Organiese chemie
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
Organiese chemie is die wetenskaplike studie van die struktuur, eienskappe, samestelling, reaksies en sintese van organiese verbindings.
Inhoud |
[wysig] Onderverdelings van Organiese chemie
Organiese sintese – Polimeerchemie – Organometaalchemie
[wysig] Organiese nomenklatuur
Organiese nomenklatuur is die stelsel wat daargestel is vir die benaming van groepe organiese verbindings.
[wysig] Alifatiese verbindings
Alifatiese verbindings is organiese molekules wat nie aromatiese verbindings bevat nie.
Koolwaterstowwe - Alkane - Alkene - Diene - Alkyne - Halogenoalkane - Alkohole - Merkaptane - Eters - Aldehiede - Ketone - Karboksielsure - Esters - Koolhidrate – Alisikliese verbindings - Amiede - Amiene - Lipiede - Nitriele
[wysig] Aromatiese verbindings
Aromatiese verbindings is organiese molekules wat een of meer aromatiese ring bevat.
Benseen - Tolueen - Xileen - Anilien - Fenol - Asetofenoon - Bensonitriel - Halogenoarene - Naftaleen - Antraseen - Fenantreen - Benzopireen - Koroneen - Azuleen - Bifeniel
[wysig] Heterosikliese verbindings
Heterosikliese verbindings is sikliese organiese molekules waarvan die ring(e) ten minste een hetero-atoom bevat.
Piridien - Pirrool - Tiofeen - Furaan - Imidasool
[wysig] Polimere
'n Polimeer is 'n besonderse tipe molekule. Oor die algemeen word polimere as "groot" molekules beskou en bestaan gewoonlik uit die herhaling van kleiner segmente. Wanneer die segmente chemies identies is word die polimeer 'n homopolimeer genoem en wanneer die segmente verskillend is word dit 'n hetero-polimeer genoem. Polimere word beskou as 'n subverdeling van die makromolekules wat 'n algemene klassifikasie vir alle molekules is wat as baie groot beskou word.
Polimere kan organies of anorganies wees. Die polimere wat 'n mens meestal teëkom is gewoonlik organies van aard (bv. Poli-etileen, polipropileen, Plexiglas, ens).
[wysig] Begrippe
Organiese nomenklatuur - Chemiese formule – Strukturele formule - Skeletale formule – Organiese reaksie
[wysig] Kenmerke van organiese stowwe
Die rede waarom daar so baie organiese verbindings is, is dat koolstof die vermoë het om koolstofkettings van verskillende lengtes te vorm, asook ringe van verskillende groottes. Baie koolstofverbindings is uiters sensitief vir hitte en ontbind gewoonlik by temperature laer as 300°C. Hulle is geneig om minder oplosbaar te wees in water in vergelyking met baie anorganiese soute. In teenstelling met die soute is hulle weer baie meer oplosbaar in organiese oplosmiddels soos eter of alkohol. Organiese stowwe se atome word kovalent verbind.
[wysig] Die bepaling van die molekulêre struktuur van 'n organiese verbinding
Huidiglik bestaan daar verskeie metodes om 'n organiese verbinding te karakteriseer. Die tegnieke in algemene gebruik is as volg (in alfabetiese volgorde):
- Elementêre analise: 'n Destruktiewe metode wat gebruik word om die elementêre samestelling van 'n molekule te bepaal.
- Infrarooi spektrometrie: Hoofsaaklik gebruik om die teenwoordigheid (of afwesigheid) van sekere funksionele groepe vas te stel.
- Kernspinresonansie spektrometrie
- Kristallografie: Die mees presiese metode, maar is nie van praktiese nut nie aangesien dit moeilik en duur is.
- Massa spektrometrie: Word gebruik om die molêre massa van 'n verbinding asook die fragmentasiepatroon vas te stel.
Sien Analitiese chemie vir verdere metodes.
[wysig] Geskiedenis
Dit word algemeen aanvaar dat Organiese chemie as 'n wetenskap in 1828 begin is deur Friedrich Woehler se sintese van die organiese, en biologies betekenisvolle stof, ureum deur per abuis 'n waterige oplossing van ammoniumsianaat (NH4OCN) te verdamp.
[wysig] Sien ook
- Belangrike publikasies in organiese chemie