Ebooks, Audobooks and Classical Music from Liber Liber
a b c d e f g h i j k l m n o p q r s t u v w x y z





Web - Amazon

We provide Linux to the World


We support WINRAR [What is this] - [Download .exe file(s) for Windows]

CLASSICISTRANIERI HOME PAGE - YOUTUBE CHANNEL
SITEMAP
Audiobooks by Valerio Di Stefano: Single Download - Complete Download [TAR] [WIM] [ZIP] [RAR] - Alphabetical Download  [TAR] [WIM] [ZIP] [RAR] - Download Instructions

Make a donation: IBAN: IT36M0708677020000000008016 - BIC/SWIFT:  ICRAITRRU60 - VALERIO DI STEFANO or
Privacy Policy Cookie Policy Terms and Conditions
Simca - Wikipedia

Simca

vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.

Simca Rallye 2
Vergroot
Simca Rallye 2

Simca was 'n Franse motorvervaardiger, wat ook voertuie in Brasilië en Spanje vervaardig het gedurende in 1960's. Dit bestaan nie meer nie.

Die naam SIMCA staan vir Société Industrielle de Mécanique et de Carrosserie Automobile. Die stigter van Simca was Henri Pigozzi wat aanvanklik Fiat-voertuie vervaardig het in Frankryk. Die eerste Simca-fabriek is opgerig in die Paryse voorstad Nanterre. Hierdie gebeure het plaasgevind vanaf 1934 tot en met 1951. Alhoewel Frankryk beset is gedurende die Tweede Wêreldoorlog, is Simca-voertuie steeds vervaardig in klein getalle gedurende die oorlog.

Die Simca Aronde was die eerste werklike Simca-voertuig (en nie 'n Fiat replika nie) en is bekendgestel in 1951. Dit het 'n 1200cc-enjin en 100 000 eenhede is jaarliks geproduseer. Na hierdie sukses het Simca die Franse vragmotor vervaardiger Unic oorgeneem in 1951, die Poissy-aanleg van Ford (Frankryk) in 1954 oorgeneem en in 1958 die naam Talbot gekoop.

Die Amerikaanse motorvervaardiger Chrysler Corporation wou die Europese mark betree en het 15% van die Simca-aandele gekoop (tesame met die Britse vervaardiger Rootes), en al die Simca-modelle wat sedert 1967 verkoop is, het die Chrysler pentastar-wapen ook gedra. In 1961 het Simca begin om al hulle modelle te vervaardig in die voormalige Franse Ford-fabriek in Poissy, en die fabriek in Nanterre is verkoop aan Citroën.

Die Simca 1000 is bekend gestel in 1961.

Die bekendste Simca-modelle (voor die Chrysler era) was die Aronde, die Simca 1000 en die Simca 1100. Gedurende die laat 1970's het Simca die nuwe 1307-reeks (Chrysler Alpine in die Verenigde Koninkryk) vervaardig, en later die Horizon. Beide modelle het die Europese Kar van die jaar-trofee verwerf by hulle bekendstelling. Die samesmelting van Simca en Rootes was nie suksesvol nie, en Chrysler Europa het in een gestort in 1977 en die oorblyfsels is verkoop aan Peugeot in die opvolgende jaar. Die Rootes modelle is vinnig verwyder, en die Simca-gebaseerde Alpine/1307- en Horizon-voertuie is verder verkoop gedurende die eerste helfte van die 1980's onder die naam Talbot.

Peugeot het uiteindelik moeg geword vir die Talbot-naam en die laaste Simca ontwerp is gelanseer as die Peugeot 309 (in plaas van Talbot Arizona soos oorspronklik beplan) wat die einde van hierdie Franse naam beteken het. Die Peugeot 309 het Simca-enjines gebruik tot einde Oktober 1991 waarna hulle vervang is deur Peugeot se eie TU- en XU-reeks van enjines. Die 309 is vervaardig in die voormalige Rootes-fabriek in Ryton-on-Dunsmore, Verenigde Koninkryk sowel as in die Poissy-aanleg.

Simcas word vandag nog gesien in sekere Europese lande en is ook vervaardig in Brasilië, Spanje en Swede. 'n Klein aantal Simca-modelle is ook nog in Suid-Afrika te sien. Na die einde van die Simca-era, is die vervaardigingslyn verskuif na Rusland deur Moskvitch en gebruik om die Moskvitch Aleko te bou. Hierdie voertuig se eksterne eienskappe is amper identies aan die Franse model. Die maatskappy Moskvitch sê dat die ooreenkomste met die Simca 1307 slegs te doen het met die buitekant van die motor.

[wysig] Modelle

[wysig] Gallery

[wysig] Eksterne verwysings

Our "Network":

Project Gutenberg
https://gutenberg.classicistranieri.com

Encyclopaedia Britannica 1911
https://encyclopaediabritannica.classicistranieri.com

Librivox Audiobooks
https://librivox.classicistranieri.com

Linux Distributions
https://old.classicistranieri.com

Magnatune (MP3 Music)
https://magnatune.classicistranieri.com

Static Wikipedia (June 2008)
https://wikipedia.classicistranieri.com

Static Wikipedia (March 2008)
https://wikipedia2007.classicistranieri.com/mar2008/

Static Wikipedia (2007)
https://wikipedia2007.classicistranieri.com

Static Wikipedia (2006)
https://wikipedia2006.classicistranieri.com

Liber Liber
https://liberliber.classicistranieri.com

ZIM Files for Kiwix
https://zim.classicistranieri.com


Other Websites:

Bach - Goldberg Variations
https://www.goldbergvariations.org

Lazarillo de Tormes
https://www.lazarillodetormes.org

Madame Bovary
https://www.madamebovary.org

Il Fu Mattia Pascal
https://www.mattiapascal.it

The Voice in the Desert
https://www.thevoiceinthedesert.org

Confessione d'un amore fascista
https://www.amorefascista.it

Malinverno
https://www.malinverno.org

Debito formativo
https://www.debitoformativo.it

Adina Spire
https://www.adinaspire.com