Ebooks, Audobooks and Classical Music from Liber Liber
a b c d e f g h i j k l m n o p q r s t u v w x y z





Web - Amazon

We provide Linux to the World


We support WINRAR [What is this] - [Download .exe file(s) for Windows]

CLASSICISTRANIERI HOME PAGE - YOUTUBE CHANNEL
SITEMAP
Audiobooks by Valerio Di Stefano: Single Download - Complete Download [TAR] [WIM] [ZIP] [RAR] - Alphabetical Download  [TAR] [WIM] [ZIP] [RAR] - Download Instructions

Make a donation: IBAN: IT36M0708677020000000008016 - BIC/SWIFT:  ICRAITRRU60 - VALERIO DI STEFANO or
Privacy Policy Cookie Policy Terms and Conditions
Alexander Litvinenko - Wikipedia

Alexander Litvinenko

vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.

Alexander Litvinenko
Vergroot
Alexander Litvinenko

Alexander Valterovitsj Litvinenko (geb. 4 Desember 1962 - † 23 November 2006) was 'n voormalige KGB kolonel en voormalige luitenant-kolonel van die Russiese FSB. Hy het sy gesagvoerder gekritiseer en het uit vrees vir vergelding Rusland verlaat en na die Verenigde Koninkryk in 2000 geëmigreer, waar hy in Oktober van 2006 volle burgerskap verkry het. Daar het hy twee boeke gepubliseer waarin hy die regering van Vladimir Poetin kritiseer. Op 23 November 2006 het hy in Londen gesterf na vermoedelike vergiftiging met polonium-210 en het sy dood internasionale aandag getrek nadat hy die FSB vanaf sy sterfbed beskuldig het van die daad.

Inhoud

[wysig] Loopbaan in die Russiese intelligensiediens

Alexander Litvinenko is gebore in die Russiese stad Voronezj waar hy ook sy hoërskoolloopbaan in 1980 voltooi het. Hy het toe by die Sowjet-leër aangesluit en vinnig opgang gemaak en is tot luitenant-kolonel bevorder. In 1988 het hy aangesluit by die teenintelligensiedienste van die Sowjet KGB en in 1991 is hy tot die Staf van die MB-FSK-FSB van Rusland bevorder, wat gespesialiseer het in teenintelligensie aktiwiteite asook die infiltrasie van georganiseerde misdaad. Die titel "MUR-veteraan" is aan hom toegeken vir werk wat hy by die MUR (Moskou departemente vir kriminele ondersoeke) goedoen het. Litvinenko was ook betrokke by aktiewe militêre diens van die voormalige Sowjet-unie en Rusland en is hy in 1997 bevorder tot die mees geheime departement van die Russiese FSB, die Departement vir die Analise van Kriminele Organisasies met die titel, senior offisier vir operasies en onderhoof van die Sewende Afdeling.

[wysig] Afvalligheid

Litvinenko was 'n spesialis in die stryd teen georganiseerde misdaad. In 1998 het hy beweer dat sy bevelvoerders die moord op Boris Berezovski, 'n besigheidsman wat op daardie stadium 'n hoë regeringspos beklee het, naamlik Sekretaris van die Sekuriteitsraad. Litvinenko beweer dat hy ontslaan is vanuit die FSB en twee keer gearresteer is op valse aanklagte wat laat vaar is nadat hy vir 'n tyd lank in tronke in Moskou aangehou is.

Hy is in 2000 vir 'n derde keer gearresteer op aanklagte daarvan dat hy bewyse in 'n ondersoek vervals het en het toe gevlug voor hy gevangenisskap opgelê is. Hy is sonder paspoort na Turkye waar hy by sy vrou Marina en hul seun Anatoli aangesluit het, wat Moskou met toeriste-visas verlaat het. Op 1 November 2000 het hulle na die Verenigde Koninkryk geëmigreer, waar hulle om politieke asiel aansoek gedoen het. In Oktober 2006 word hy 'n Britse burger.

In die boek Blowing up Russia: Terror from Within wat in 2002 gepubliseer is het Litvinenko beweer dat agente van die FSB verantwoordelik was vir die bomontploffings in verskeie Russiese woonstelblokke wat tot die dood van meer as 300 mense gelei het. Russiese amptenare het Tjetsniese rebelle blameer vir die ontploffings. In die boek Bende van Loebjanka (Loebjanskaja Prestoepnaja Groeppirovka) het Litvinenko beweer dat Vladimir Poetin by georganiseerde misdaad betrokke was toe hy nog by die FSB gewerk het.

Tydens 'n onderhoud in Julie van 2005 met die Poolse koerant Rzeczpospolita het Litvinenka beweer dat Ayman al-Zawahiri saam met ander leiers van al-Qaeda in Dagestan in 1998 opleiding van die FSB ontvang het.

In April van 2006 het 'n Britse Parlementslid van Londen, Gerard Batten (UKIP), bewerings deur Litvinenko aangehaal dat Romano Prodi, die President van die Europese Kommisie, een van die KGB se manne in Italië was. Batten het geëis dat die bewerings ondersoek word. Hy het die Europese Parlement vertel dat Litvinenko die inligting van Generaal Anatoli Trofimov verkry het (wat in 2005 in Moskou doodgeskiet is).

Op die 26ste April 2006 het Batten sy versoek vir 'n parlementêre ondersoek herhaal, en onthul dat sekere voormalige senior lede van die KGB bereid was om getuienis te lewer in so 'n ondersoek, onder sekere voorwaardes.

[wysig] Siekte en dood

Op die 1ste November 2006 het Litvinenko skielik siek geword. In verskeie onderhoude het hy gesê dat hy vroeër die dag ontmoetings met twee voormalige KGB-agente gehad het en toe by 'n sushi restourant in Piccadilly in Londen saam met 'n Italiaanse kennis, Mario Scaramella, gaan eet het, teenoor wie hy die bewerings rondom Romano Prodi gemaak het.

Oleg Gordievski, 'n ou kennis van Litvinenko en ook 'n voormalige KGB kolonel wat na die Verenigde Koninkryk uitgewyk het, het die BBC vertel dat hy glo dat Litvinenko by die woonstel van 'n ou Russiese vriend vergiftig is, by wie hy tee gaan drink het voordat hy na die sushi-restourant toe gegaan het. Alle aanduidings op hierdie stadium dui daarop dat Litvinenko met polonium vergiftig is. Op 23 November 2006 is Litvinenko oorlede.

[wysig] Verwysings

Artikel in die Engelse Wikipedia

[wysig] Boeke

  • A. Litvinenko and A. Goldfarb. Gang from Lubyanka GRANI, New York, 2002. ISBN 0-9723878-0-3.
  • Joeri Felsjtinski, Alexander Litvinenko, and Geoffrey Andrews. Blowing up Russia : Terror from within. 2002. ISBN 1-561-71938-2

[wysig] Eksterne skakels

Our "Network":

Project Gutenberg
https://gutenberg.classicistranieri.com

Encyclopaedia Britannica 1911
https://encyclopaediabritannica.classicistranieri.com

Librivox Audiobooks
https://librivox.classicistranieri.com

Linux Distributions
https://old.classicistranieri.com

Magnatune (MP3 Music)
https://magnatune.classicistranieri.com

Static Wikipedia (June 2008)
https://wikipedia.classicistranieri.com

Static Wikipedia (March 2008)
https://wikipedia2007.classicistranieri.com/mar2008/

Static Wikipedia (2007)
https://wikipedia2007.classicistranieri.com

Static Wikipedia (2006)
https://wikipedia2006.classicistranieri.com

Liber Liber
https://liberliber.classicistranieri.com

ZIM Files for Kiwix
https://zim.classicistranieri.com


Other Websites:

Bach - Goldberg Variations
https://www.goldbergvariations.org

Lazarillo de Tormes
https://www.lazarillodetormes.org

Madame Bovary
https://www.madamebovary.org

Il Fu Mattia Pascal
https://www.mattiapascal.it

The Voice in the Desert
https://www.thevoiceinthedesert.org

Confessione d'un amore fascista
https://www.amorefascista.it

Malinverno
https://www.malinverno.org

Debito formativo
https://www.debitoformativo.it

Adina Spire
https://www.adinaspire.com