Ebooks, Audobooks and Classical Music from Liber Liber
a b c d e f g h i j k l m n o p q r s t u v w x y z





Web - Amazon

We provide Linux to the World


We support WINRAR [What is this] - [Download .exe file(s) for Windows]

CLASSICISTRANIERI HOME PAGE - YOUTUBE CHANNEL
SITEMAP
Audiobooks by Valerio Di Stefano: Single Download - Complete Download [TAR] [WIM] [ZIP] [RAR] - Alphabetical Download  [TAR] [WIM] [ZIP] [RAR] - Download Instructions

Make a donation: IBAN: IT36M0708677020000000008016 - BIC/SWIFT:  ICRAITRRU60 - VALERIO DI STEFANO or
Privacy Policy Cookie Policy Terms and Conditions
Breedtegraad - Wikipedia

Breedtegraad

vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.

Die breedtegraad (deur φ aangedui) is die geografiese koördinaat wat die ligging gee van 'n plek op 'n hemelliggaam (meestal die Aarde) Noord of Suid van die Ewenaar. 'n Streek se breedtegraadligging het 'n groot effek op die klimaat een weer daar. Dit kan saam met die lengtegraad gebruik word om 'n plek se geografiese ligging aan te dui.

Op Aarde, is die breedtegraad 'n hoekmeting wat strek vanaf 0° by die Ewenaar tot 90° by die pole, met die byvoeging van noorderbreedte (in die Noordelike halfrond) of suiderbreedte (in die Suidelike halfrond). Ander belangrike breedtesirkels is die Kreefskeerkring by 23°27′ Noord, die Steenbokskeerkring by 23°27′ Suid, die Arktiese Sirkel by 66°33′ Noord en die Antarktiese Sirkel by 66°33′ Suid. Slegs by liggings tussen die twee keerkringe is dit moontlik vir die son om reg bo in die lug te wees. Slegs Noord van die Arktiese Sirkel of Suid van die Antarktiese Sirkel is die middernagson moontlik.

Alle liggings teen 'n gegewe breedtegraad word saam gegroepeer op 'n breedtelyn of parallel, omdat hulle in dieselfde vlak lê en al hierdie vlakke parallel aan die Ewenaar is. Breedtelyne buiten die Ewenaar is naastenby klein sirkels op die oppervlak van die Aarde; hulle is nie geodesieke nie, omdat die kortste pad tussen twee punte op dieselfde breedtegraad weg van die Ewenaar moet buig.

Die breedtegraad bepaal rofweg die geneigdhede in klimaat, poolligte, heersende winde en ander fisiese eienskappe van 'n geografiese ligging.

Elke breedtegraad is verder onderverdeel in 60 "boogminute". In navigasie kan 'n minuut onderverdeel word in tiendes (of, voorheen, boogsekondes). Daarom kan 'n volledige breedtegraad as 23&deg 27.5′ S voorgestel word.

'n Spesifieke breedteligging kan dan met 'n spesifieke lengteligging gekombineer word om 'n presiese posisie op die Aarde se oppervlak aan te dui.

Een boogminuut van breedte is omtrent een seemyl.

Ko-breedtegraad (Colatitude in Engels) is die komplement van 'n breedtegraad.

In algemene gebruik verwys die breedteligging na geodetiese of geografiese breedteligging φ en is die hoek tussen 'n loodlyn en die ewenaarsvlak — juis omdat dit oorspronklik die hoek tussen die horison en die poolster was. Omdat die Aarde effens uitdy weens sy rotasie, verwys kartograwe na 'n verskeidenheid hulpbreedtegrade om sferiese projeksies aan te pas vir hul doel.

Die uitdrukkings wat hier volg neem aan dat die poolseksies ellipties is met eksentrisiteit e, en dat alle seksies parallel aan die ewenaarsvlak en sirkelvormig is. Geografiese breedteligging (tesame met lengteligging) verskaf dan 'n Gauss-kaart.

Geosentriese breedteligging φg is moontlik wat in die algemeen aangeneem word aangedui is as breedteligging. Dit is die hoek tussen die ewenaarsvlak en die radiale lyn:

tanφg = (1 - e2)tanφ


Inhoud

[wysig] Regstellende breedteligging

Regstellende (Rectifying in Engels) breedteligging μ is die oppervlaksafstand vanaf die ewenaar, geskaleer sodat die pool by 90° lê. Ongelukkig is dit 'n onvoltooide elliptiese integraal:

\mu=k\int_{x=0}^\phi(1-e^2\sin^2x)^{-3/2}dx

Gereduseerde of parametriese breedteligging η is die breedteligging van dieselfde radius op die sfeer met dieselfde ewenaar.

\tan\eta=\sqrt{1-e^2}\tan\phi

Authaliese breedteligging β gee 'n oppervlakbehoudende transform na 'n sfeer.

\beta=\arcsin\left(\frac{Q(\phi)}{Q(\pi/2)}\right)
waar Q(x)=\left|\frac{\sin x}{1-e^2\sin^2x}-\frac1{2e}\ln\left(\frac{1-e\sin x}{1+e\sin x}\right)\right|

Konformele breedteligging χ gee 'n hoek-behoudende (konforme) transform na 'n sfeer.

\chi=2\arctan\sqrt{\frac{1+\sin\phi}{1-\sin\phi}\left(\frac{1-e\sin\phi}{1+e\sin \phi}\right)^e}-\frac\pi2
Benarderde verskil van geografiese breedteligging
φ gereduseer
φ − η
authalies
φ − β
regstellend
φ − μ
konformeel
φ − χ
geosentries
φ − φg
0.00′ 0.00′ 0.00′ 0.00′ 0.00′
1.01′ 1.35′ 1.52′ 2.02′ 2.02′
10° 1.99′ 2.66′ 2.99′ 3.98′ 3.98′
15° 2.91′ 3.89′ 4.37′ 5.82′ 5.82′
20° 3.75′ 5.00′ 5.62′ 7.48′ 7.48′
25° 4.47′ 5.96′ 6.70′ 8.92′ 8.92′
30° 5.05′ 6.73′ 7.57′ 10.09′ 10.09′
35° 5.48′ 7.31′ 8.22′ 10.95′ 10.96′
40° 5.75′ 7.66′ 8.62′ 11.48′ 11.49′
45° 5.84′ 7.78′ 8.76′ 11.67′ 11.67′
50° 5.75′ 7.67′ 8.63′ 11.50′ 11.50′
55° 5.49′ 7.32′ 8.23′ 10.97′ 10.98′
60° 5.06′ 6.75′ 7.59′ 10.12′ 10.13′
65° 4.48′ 5.97′ 6.72′ 8.95′ 8.96′
70° 3.76′ 5.01′ 5.64′ 7.52′ 7.52′
75° 2.92′ 3.90′ 4.39′ 5.85′ 5.85′
80° 2.00′ 2.67′ 3.00′ 4.00′ 4.01′
85° 1.02′ 1.35′ 1.52′ 2.03′ 2.03′
90° 0.00′ 0.00′ 0.00′ 0.00′ 0.00′

[wysig] Breedteligging en rykdom

Daar word gereeld opgemerk dat daar 'n skerp korrelasie tussen breedteligging en die rykdom van nasies bestaan: die kontinente langs die ewenaar (Afrika, Suid-Amerika en Indonesië) is van die armste. Selfs binne Afrika en Suid-Amerika kan dit gesien word dat die nasies wat die verste van die Ewenaar is ook die rykste is: In Afrika is die rykste nasies die drie aan die Suidelike (Suid-Afrika, Botswana en Namibië) en Noordelike punte van die vasteland. Soortgelyk is Argentinië, Chile en Uruguay lank reeds die rykste nasies in Suid-Amerika. Die rykste nasies van die wêreld met die hoogste standaard van lewe neig om in die Noordelike uiterstes van menslike bewoning te wees, in Kanada en die Nordiese Lande. Tussen die ryk vastelande, en selfs binne groot lande, neem rykdom toe saam met afstand vanaf die Ewenaar: Suidelike Europa is lank reeds, nes die Suidelike Verenigde State, armer as hulle Noordelike helftes.

Daar is 'n paar verduideliking vir hierdie verskynsel. Die eerste wat dit beskryf en probeer verduidelik het was die Franse filosoof Montesquieu, wat voorgestel het dat 'n koue winter minder bloed in die uiterstes beteken, wat die vel minder soepel maak; dit gee die noordeliker inwoners meer krag en kleiner vermoeë om te ontspan. Hierdie beperking van bloed inwaarts, volgens Montesquieu, beteken ook 'n groter vloei deur die hart, wat goeie gesondheid aanhelp. Hierdie bevindings is geheel-en-al deur moderne wetenskap afgeskiet.

Ook gediskrediteer, maar steeds lewendig binne sommige groepe, is 'n rassige verduideliking. Dié wat naby die ewenaar woon neig om donkervellig te wees en kan direkte sonlig beter hanteer. Party het aangevoer dat 'n donkerder velkleur met verminderde intelligensie verbind kan word, maar daar is geen stawing vir hierdie voorstel nie.

'n Ander verduideliking wat steeds wyd aanklank vind, is dat moderne tegnologieë en institusies primêr in 'n klein area van noordwes-Europa ontwerp is. Daarom is landboukundige tegnieke, masjiene en medisyne ontwerp om by 'n gematigde klimaat te pas. Hierdie tegnologieë en modelle het wyd versprei na areas met soortgelyke klimaat, soos Noord-Amerika en Australië. Omdat hierdie areas ook sentrums vir uitvinding geword het, is hierdie voordeel verder versterk. Veel minder energie is dus spandeer op die verbetering van tropiese landbou teenoor gematigde landbou, juis as gevolg van hierdie. Tegnologieë, vanaf motorvoertuie tot kraglyne, word ontwerp vir kouer, droër streke, en neig om veel slegter te werk in die tropiese gebiede.

Hierdie vorm 'n siklus van tegnologieë wat ontwerp word vir die rykes, wat hulle ryker maak en nog tegnologiese ontwikkeling laat steun. Een brokkie getuienis hiervoor is dat die verre noorde nie altyd die rykste breedteligging was nie. Tot slegs 'n paar eeue gelede was die rykste gebiede die strook deur Suidelike Europa, die Midde-Ooste, Noordelike Indië en Suidelike Sjina. 'n Dramatiese verskuiwing in tegnologie, beginnende met oseaanvarende skepe en beëindig deur die Industriële Revolusie, het hierdie strook sien skuif na die Noorde, in Europa, Sjina en die Amerikas. Noordelike Rusland het 'n supermoondheid geword, terwyl Suidelike Indië arm en gekolonialiseer geraak het. Sulke dramatiese veranderings stel voor dat die huidige verspreiding van rykdom nie weens onveranderbare faktore soos klimaat of ras is nie.

Verbind aan hierdie verduideliking is dié van siekte. Die tropiese gebiede is baie meer vatbaar vir verwoestende siektes, omdat hul temperatuur lewe vergemaklik op vektore soos insekte en knaagdiere. Daar is al lank 'n malariastrook wat die aardbol omgord; hierdie het menslike lewe veel moeiliker gemaak, en verder het dit dit feitlik onmoontlik gemaak vir meeste vorms van noordelike vee om te floreer. Hierdie probleme is vererger deur die rykdom van die Noorde: veel meer geld vir navorsing word spandeer om die siektes van Noordelikes op te los.

Fisioloog Jared Diamond, in sy Pulitzer Prys-bekroonde werk Guns, Germs, and Steel, het die punt gemaak dat die Europa-Asië-landmassa spesifiek baie goed is vir die oorgang vir samelewings van jagter-opgaarder na landbougemeenskappe. Die vasteland strek veel verder langs dieselfde breedteliggings as enige van die ander vastelande. Omdat dit veel makliker is om 'n mak spesie langs dieselfde breedteligging te verskuif as om na 'n warmer of kouer klimaat te skuif, kan enige spesie wat by 'n spesifieke breedteligging ontwikkel is oor die hele vasteland versprei binne 'n relatief kort periode. Daarom geniet die inwoners van hierdie vasteland 'n outomatiese voordeel in terme van vroeër ontwikkeling van landbou, en het 'n groter verskeidenheid plante en diere waaruit gekies kan word.

Hy het ook hierdie vooruitgang verbind aan die ontwikkeling van siektes wat later die inwoners van ander vastelande sou bedreig. Die nabye verbintenis tussen die mense en mak diere van Europa-Asië het 'n vektor verskaf waardeur siektes vinnig voortgeplant kon word. Inwoners van lande met min mak spesies was nooit blootgestel aan dieselfde wye reeks siektes nie, en het, ten minste op die Amerikaanse vastelande, beswyk aan siektes wat van Europa gebring is.

[wysig] Verdere leesstof

  • John P. Snyder, Map Projections: a working manual USGS

[wysig] Sien ook

  • lengtegraad
  • lengte- en breedteligging
  • navigasie

[wysig] Eksterne skakels

[wysig] Bronne

Our "Network":

Project Gutenberg
https://gutenberg.classicistranieri.com

Encyclopaedia Britannica 1911
https://encyclopaediabritannica.classicistranieri.com

Librivox Audiobooks
https://librivox.classicistranieri.com

Linux Distributions
https://old.classicistranieri.com

Magnatune (MP3 Music)
https://magnatune.classicistranieri.com

Static Wikipedia (June 2008)
https://wikipedia.classicistranieri.com

Static Wikipedia (March 2008)
https://wikipedia2007.classicistranieri.com/mar2008/

Static Wikipedia (2007)
https://wikipedia2007.classicistranieri.com

Static Wikipedia (2006)
https://wikipedia2006.classicistranieri.com

Liber Liber
https://liberliber.classicistranieri.com

ZIM Files for Kiwix
https://zim.classicistranieri.com


Other Websites:

Bach - Goldberg Variations
https://www.goldbergvariations.org

Lazarillo de Tormes
https://www.lazarillodetormes.org

Madame Bovary
https://www.madamebovary.org

Il Fu Mattia Pascal
https://www.mattiapascal.it

The Voice in the Desert
https://www.thevoiceinthedesert.org

Confessione d'un amore fascista
https://www.amorefascista.it

Malinverno
https://www.malinverno.org

Debito formativo
https://www.debitoformativo.it

Adina Spire
https://www.adinaspire.com