6 aarde)
Massa 1,07 × 1016 kg (1,8 × 10-9 aarde)
Gemiddelde digtheid 3,34 g/cm3
Oppervlakaantrekkingskrag 0,0084 - 0,0019 m/s2
Ontsnappingssnelheid 0,011 km/s (11 m/s)
Rotasieperiode sinkroon
Rotasiesnelheid 11,0 km/h (by die langste as punte)
Aksiale neiging
Albedo 0,07
Oppervlaktemp. ~313 K
Atmosferiese druk geen atmosfeer

Phobos (foe'-bus, Grieks Φόβος) is die groter en naaste van die twee mane van Mars. Dit is vernoem na Phobos, seun van Ares (Mars) in die Griekse mitologie. Phobos se wentelbaan is die naaste van enige ander maan van 'n planeet in die sonnestelsel, minder as 6000 km bo die oppervlak van Mars. Dit is ook een van die kleiner mane in die sonnestelsel.

Inhoud

[wysig] Ontdekking

Die teleskoop gebruik om Phobos die eerste keer waar te neem.
Vergroot
Die teleskoop gebruik om Phobos die eerste keer waar te neem.

Phobos is die eerste keer waargeneem deur die Amerikaanse sterrekundige Asaph Hall op 18 Augustus 1877 by die Amerikaanse marine-sterrewag in Washington, D.C om 09:14 GMT. [1]. Asaph Hall het ook Deimos, Mars se ander maan, ontdek.

Die name is voorgestel deur Henry Madan (1838–1901), natuurwetenskapmeester by Eton, vanuit Boek XV van die Iliad, waar Ares sy twee seuns (Phobos en Deimos) oproep.

Phobos is van naderby gefotografeer deur Mariner 9 in 1971, Viking 1 in 1977, Phobos 2 in 1988, Mars Global Surveyor in 1998 en 2003, en deur die Mars Express in 2004.

[wysig] Wentelbaaneienskappe

Phobos se wentelbaan is so naby aan Mars, dat dit vinniger beweeg as Mars se eie rotasiespoed. Dus styg Phobos in die weste, beweeg in 4 uur 15 minute oor die lugruim van Mars en sak weer in die ooste. Hierdie siklus word ongeveer twee keer per Marsdag (11 uur 6 minute) herhaal. Dit is so naby aan die oppervalk van Mars, dat dit nie gesien kan word van punte bo die 70,4'ste lentegraad van Mars.

Hierdie lae wentelbaan beteken dat Phobos uiteindelik vernietig sal word. Getykragte is besig om die wentelbaan al verder te erodeer, op die oomblik teen 1,8 meter per eeu, en binne die volgende 50 miljoen jaar sal Phobos of op Mars val of, meer waarskynlik, opbreek om 'n ring te vorm. Indien Phobos gemodeleer word as 'n puinhoop, volgens die Mohr-Coulombteorie en gegewe die onreëlmatige vorm van Phobos, word dit bereken dat dit tans stabiel is in terme van getykragte, maar dat dit sal val binne sy Rochelimiet wanneer die wentelbaanradius val onder 8400 km. Dit sal waarskynlik in hierdie stadium, of kort daarna, opbreek 1.

Phobos beweeg voor die Son, soos gesien vanaf die Mars Rover Opportunity
Vergroot
Phobos beweeg voor die Son, soos gesien vanaf die Mars Rover Opportunity

Gesien vanaf Phobos is Mars 6400 keer groter en 2500 keer meer helder as die maan soos gesien vanaf die aarde. Dit neem 'n volle kwart van die wydte van die lugruim op.

Gesien vanaf Mars se ewenaar is Phobos 'n derde van die hoekdeursnit van 'n vol maan soos gesien vanaf die aarde. Waarnemers by hoër lengtegrade (minder as 70,4°) sal 'n kleiner hoekdeursnit sien aangesien hulle verder weg is vanaf Phobos. Hierdie verskil is opmerkbaar as gevolg van Phobos se klein wentelbaan. Phobos se waarneembare grootte sal verskil met tot 45%. Vir 'n waarnemer by die ewenaar sal Phobos 'n hoekdeursnit het van 0,14° op die horison, terwyl dit toeneem tot 0,20° by sy toppunt. Daarteenoor is die son se hoekdeursnit vanaf Mars ongeveer 0,35°.

[wysig] Fisiese eienskappe

'n Samestelling van drie beelde geneem deur Viking 1 op 19 Oktober 1978. Die groot krater linksbo is die Stickneykrater
Vergroot
'n Samestelling van drie beelde geneem deur Viking 1 op 19 Oktober 1978. Die groot krater linksbo is die Stickneykrater

Phobos is redelik donker en die oppervlakmateriaal is klaarblyklik uit C-tipe saamgestel. Dit is soortgelyk aan die C-tipe (swart) asteroïd van die buitenste asteroïdgordel. Phobos se digtheid is egter te laag om van soliede rots te wees. Dit is waarskynlik saamgestel uit 'n mengsel van rots en ys. Die Sowjetruimtetuig Phobos 2 het 'n geringe maar konstante gasstroom vanaf Phobos waargeem. Die aard van hierdie gas kon nie waargeneem word nie, maar dit is waarskynlik water. Onlangse beelde vanaf die Mars Global Surveyor dui aan dat Phobos bedek is met 'n fyn laag stof, soortgelyk aan die van die aarde se maan.

Phobos is uiters onbolvormig, met afmetings van 27 × 21,6 × 18,8 km. Dit het verskei kraters, waarvan die duidelikste oppervlak eienskap die Stickneykrater is, vernoem na die nooiensvan van Asaph Hall se vrou, Angeline Stickney. Soortgelyk aan die Herschalkrater op Mimas moes die impak wat die Stickneykrater veroorsaak het, amper Phobus versplinter het. Die groewe op Phobos se oppervlak, tipies 30 m diep, 100 – 200 m wyd en tot 20 km lank, is waarskynlik ook gemaak tydens die Stickneyimpak.

Dit word algemeen geglo dat Phobos oorspronlik 'n asteroïd was. Daar is ook sprake dat dit van veraf dele van die sonnestelsel kom en nie van die hoof asteroïdgordel nie.


[wysig] Verwysings

Eietydse verwysings na die eerste waarneming van Phobos en Deimos:

[wysig] Sien ook

  • Deimos, die ander maan van Mars

[wysig] Eksterne skakels

Commons
Multimedia oor hierdie onderwerp is te vinde op Wikimedia Commons onder die titel:
Our "Network":

Project Gutenberg
https://gutenberg.classicistranieri.com

Encyclopaedia Britannica 1911
https://encyclopaediabritannica.classicistranieri.com

Librivox Audiobooks
https://librivox.classicistranieri.com

Linux Distributions
https://old.classicistranieri.com

Magnatune (MP3 Music)
https://magnatune.classicistranieri.com

Static Wikipedia (June 2008)
https://wikipedia.classicistranieri.com

Static Wikipedia (March 2008)
https://wikipedia2007.classicistranieri.com/mar2008/

Static Wikipedia (2007)
https://wikipedia2007.classicistranieri.com

Static Wikipedia (2006)
https://wikipedia2006.classicistranieri.com

Liber Liber
https://liberliber.classicistranieri.com

ZIM Files for Kiwix
https://zim.classicistranieri.com


Other Websites:

Bach - Goldberg Variations
https://www.goldbergvariations.org

Lazarillo de Tormes
https://www.lazarillodetormes.org

Madame Bovary
https://www.madamebovary.org

Il Fu Mattia Pascal
https://www.mattiapascal.it

The Voice in the Desert
https://www.thevoiceinthedesert.org

Confessione d'un amore fascista
https://www.amorefascista.it

Malinverno
https://www.malinverno.org

Debito formativo
https://www.debitoformativo.it

Adina Spire
https://www.adinaspire.com