Ebooks, Audobooks and Classical Music from Liber Liber
a b c d e f g h i j k l m n o p q r s t u v w x y z





Web - Amazon

We provide Linux to the World


We support WINRAR [What is this] - [Download .exe file(s) for Windows]

CLASSICISTRANIERI HOME PAGE - YOUTUBE CHANNEL
SITEMAP
Audiobooks by Valerio Di Stefano: Single Download - Complete Download [TAR] [WIM] [ZIP] [RAR] - Alphabetical Download  [TAR] [WIM] [ZIP] [RAR] - Download Instructions

Make a donation: IBAN: IT36M0708677020000000008016 - BIC/SWIFT:  ICRAITRRU60 - VALERIO DI STEFANO or
Privacy Policy Cookie Policy Terms and Conditions
Halloween - Wikipedia

Halloween

vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.

Jack-o'-Lantern - In Noord-Amerika word uitgeholde pampoene met vreeslike gesigte as deel van die Halloween-feesviering met 'n kers verlig. Hierdie tradisie het sy oorsprong in die Keltiese feesdag Samhain
Vergroot
Jack-o'-Lantern - In Noord-Amerika word uitgeholde pampoene met vreeslike gesigte as deel van die Halloween-feesviering met 'n kers verlig. Hierdie tradisie het sy oorsprong in die Keltiese feesdag Samhain

Halloween is 'n fees wat gewoonlik op 31 Oktober, die tradisionele Allerheilige-aand, gevier word. Deesdae het die Halloween-fees orals in die Westerse wêreld tot 'n mindere of meerdere mate gewild geraak, al is dit net as deel en afgietsel van die Amerikaanse popkultuur ingevoer.

Die huidige feesviering het sy oorsprong veral in die Verenigde State en Kanada, waar kinders kostuums aantrek en van huis tot huis trek om vir lekkers te vra. Ierse, Skotse en ander immigrante het die tradisie van Halloween saamgeneem na Noord-Amerika.

Die term "Halloween" is afgelei van Hallowe'en, 'n verkorte vorm van All Hallow's Eve (Allerheilige-aand), of die aand voor die Christelike feesdag van Allerheilige, wat sy oorsprong in die heidense tradisies van Noord-Europa het en deur Christelike sendelinge net 'n nuwe, Christelike betekenis gekry het.

In sommige dele van Ierland word Halloween ook die Pooky Night genoem, wat sy etimologiese oorsprong in púca of "bose gees" het.

Die Keltiese Britte en Iere vier in die voor-Christelike tydperk die Dag van die Oorledenes op Allerheilige-dag (1 November). Op hierdie dag, wat Samhain genoem word, het die oorledenes glo uit hulle grafte verrys, en kos is voor die deure neergelê om hulle aan te trek. Om die bose geeste te laat skrik, het die Kelte maskers gedra. Toe die Romeine Brittanje verower, begin hulle die Keltiese tradisie met hulle eie oesfees en verering van die oorledenes vermeng. Hierdie tradisie is eeue later na die Verenigde State en Kanada oorgedra.

Halloween word deur sommige mense met die okkultisme geassosieer, aangesien die nag van Halloween in die heidense kultuur een van die spesiale tye van die jaar is wanneer die wêreld van die geeste in aanraking kom met die wêreld van die lewendes en towery hoogty kan vier.

Inhoud

[wysig] Halloween in Ierland

Hallowe'en is veral gewild in sy land van oorsprong, Ierland, waar dit in Iers-Gaelies bekend staan as "Oíche Shamhna" ("Die Nag van Samhain"). Die Kelte het Halloween as die "Einde van die Somer" gevier. Groot feesvure is ontsteek om bose geeste te verdryf, en hierdie diep gewortelde heidense praktyke was ook ná die kerstening van Ierland teen die middel van die 6de eeu nog steeds gewild.

Nogtans is daar baie min oorlewerings oor hoe die Halloweenfees in die voorindustriële Ierland werklik gevier is. Die geskiedkundige Nicholas Rogers het geskryf:

   
Halloween
Dit is nie altyd maklik om die ontwikkeling van Halloween in Ierland en Skotland vanaf die middel van die 16de eeu op te spoor nie, aangesien 'n mens rituele praktyke uit die moderne tydperk moet uitken, wat nie noodsaaklik die oorspronklike aard van feesvierings weerspieël nie. Hierdie rituele is geen "outentieke" of "tydlose" voorbeelde uit die voorindustriële tyd nie. [1]
   
Halloween

In die huidige Ierland verkleed volwassenes en kinders hulle as wesens uit die onderwêreld (spoke, monsters, zombies, hekse of kabouters), ontsteek feesvure en geniet skouspelagtige vuurwerke. Kindrs klop aan die bure se deure om vrugte, neute en lekkergoed vir die Halloweenfees in te samel. Vroeër is sout oor die kinders se hare gestrooi om bose geeste af te skrik.

Halloweenpampoene
Vergroot
Halloweenpampoene

Huise word met uitgeholde pampoene of rape versier, wat gruwelike gesigte en ander dekorasies uitbeeld. Die hoofde word dan met kerse verlig en versier.

Die tradisionele Ierse Halloweenkoek is barmbrack, 'n soort vrugtebrood, waarvan elke familielid 'n sny ontvang. Daar is groot belangstelling in die uitkoms, aangesien in elke koek 'n klein lap, 'n muntstuk en 'n ring verberg is. As 'n mens die lap kry, is sy finansiële toekoms onseker. Diegene, wat die munt in sy sny ontdek, mag uitsien na 'n voorspoedige jaar. Die ring is 'n voorbode van 'n romanse of voortdurende geluk. Barmbracks, wat deesdae in winkels gekoop kan word, bevat gewoonlik slegs die ring.

Kinders het 'n week skoolvakansie vir Halloween, en die laaste Maandag in Oktober is 'n publieke vakansiedag, alhoewel Halloween nie altyd op hierdie dag val nie.

In 2006 het 'n aantal graafskaps- en stadsrade die feesvure as 'n veiligheidsmaatreël verbied, maar ook weens die gesondheidsgevare, wat hulle sou inhou.

[wysig] Halloween in Skotland

In sy bekende gedig "Hallowe'en" gee die Skotse digter Robert Burns 'n indruk van Skotland se feesvierings op 31 Oktober, wat vrolike bygeloof insluit. Die Skotte glo dat jong mans en dames, wat op daardie aand bepaalde rites volg, sal kan uitvind wie hul toekomstige bruide en bruidegoms sal wees.

[wysig] Simbole

Halloween in Duitsland (2004)
Vergroot
Halloween in Duitsland (2004)
Halloweenpampoene in die tuin
Vergroot
Halloweenpampoene in die tuin

Die tipiese simbole van die hudige Halloweenfees is duiwels, spoke, demone en geraamtes; hekse met puntige, uit strooi gevlegte hoede, wat dikwels op besems ry, en met 'n swart kat op hulle skouers; dwerge; uile, vlermuise en spinnekoppe; vampiere en spookhuise. Pampoene en voëlverskrikkers is tipiese herfstelike simbole, wat ook 'n belangrike rol by die Halloween-feesvierings speel. Die tradisionele kleure is swart en oranje, alhoewel deesdae ook persblou, groen en rooi dikwels gebruik word. Hierdie kleure is al meer as 'n eeu gelede in advertensies vir Halloween ingevoer en het nou lankal 'n deel van die tradisie geword.

Die mees bekende Halloweensimbool is die uitgeholde pampoen, wat as 'n lantern gebruik word. Dit staan in die VSA as Jack-O'-Lantern bekend.

Volgens 'n ou legende het 'n hoefsmid, Jack O., 'n ooreenkoms met die duiwel aangegaan, wat van hom vir 'n tydperk van sewe jaar die beste hoefsmid in die land gemaak het. Die prys hiervoor was Jack se siel. Jack het 'n uitgeholde pampoen met kerse binne-in by die ingang van sy smidswinkel opgehang - as teken van sy nuwe vaardighede.

As straf vir sy duiwelse ooreenkoms is Jack O. uiteindelik daartoe verdoem om vir alle tye met sy Jack-O'-Lantern deur die wêreld te swerf.

DIE KLEURE VAN HALLOWEEN EN HULLE SIMBOLISME
Kleur Simbolisme
Swart dood, nag, hekse, swart katte, vlermuise, vampiere
Oranje pampoene, jack o' lanterns, herfs, die kleurespel van blare tydens die herfs, vuur
Persblou nag, die bonatuurlike, mistisisme
Groen kabouters, monsters
Rooi bloed, vuur, kwaad, euwel

[wysig] Kritiek

In Duitsland, waar die Halloweenfees steeds meer gewild word en intussen ook 'n groot kommersiële betekenis het, word 31 Oktober ook as Reformasiedag van die Evangelies-Lutherse Kerk van Duitsland (EKD) gevier en is 'n vakansiedag in die meeste Oos-Duitse deelstate (behalwe vir Berlyn). Die voorsitter van die Raad van die EKD en biskop van Berlyn, Dr. Wolfgang Huber, het hom ook in 2006 weer teen die Halloweenfeesvierings uitgespreek, aangesien die Christelike geloof nie versoenbaar met heidense tradisies sou wees nie. Halloween as 'n nag, waar die geeste van oorledenes die mensewêreld kom besoek, is vir hom ewemin aanvaarbaar soos die tradisie dat kinders by vreemde mense lekkergoed kom opeis en met 'n skelmstreek dreig indien hulle dit nie sou ontvang nie.

In Rooms-Katolieke gebiede van Europa word op 1 November die Allerheiligeaand en op 11 November die Sint-Maartenfees gevier. Ook by die laasgenoemde fees is dit gebruiklik dat kinders lantarinkies by hulle dra en die deurklokkies lui om lekkers en vrugte of geskenkies te ontvang. Net soos by Halloween is hier sprake van voorchristelike gebruike. Die opkoms van Halloween dreig om die in baie opsigte eenderse Sint-Maartenfees te verdring.

Tegelykertyd beweer klerikale kringe dat ook die tradisionele Allerheiligefees deur die opkoms van Halloweenfeesvierings bedreig word, en hierdie kritici - waaronder Hippolyte Simon, biskop van Clermont-Ferrand (Frankryk) en vise-president van die Franse Raad van Biskoppe - verwys selfs dikwels na Halloween as die "belangrikste fees van sataniste".

Ondanks die dikwels vreemde uitsprake van Simon en ander konserwatiewe kerkleiers teen Halloween het dié fees intussen in Frankryk net soos in ander Europese lande baie gewild geraak.

[wysig] Bronne en verwysings

  • [1] Nicholas Rogers: Halloween: From Pagan Ritual to Party Night. New York 2002: Oxford University Press
Our "Network":

Project Gutenberg
https://gutenberg.classicistranieri.com

Encyclopaedia Britannica 1911
https://encyclopaediabritannica.classicistranieri.com

Librivox Audiobooks
https://librivox.classicistranieri.com

Linux Distributions
https://old.classicistranieri.com

Magnatune (MP3 Music)
https://magnatune.classicistranieri.com

Static Wikipedia (June 2008)
https://wikipedia.classicistranieri.com

Static Wikipedia (March 2008)
https://wikipedia2007.classicistranieri.com/mar2008/

Static Wikipedia (2007)
https://wikipedia2007.classicistranieri.com

Static Wikipedia (2006)
https://wikipedia2006.classicistranieri.com

Liber Liber
https://liberliber.classicistranieri.com

ZIM Files for Kiwix
https://zim.classicistranieri.com


Other Websites:

Bach - Goldberg Variations
https://www.goldbergvariations.org

Lazarillo de Tormes
https://www.lazarillodetormes.org

Madame Bovary
https://www.madamebovary.org

Il Fu Mattia Pascal
https://www.mattiapascal.it

The Voice in the Desert
https://www.thevoiceinthedesert.org

Confessione d'un amore fascista
https://www.amorefascista.it

Malinverno
https://www.malinverno.org

Debito formativo
https://www.debitoformativo.it

Adina Spire
https://www.adinaspire.com