Ebooks, Audobooks and Classical Music from Liber Liber
a b c d e f g h i j k l m n o p q r s t u v w x y z





Web - Amazon

We provide Linux to the World


We support WINRAR [What is this] - [Download .exe file(s) for Windows]

CLASSICISTRANIERI HOME PAGE - YOUTUBE CHANNEL
SITEMAP
Audiobooks by Valerio Di Stefano: Single Download - Complete Download [TAR] [WIM] [ZIP] [RAR] - Alphabetical Download  [TAR] [WIM] [ZIP] [RAR] - Download Instructions

Make a donation: IBAN: IT36M0708677020000000008016 - BIC/SWIFT:  ICRAITRRU60 - VALERIO DI STEFANO or
Privacy Policy Cookie Policy Terms and Conditions
Pireneë - Wikipedia

Pireneë

vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.

Die sentrale Pireneë
Vergroot
Die sentrale Pireneë

Die Pireneë (Frans: Pyrénées, Spaans: Pirineos, Katalaans: Pirineus, Oksitaans: Pirenèus of Pirenèas, Aragonees: Perinés, Baskies: Pirinioak) is 'n bergreeks in Suidwes-Europa, wat die natuurlike grens tussen Frankryk en Spanje vorm. Die Pireneë skei Frankryk van die Iberiese Skiereiland en strek oor 'n afstand van sowat 430 kilometer van die Golf van Biskaje in die Atlantiese Oseaan tot by die Kaap Creus aan die Middellandse See.

Die hoogste bergrug vorm grotendeels ook die grenslyn tussen Frankryk en Spanje, terwyl die landgebonde vorstedom Andorra tussen dié twee state lê. Die Val d'Aran is 'n uitsondering; die vallei lê teen die noordelike kant van die bergreeks, behoort egter tot Spanje.

Inhoud

[wysig] Geografie

In politieke en administratiewe opsig maak die Pireneë deel uit van die Franse départements Pyrénées-Orientales, Aude, Ariège, Haute-Garonne, Hautes-Pyrénées en Pyrénées-Atlantiques (die Nasionale Pireneëpark lê in die twee laasgenoemde départements); en die Spaanse provinsies Girona, Barcelona, Lleida, Huesca, Zaragoza, Navarra en Gipuzkoa. Daarnaas maak die Pireneë ook deel uit van die onafhanklike vorstedom Andorra.

'n Satellietbeeld van die Pireneë, wat deur die NASA geneem is
Vergroot
'n Satellietbeeld van die Pireneë, wat deur die NASA geneem is

In geografiese opsig word die bergreeks gewoonlik in die Sentrale, Atlantiese (of Westelike) en Oostelike Pireneë verdeel.

Die Sentrale Pireneë strek van Port de Canfranc in oostelike rigting tot by die Val d'Aran. Hier lê die hoogste bergspitse:

  • Aneto of Pic de Néthou (3 404 meter) en geleë teen die Maladetta-rand,
  • Mont Posets (3 375 meter), en
  • Mont Perdu (Monte Perdido, Mont Perdut) (3 355 meter).

In die Atlantiese Pireneë neem die gemiddelde hoogtes geleidelik in oos-westelike rigting af. Met die uitsondering van een breuk teen die uiterste oostelike kant van die Pyrénées Ariégeoises het die bergspitse van die Oostelike Pireneë meer of min dieselfde hoogte, totdat hulle in die Albères-groep steil begin daal.

[wysig] Geologie

Die Pireneë is ouer as die Alpe; hulle afsaksels is vir die eerste keer in die Paleosoïese en Mesosoïese tydperke in die kusbekkens gevorm. Die seebodem van die Golf van Gascogne het tussen 100 en 150 miljoen jaar gelede begin sprei en die huidige gebied van Spanje teen Frankryk gestoot en sodoende groot lae van afsaksels saamgepers. Die hewige druk en opwaartse beweging van die aardkors het eers die oostelike gedeelte geraak en daarna langs die hele bergketting gestrek, om uiteindelik sy hoogtepunt in die Eoseen (60 miljoen jaar gelede) te bereik.

Die oostelike gedeelte van die Pireneë bestaan hoofsaaklik uit graniet en gneisagtige gesteentes, terwyl die granietpieke in die ooste deur lae van kalksteen flankeer word. Die massiewe en onverslete voorkoms van die bergreeks is te danke aan die groot hoeveelhede graniet, wat baie goed bestand is teen erosie, en die swak ontwikkeling van gletsers.

[wysig] Landskapsvorms

'n Bergspits in die somer
Vergroot
'n Bergspits in die somer

Tipiese kenmerke van die Pireneë se landskapsvorms is

  • die afwesigheid van groot mere soos in die dwarsdale van die Alpe,
  • die skaarste aan en groot hoogte van bergpasse,
  • die groot aantal bergstrome, wat plaaslik as gaves bekend staan en dikwels hoë watervalle vorm, wat in Europa slegs deur dié van Skandinawië oortref word, en
  • die gereelde voorkoms van sogenaamde cirques - halfsirkels van steil rotswande, wat teen die boonste dele van die valleie lê.

Die hoogste waterval in die Pireneë is die Gavarnie-valle met 'n hoogte van 462 meter, wat teen die boloop van die Gave de Pau lê. Die Cirque de Gavarnie in dieselfde vallei is een van die mees bekende voorbeelde van die cirque-formasies. Laer bergpasse ontbreek; net die Col de la Perche, geleë tussen die valleie van die Têt- en Segreriviere, en die Col de Semport of Port de Canfranc langs die ou Romeinse pad van Zaragoza na Oloron-Sainte-Marie verbind die pad- en spoorwegnetwerke van Frankryk en Spanje aan weerskante van die bergreeks.

'n Bekende geografiese kenmerk is La Brèche de Roland, 'n kloof in die bergreeks, wat volgens tradisionele legendes deur die Frankiese ridder Roland geskep is.

[wysig] Grondstowwe

Die meer van Artouste
Vergroot
Die meer van Artouste

Die metaalertse van die Pireneë is ekonomies minder belangrik, alhoewel groot ystermyne naby Vie de Sos in Ariège en teen die voet van die Canigou in Pyrénées-Orientales bestaan het. Groot steenkoolreserwes lê hoofsaaklik teen die Spaanse hange, terwyl die Franse gedeelte oor groter voorkomste van laegraadse steenkool (ligniet) beskik. Die oopmyn van Trimoun (Ariège) is een van die belangrikste verskaffers van talk in Europa.

In teenstelling met die Alpe is daar 'n oorvloed mineraalbaddens soos dié van Bagnères-de-Luchon en Eaux-Chaudes. Hulle bevat groter hoeveelhede swael en lê op groot hoogtes, waar die graniet in aanraking kom met die lae van ander gesteentes. Die laer geleë mineraalbaddens, soos dié van Bagnères-de-Bigorre (Hautes-Pyrénées), Rennes-les-Bains (Aude) en Campagne (Aude), bevat meesal seleen en is nie baie warm nie.

Die kaasmakers van die westelike Pireneëgebied trek voordeel uit die kalkgesteente, wat deur 'n groot aantal grotte gekenmerk word. Hulle word dikwels gebruik om die rypwording van die plaaslike kaassoorte te bevorder.

[wysig] Klimaat

Col du Tourmalet
Vergroot
Col du Tourmalet

In klimatiese opsig vorm die Pireneë 'n soort versperring. Die westelike Pireneë kry duidelik meer reën- en sneeuval as die oostelike gedeelte, waardeur die twee gebiede 'n aantal verskille toon. Gletsers ontbreek volledig in die oostelike Pireneë, aangesien die swak sneeuval nie toereikend is vir hulle ontwikkeling nie. Gletsers bly beperk tot die noordelike hange van die sentrale Pireneë en daal ook nie ver af na die valleie nie, soos hulle eweknieë in die Alpe. Hulle bereik hulle grootste lengte in die rigting van die bergreeks en vorm 'n nou gebied naby die hoogste bergspitse. Net soos in die ander groot bergreekse van Middel-Europa het die Pireneë se gletsers tydens die ystydperk 'n duidelik groter oppervlak bedek. Die gletser in die vallei van Argelbs in die département Hautes-Pyrénées is die bekendste voorbeeld.

Sedert die middel van die 19de eeu het die gletsers geleidelik begin terugtrek. Veral die Ossoue-gletser naby die berg Vignemale, wat vroeër 'n indrukwekkende natuurskouspel was, het duidelik afgesmelt. Tans bedek die gletsers in die Sentraal-Pireneë 'n oppervlak van sowat 500 hektaar. As gevolg van die globale verwarming sal hulle tot by die jaar 2100 verdwyn het.

Die sneeulyn in die Pireneë lê tussen 2 700 en 2 800 meter bo seevlak.

[wysig] Flora en fauna

'n Bergstroom in die somer
Vergroot
'n Bergstroom in die somer

Die oorwig van reënval in die westelike gedeelte van die Pireneë oefen ook 'n groot invloed op die plantegroei in die gebied uit. Die laer geleë berge in die uiterste weste is pragtig bebos, tog neem die omvang van die bosgebiede in oostelike rigting duidelik af. Die oostelike Pireneë is 'n ongerepte, kaal gebied, wat deur groot massa's graniet oorheers word. Daarnaas verander ook die samestelling van die flora in wes-oostelike rigting. Die plantegroei in die noordelike gedeelte van die Wes-Pireneë kom ooreen met dié van Middel-Europa, terwyl dit in die ooste al 'n Mediterreense karakter het - ofskoon die verskil ten opsigte van die breedtegraad net 1° is.

Die Pic de Bugatet in die natuurbewaringsgebied van Néouvielle
Vergroot
Die Pic de Bugatet in die natuurbewaringsgebied van Néouvielle

Die Pireneë is net soos die Alpe ryk aan endemiese spesies. Hier groei die enigste soort Dioscorea (yamwortel), Dioscorea pyrenaica, op slegs een hooggeleë plek in die sentrale Pireneë, en die monotipiese genus Xatardia op net een hooggeleë bergpas tussen die Val d'Eynes en Katalonië. Die genus, wat die meeste in die Pireneë voorkom, is die Saxifrages, waarvan verskeie spesies hier endemies is.

Ook die fauna van die Pireneë spog met 'n aantal voorbeelde van endemiese spesies. Die Pirenese desman of watermol (Galemys pyrenaicus) kom slegs in sommige bergstrome van die noordelike hange voor. Die enigste ander mol van hierdie genus is inheems aan die riviere van die Kaukasus-bergreeks in Suid-Rusland. Die Pirenese euproctus, wat nou verwant is aan die salamander, kom eweneens in hooggeleë bergstrome en mere voor. 'n Ander besonderheid van die Pireneë is die blinde insekte in die grotte van Ariège, waarvan die Anophthalmus en Adelops die bekendste genera is.

Die inheemse Spaanse steenbok (Capra pyrenaica) het in Januarie 2000 op 'n geheimsinnige manier uitgesterf, terwyl die Pirenese bruinbeer in die negentigerjare van die 20ste eeu byna uitgeroei is. Die beer is in 1996 weer in die gebied ingevoer, toe drie bere uit Slowenië hier vrygelaat is. Die bere het goed aangepas; tans is daar vyftien bruinbere in die sentrale gebied naby Fos. Slegs vier inheemse bere leef in die Aspevallei (Frans: Vallée d'Aspe).

[wysig] Landbou

Die weivelde is geskik vir veeteelt, veral skape, bokke en melkkoeie. Die westelike Pireneë staan bekend vir hulle kaasmakerye, wat naas suiwer skaap- en bokkekaas ook gemengde soorte vervaardig. Die gewildste soorte is die Ossau-Iraty uit die Vallée d'Aspe, die Vallée d'Ossau en die aangrensdende Spaanse Pireneë, en die Pireneëkaas uit die Baskeland, 'n koeimelkkaas, wat met 'n swart waslaag oortrek word.

Die Franse en Spaanse voorgebergtes van die Pireneë is bekende wynboustreke. Die belangrikste Franse Pireneëwyne kom uit Jurançon en die Corbières, die historiese tuisland van die Kathare.

Our "Network":

Project Gutenberg
https://gutenberg.classicistranieri.com

Encyclopaedia Britannica 1911
https://encyclopaediabritannica.classicistranieri.com

Librivox Audiobooks
https://librivox.classicistranieri.com

Linux Distributions
https://old.classicistranieri.com

Magnatune (MP3 Music)
https://magnatune.classicistranieri.com

Static Wikipedia (June 2008)
https://wikipedia.classicistranieri.com

Static Wikipedia (March 2008)
https://wikipedia2007.classicistranieri.com/mar2008/

Static Wikipedia (2007)
https://wikipedia2007.classicistranieri.com

Static Wikipedia (2006)
https://wikipedia2006.classicistranieri.com

Liber Liber
https://liberliber.classicistranieri.com

ZIM Files for Kiwix
https://zim.classicistranieri.com


Other Websites:

Bach - Goldberg Variations
https://www.goldbergvariations.org

Lazarillo de Tormes
https://www.lazarillodetormes.org

Madame Bovary
https://www.madamebovary.org

Il Fu Mattia Pascal
https://www.mattiapascal.it

The Voice in the Desert
https://www.thevoiceinthedesert.org

Confessione d'un amore fascista
https://www.amorefascista.it

Malinverno
https://www.malinverno.org

Debito formativo
https://www.debitoformativo.it

Adina Spire
https://www.adinaspire.com