Ebooks, Audobooks and Classical Music from Liber Liber
a b c d e f g h i j k l m n o p q r s t u v w x y z





Web - Amazon

We provide Linux to the World


We support WINRAR [What is this] - [Download .exe file(s) for Windows]

CLASSICISTRANIERI HOME PAGE - YOUTUBE CHANNEL
SITEMAP
Audiobooks by Valerio Di Stefano: Single Download - Complete Download [TAR] [WIM] [ZIP] [RAR] - Alphabetical Download  [TAR] [WIM] [ZIP] [RAR] - Download Instructions

Make a donation: IBAN: IT36M0708677020000000008016 - BIC/SWIFT:  ICRAITRRU60 - VALERIO DI STEFANO or
Privacy Policy Cookie Policy Terms and Conditions
Vancouver, British Columbia - Wikipedia

Vancouver, British Columbia

vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.

Vancouver is 'n hawestad aan die Stille Oseaan, in die weste van die provinsie van British Columbia (Brits-Kolombië, Kanada), met sowat 550 000 inwoners (2005). Vancouver is ook die metropool van die Greater Vancouver Regional District (GVRD) met 2,2 miljoen inwoners en die grootste stad in die westelike Kanada.

'n Nagtelike uitsig oor Vancouver
Vergroot
'n Nagtelike uitsig oor Vancouver

Die stad is vernoem na die Britse kaptein George Vancouver, wat in die jaar 1792 as opmeter in die gebied werksaam was.

Vancouver is ook die naam van die groot eiland langs die kus, alhoewel dit nie deel van die stadsgebied is nie. Vancouver-eiland is met sy Fort Victoria die voormalige hoofkwartier van die Hudsonbaai-kompanjie (Hudson's Bay Company) in Wes-Kanada, wat later tot die administratiewe hoofstad van British Columbia, Victoria, ontwikkel.

Die ligging van Vancouver in British Columbia
Vergroot
Die ligging van Vancouver in British Columbia

Vancouver lê op 'n skiereiland tussen die Fraserrivier en die inham Burrard Inlet, met pragtige groen berge, wat tot in die somer sneeubedek bly, in die agtergrond.

Vancouver is vandag 'n kosmopolitaanse stad, wat bekend staan vir sy aangename weskus-leefstyl en die vreedsame naasbestaan van 'n verskeidenheid kulture. Die stad met sy gematigde klimaat word dikwels met San Francisco vergelyk en kan danksy die ligging en sy talle parke in baie opsigte met die Kaliforniese metropool meeding, alhoewel die naglewe van Vancouver nog nie regtig ontwikkel het nie.

Die milde klimaat en aantreklike omgewing maak van Vancouver 'n gewilde woonplek in Wes-Kanada, en veral sedert die tagtigerjare van die 20ste eeu begin 'n ongekende ekonomiese groei. 'n Groot aantal nuwe immigrante het hulle in die stad gevestig, waaronder ook tienduisende voormalige burgers van Hongkong.

Vancouver sal die gasheerstad van die Olimpiese Winterspele van die jaar 2010 wees.

[wysig] Geskiedenis

Die sentrum van British Columbia se goudkoors in 1858 is New Westminster, 'n voorstad van Vancouver, wat toe nog 'n groot bosgebied is.

In vergelyking met die Oos-Kanadese metropole is Vancouver 'n taamlik jong stad. Sy bakermat is die stadswyk Gastown, waar Jack Deighton en sy eggenote in die jaar 1866 met 'n whiskeyvat voet aan wal sit en digby 'n saagmeul hul kroeg open. Deighton, 'n egte praatgraag, kry vinnig die bynaam Gassy Jack, en die nedersetting staan voortaan bekend as Gassy's Town (later Gastown).

Vancouver West End, English Bay
Vergroot
Vancouver West End, English Bay
Vancouver, soos gesien vanuit Grouse Mountain
Vergroot
Vancouver, soos gesien vanuit Grouse Mountain

Toe die spoorwegmaatskappy Canadian Pacific Railroad in 1886 besluit om 'n spoorwegverbinding dwarsoor die vasteland tot by Vancouver se Burrard Inlet op te rig, begin die ekonomiese groei van die stad, wat ter ere van kaptein George Vancouver sy huidige naam kry. 1886 is ook die amptelike stigtingsdatum van Vancouver.

Vancouver se hawe word 'n belangrike voorpos vir die handel met die Verenigde State, Sjina en Japan. Veral koring en steenkool word van hier na oorsese lande uitgevoer. In hierdie tydperk verdubbel die inwonertal elke vyf jaar, en in 1912 is die stad reeds die tuiste van sowat 120 000 mense. In 1930 word Vancouver die derde grootste stad van Kanada, na Montréal en Toronto.

In die jaar 1898 word Vancouver 'n belangrike hawe vir duisende gouddelwers, wat tydens die stormloop na die nuwe goudvelde van die noorde hier ook hulle toerusting en voedselvoorrade koop.

Met die opening van die Panamakanaal in 1914 kry Vancouver 'n maklike toegang tot die Europese markte.

Die wêreldtentoonstelling Expo 1986 bring 'n groot ekonomiese oplewing vir die stad en staan aan die beginpunt van 'n massa-immigrasie uit onder meer Hongkong. Sowat 70 000 welgestelde burgers van hierdie Sjinese hawestad vestig hulle in Vancouver.

Vandag is die stad Kanada se poort na die markte van die Stille Oseaan, en 'n groot aantal immigrante uit die Verre Ooste kom hulle nog steeds hier vestig.

Our "Network":

Project Gutenberg
https://gutenberg.classicistranieri.com

Encyclopaedia Britannica 1911
https://encyclopaediabritannica.classicistranieri.com

Librivox Audiobooks
https://librivox.classicistranieri.com

Linux Distributions
https://old.classicistranieri.com

Magnatune (MP3 Music)
https://magnatune.classicistranieri.com

Static Wikipedia (June 2008)
https://wikipedia.classicistranieri.com

Static Wikipedia (March 2008)
https://wikipedia2007.classicistranieri.com/mar2008/

Static Wikipedia (2007)
https://wikipedia2007.classicistranieri.com

Static Wikipedia (2006)
https://wikipedia2006.classicistranieri.com

Liber Liber
https://liberliber.classicistranieri.com

ZIM Files for Kiwix
https://zim.classicistranieri.com


Other Websites:

Bach - Goldberg Variations
https://www.goldbergvariations.org

Lazarillo de Tormes
https://www.lazarillodetormes.org

Madame Bovary
https://www.madamebovary.org

Il Fu Mattia Pascal
https://www.mattiapascal.it

The Voice in the Desert
https://www.thevoiceinthedesert.org

Confessione d'un amore fascista
https://www.amorefascista.it

Malinverno
https://www.malinverno.org

Debito formativo
https://www.debitoformativo.it

Adina Spire
https://www.adinaspire.com