Berlynse Muur
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
Die Berlynse Muur is een van die bekendste simbole van die Koue Oorlog en die na-oorlogse verdeling van Duitsland in twee state.
Die muur van beton het 'n lengte van 45,1 km bereik en is versterk deur 'n myngordel en outomatiese vuurwapens.
Die muur is in 1961 deur die regering van die Duitse Demokratiese Republiek opgerig om 'n einde te maak aan die reusestroom vlugtelinge wat 'n beter lewe in die Weste gesoek het (1960-61 het die bewind in Oos-Berlyn begin om die land se boere te onteien en hulle gedwing om lid van die nuwe landbou-koöperasies te word).
Grenswagters het die bevel gekry om vlugtelinge te skiet, en honderde mense is dood toe hulle die grens tussen die twee Duitse state probeer oorsteek. Die presiese aantal slagoffers langs die Berlynse Muur is nie bekend nie. Daar word gereken dat tenminste 86 mense hier gedood is, maar 'n aantal bronne gaan selfs daarvan uit dat daar 238 slagoffers is. Hierdie lys sluit baie tragiese gevalle in.
Op 17 Augustus 1962 sterf Peter Fechter, 'n seun van agttien jaar, nadat hy aan die muur geskiet is en meer as een uur om hulp geskreeu het sonder dat Oos-Duitse grenswagters ingegryp het. Wes-Berlynse polisie kon nie die grens oorsteek nie omdat hulle nie gemagtig was om die Sowjetiese sektor te betree nie. In 1989, net enkele maande voordat die Berlynse Muur in November geopen is, sterf die twintigjarige Chris Gueffroy: Hy is in die rug geskiet toe hy probeer het om na Wes-Berlyn te swem. Hy is die laaste slagoffer aan die grens.