Ebooks, Audobooks and Classical Music from Liber Liber
a b c d e f g h i j k l m n o p q r s t u v w x y z





Web - Amazon

We provide Linux to the World


We support WINRAR [What is this] - [Download .exe file(s) for Windows]

CLASSICISTRANIERI HOME PAGE - YOUTUBE CHANNEL
SITEMAP
Audiobooks by Valerio Di Stefano: Single Download - Complete Download [TAR] [WIM] [ZIP] [RAR] - Alphabetical Download  [TAR] [WIM] [ZIP] [RAR] - Download Instructions

Make a donation: IBAN: IT36M0708677020000000008016 - BIC/SWIFT:  ICRAITRRU60 - VALERIO DI STEFANO or
Privacy Policy Cookie Policy Terms and Conditions
Transvaal - Wikipedia

Transvaal

vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.

Suid-Afrikaanse Republiek Zuid-Afrikaansche Republiek Transvaal
Le vierkleur du Transvaal
Transvaal in the Union of South Africa
Hoofstad Pretoria
Stigting 1857 - Onafhanklikheid

1880 - 1881 - Eerste Vryheidsoorlog

Ontbinding 1877-1883 - 1ste Britse anneksasie

1900 - 2de Britse anneksasie
1910-1961 - Provinsie van die Unie van Suid-Afrika
1961-1994 - Provinsie van die Republiek van Suid-Afrika

Oppervlak 262 499 vk km
Bevolking 11 000 000 (1994)
Bevolkingsdigtheid 41,9 / vk km
Amptelike tale Nederlands (1857-1925)

Afrikaans, Engels (1925-1994)

Die Blyderivier-canyon
Vergroot
Die Blyderivier-canyon

Transvaal is die informele naam vir een van die onafhanklike republieke wat deur die Voortrekkers tydens die 19de eeu gestig is en amptelik as Zuid-Afrikaansche Republiek (ZAR) bekend gestaan het. Ná 1910 vorm Transvaal, wat in die noord-ooste van Suid-Afrika lê, een van die vier provinsies van die Unie van Suid-Afrika en sedert 1961 een van die vier provinsies van die Republiek van Suid-Afrika.

Transvaal is sowel in landboukundige asook in mynboukundige opsig 'n skatkamer. Sy uitgestrekte plase en sy mynbounywerheid lewer 'n groot bydrae tot Suid-Afrika se bruto binnelandse produk. Teen die suidelike rand van die Transvaalse Hoëveld lê Suid-Afrika se belangrikste nywerheidsgebied, die Witwatersrand.

Ná die algemene verkiesing van 1994 is die administratiewe verdeling van Suid-Afrika verander en die provinsie Transvaal ontbind. Op sy grondgebied het vier nuwe provinsies ontstaan: Gauteng, Noordwes, Limpopo en Mpumalanga. Die naam Transvaal word nog steeds gebruik om na die oorspronklike geografiese gebied te verwys.

[wysig] Geografie

Magaliesberg, 'n bergreeks naby Pretoria
Vergroot
Magaliesberg, 'n bergreeks naby Pretoria

Transvaal beslaan die noord-oostelike deel van Suid-Afrika en word begrens deur die voormalige Kaapprovinsie, die Oranje-Vrystaat, Natal, Zimbabwe, Mosambiek, Swaziland en Botswana.

Die ooste van Transvaal word deur die subtropiese Laeveld met sy kenmerkende bosse en grasvlaktes oorheers. Van Suid-Afrika se bekendste reservate soos die Nasionale Krugerwildtuin lê in dié gebied.

Die noorde en dele van die westelike Transvaal spog met ou bosse, magtige bergreekse en uitgestrekte vlaktes. Die Hoëveld met sy grasvlaktes is 'n groot plato in die suid-weste. Die Witwatersrand met sy belangrike mynboubedryf en nywerhede lê suid van die Witwatersrand.

Transvaal se grootste rivier is die Vaal, wat ook die grenslyn tussen die provinsie en die Oranje-Vrystaat gevorm het. Die Vaaldam voorsien die gebied van Pretoria-Witwatersrand-Vereeniging met water en is ook 'n gewilde ontspanningsgebied vir onder meer watersportgeesdriftiges. Op 'n aantal eilande in die Vaalrivier is vakansieoorde opgerig.

[wysig] Geskiedenis

Die Voortrekkers vernoem die gebied oorkant die Vaalrivier en suid van die Limpoporivier in die 19de eeu Transvaal. Hier vestig hulle ook Voortrekkers, wat teen die begin van die veertigerjare van die 19de eeu uit Natal verdryf is, en stig klein onafhanklike republieke soos byvoorbeld in Potchefstroom, wat saam met Winburg die kortstondige Republiek van Potchefstroom-Winburg vorm.

Met die Verdrag van Sandrivier erken die Britse koloniale owerhede in 1852 die onafhanklikheid van die Zuid-Afrikaansche Republiek, waarin 'n aantal kleiner Boererepublieke in die Transvaal-gebied verenig is, en twee jaar later ook die Oranje-Vrystaat. Potchefstroom word as die eerste administratiewe hoofstad van die ZAR gekies. In 1855 word 'n nuwe regeringsetel teen die Apiesrivier gestig en ter ere van die Voortrekkerleier Andries Pretorius Pretoria genoem.

In die tydperk tussen 1854 en 1872 is 'n aantal pogings onderneem om die ZAR en die Oranje-Vrystaat te verenig. Hulle is egter weens politieke geskille nie suksesvol nie.

Die yl bevolkte Zuid-Afrikaansche Republiek en Oranje-Vrystaat is patriargale, plattelandse gebiede, wat afgesny is van die politieke en maatskaplike ontwikkelinge in Europa en slegs oor 'n rudimentêre infrastruktuur beskik. In 1877 annekseer die Britte die ZAR, omdat die republiek nie in staat sou wees om homself te regeer of die opstandige Swart stamme in bedwang te hou nie.

Op 16 Desember 1880 begin die Eerste Vryheidsoorlog, waarin die ZAR na slegs twee maande by die Slag van Majuba 'n oorwinning oor die Britte behaal. Die republiek kry aanvanklik weer selfregering en herwin later, in 1884, ook sy onafhanklikheid. In 1883 word Paul Kruger President van die ZAR.

President Paul Kruger
Vergroot
President Paul Kruger

Met die ontdekking van die goudvelde aan die Witwatersrand stroom in 1886 'n groot aantal buitelanders na die gebied, en in dieselfde jaar word sowat vyftig kilometer suid van Pretoria die myndorp Johannesburg gestig. In die volgende dekade groei die politieke spannings tussen die "uitlanders" in Johannesburg en die regering van die ZAR, wat nie bereid is om stemreg aan die oorwegend Engelstalige bewoners van Johannesburg te verleen nie. Sowat een derde van die 200 000 Blankes in die ZAR is destyds buitelanders. Cecil Rhodes, die Eerste Minister van die Kaapkolonie, en President Paul Kruger is die groot politieke teenspelers van hierdie tydperk.

'n Grensvoorval, wat deur Rhodes en sy medepligtiges opsetlik veroorsaak is, gee in 1899 die aanleiding tot die uitbreek van die Tweede Vryheidsoorlog, waarin 35 000 Afrikaners teen 'n oormag van 450 000 Britse soldate veg. Ondanks die hewige verset van die Afrikaners en die suksesvolle guerilla-taktiek van die Afrikaanse generale Christiaan de Wet en Koos de la Rey, wat destyds wêrelwyd vir opwinding sorg, slaag die Britte onder meer danksy hulle beleid van "verskroeide aarde" en die gebruik van konsentrasiekampe, waarin 26 000 vroue en kinders en 'n onbekende aantal Swart plaaswerkers omgekom het, daarin om die oorlog te wen. Met die Vrede van Vereeniging, wat in 1902 gesluit is, word die Boererepublieke uiteindelik deur die Britse kroon geannekseer.

In 1910 word Transvaal een van die vier provinsies van die nuutgestigte Unie van Suid-Afrika. Die politieke prys, wat die Engelstalige element van die Blanke bevolking destyds heel bereidwillig betaal het vir die politieke versoening met die Afrikaners, is die rassebeleid van Apartheid, wat uit die patriargale maatskaplike strukture van die Boererepublieke voortspruit en nou dekades lank die binnelandse beleid van Suid-Afrika oorheers.

[wysig] Toponomie

Ná die algemene demokratiese verkiesing van die jaar 1994 is Transvaal in die nuwe administratiewe provinsies Pretoria-Witwatersrand-Vereeniging (in 1995 hernoem tot Gauteng), Oos-Transvaal (sedert 1995 Mpumalanga), Noord-Transvaal (in 1995 hernoem tot Noord en in 2001 tot Limpopo) en Noordwes verdeel.

Our "Network":

Project Gutenberg
https://gutenberg.classicistranieri.com

Encyclopaedia Britannica 1911
https://encyclopaediabritannica.classicistranieri.com

Librivox Audiobooks
https://librivox.classicistranieri.com

Linux Distributions
https://old.classicistranieri.com

Magnatune (MP3 Music)
https://magnatune.classicistranieri.com

Static Wikipedia (June 2008)
https://wikipedia.classicistranieri.com

Static Wikipedia (March 2008)
https://wikipedia2007.classicistranieri.com/mar2008/

Static Wikipedia (2007)
https://wikipedia2007.classicistranieri.com

Static Wikipedia (2006)
https://wikipedia2006.classicistranieri.com

Liber Liber
https://liberliber.classicistranieri.com

ZIM Files for Kiwix
https://zim.classicistranieri.com


Other Websites:

Bach - Goldberg Variations
https://www.goldbergvariations.org

Lazarillo de Tormes
https://www.lazarillodetormes.org

Madame Bovary
https://www.madamebovary.org

Il Fu Mattia Pascal
https://www.mattiapascal.it

The Voice in the Desert
https://www.thevoiceinthedesert.org

Confessione d'un amore fascista
https://www.amorefascista.it

Malinverno
https://www.malinverno.org

Debito formativo
https://www.debitoformativo.it

Adina Spire
https://www.adinaspire.com