Ebooks, Audobooks and Classical Music from Liber Liber
a b c d e f g h i j k l m n o p q r s t u v w x y z





Web - Amazon

We provide Linux to the World


We support WINRAR [What is this] - [Download .exe file(s) for Windows]

CLASSICISTRANIERI HOME PAGE - YOUTUBE CHANNEL
SITEMAP
Audiobooks by Valerio Di Stefano: Single Download - Complete Download [TAR] [WIM] [ZIP] [RAR] - Alphabetical Download  [TAR] [WIM] [ZIP] [RAR] - Download Instructions

Make a donation: IBAN: IT36M0708677020000000008016 - BIC/SWIFT:  ICRAITRRU60 - VALERIO DI STEFANO or
Privacy Policy Cookie Policy Terms and Conditions
Sergei Witte - Wikipedia

Sergei Witte

vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.

Portret van Sergei Witte geskilder deur Ilya Repin
Vergroot
Portret van Sergei Witte geskilder deur Ilya Repin

Sergei Joelivitsch Witte (Russies: Сергей Юльевич Витте) (29 Junie 1849 in Tbilisi; 13 Maart 1915 in St Petersburg) was 'n invloedryke staatsman in tsaristiese Rusland.

[wysig] Lewensloop

Sergei Witte se familie was van Duitsland oorsprong, wat hulle in die Baltiese streek gevestig het toe dit nog deel was van die Swede Ryk (voor Pieter I). Hy is in 1849 gebore in Tbilisi (Georgië) en studeer in wiskunde aan die Novorossiysk universiteit (tans bekend as die Odessa staatsuniversiteit) in Odessa, waar hy in 1870 sy studies voltooi. Na 'n loopbaan as 'n suksesvolle administrateur van die Suidwes Russiese Spoorweg word hy in 1889 in die Russiese regering opgeneem as leier van die Departement vir Spoorweg Aangeleenthede. In 1893 word Witte benoem as Minister van Finansies.

Witte bevorder kragdadig die industrialisasie van Rusland en was een van eerste persone wat hom beywer vir die bou van die trans-Siberiese spoorweg. Hy stabiliseer die Russiese roebel, wat in 1897 gekoppel word aan die goud standaard. Danksy die verantwoordelike finansiële beleid van Witte en die feit dat die roebel 'n stabiele geldeenheid was, kon die Russiese regering by buitenlandse banke teen gunstige voorwaardes lenings bekom vir die bou van spoorlyne. Die bou van 'n relatief digte spoorstelsel was van groot belang vir die ontwikkeling van sowel industrieë as die landbou in Rusland. Die graan geproduseer in die nuwe landbougebiede in die Suid-Russies en Suid-Oekraïeniese steppe kon voortaan betreklik goedkoop vervoer word na die groot stede van Noord-Rusland en die hawenstede in die suide, soos Odessa en Rostov aan die Don, vanwaar die graan na Wes-Europa verskeep kon word. In die laatste dekade van die 19e eeu was Rusland die Europese land met die vinnigste groeiende ekonomie.

Die hervormingspolitiek van Witte lei uiteindelik tot konflik met ander ministers, en veral met die ultra konserwatiewe Minister van Binnenlandse Sake Vjatsjeslav Konstantinovitsch von Plehwe, wat Witte in 'n slegte lig by tsaar Nikolaas II van Rusland gestel het. Plehwe beweer, dat Witte deel uitmaakte van 'n joodse saamenswering. Sergei Witte word gedwing om op 29 Augustus 1903 te bedank as Minister van Finansies. Hy word aangestel in die relatiewe magtelose posisie as voorsitter van die Komitee van Ministers, 'n posisie wat hy beklee tot in 1905.

Terwyl hy polities grootliks sy invloed verloor het moes hy magteloos toesien hoe Rusland betrokke raak by waaghalsige politiek in Korea wat aanleiding gee tot die Russies-Japanese Oorlog van 1904-1905. Toe hierdie oorlog op 'n Russiese nederlaag uitloop, het tsaar Nicolaas die onderhandelingsvaardighede van Witte gemis en hom weer in die regering aangestel. In twee opsigte maak Witte homself nuttig. In die eerste plek stel hy deur sy reputasie die Russiese regering in staat om by buitenlandse banklenings te verkry, wat die regering nodig gehad het om die onstabiliteit van die Rewolusie van 1905 te oorleef. In die tweede plek beding hy as Russiese hoofonderhandelaar by die Amerikaans bemiddelde onderhandelinge in Portsmouth (New Hampshire) relatief gunstige voorwaardes vir Rusland. Weliswaar verloor Rusland al sy politieke invloed in Mantsjoerye en Korea, en moet die skiereiland Liaodong aan Japan afstaan, maar Rusland behou die noordelike helfte van Sakalin.

Hoewel Witte self nie 'n groot ondersteuner van die konstitutionele regeringsvorm was nie, slaag hy daarin om die tsaar daarvan te oortuig om toegewings te maak om die rewolusionêre beweging se invloed in te perk. Witte stel daarvoor die Oktobermanifes op, wat deur Nikolaas II bekragtig word en tot die instelling van 'n verkose parlement, die Doema lei. Die oorweldige oorwinning deur linksgesinde politieke partye in die eerste parlement, maak samewerking met die regering onmoontlik. Daarom word spoedig besluit om die parlement te ontbind. Witte word deur behoudende politici verantwoordelik gehou vir die situasie en hy word gedwing tot aftrede.

Nadat hy vir die tweede keer uit die regering verwyder is, trek Sergei Witte homself in sy private lewe terug en skryf hy sy memoirs. Hierdie geskrifte word 'n belangrike historiese bron. Witte gee wel af en toe sy mening in die openbaar oor aktuele gebeure in Rusland. Met die uitbreek van die Eerste Wêreldoorlog protesteer hy skerp teen die Russiese betrokkenheid en waarsku hy dat Rusland verslaan kan word. In plek van deelname aan die oorlog stel hy voor dat Rusland die inisiatief moes neem om vredesonderhandelinge tussen Duitsland en Frankryk te bemiddel. Die tsaar gee egter nie hieraan gehoor nie. Kort hierna sterf Witte op 65-jarige leeftyd in St Petersburg.

[wysig] Verwysings

  • Out of My Past deur Vladimir Kokovtsov
  • Memoirs of Count Witte, vertaal deur Sydney Harcave
Commons
Multimedia oor hierdie onderwerp is te vinde op Wikimedia Commons onder die titel:
Our "Network":

Project Gutenberg
https://gutenberg.classicistranieri.com

Encyclopaedia Britannica 1911
https://encyclopaediabritannica.classicistranieri.com

Librivox Audiobooks
https://librivox.classicistranieri.com

Linux Distributions
https://old.classicistranieri.com

Magnatune (MP3 Music)
https://magnatune.classicistranieri.com

Static Wikipedia (June 2008)
https://wikipedia.classicistranieri.com

Static Wikipedia (March 2008)
https://wikipedia2007.classicistranieri.com/mar2008/

Static Wikipedia (2007)
https://wikipedia2007.classicistranieri.com

Static Wikipedia (2006)
https://wikipedia2006.classicistranieri.com

Liber Liber
https://liberliber.classicistranieri.com

ZIM Files for Kiwix
https://zim.classicistranieri.com


Other Websites:

Bach - Goldberg Variations
https://www.goldbergvariations.org

Lazarillo de Tormes
https://www.lazarillodetormes.org

Madame Bovary
https://www.madamebovary.org

Il Fu Mattia Pascal
https://www.mattiapascal.it

The Voice in the Desert
https://www.thevoiceinthedesert.org

Confessione d'un amore fascista
https://www.amorefascista.it

Malinverno
https://www.malinverno.org

Debito formativo
https://www.debitoformativo.it

Adina Spire
https://www.adinaspire.com